Nou op die lug

Spitstyd

15:00-18:00

Interaktief

Resepte

  • Martelize se maklike piekel
    Martelize se maklike piekel
    Donderdag 9 April 2020
    Program: driesestig
    Gradering uit 10:
     
    (20 stemme)
  • Bestanddele

    500 g murgpampoentjies, in dun skywe gesny (Enige ander groente soos kool sal ook werk)
    1 middelslag rooi (of wit) ui, in die helfte gesny en dan in baie dun lang skywe
    60 g suiker
    1 eetlepel sout
    400 ml asyn ('n mengsel van appelasyn en gewone asyn werk goed)
    1 rooirissie fyngekap (opsioneel)
    1 teetlepel mostertsaad
    1 teelepel swart peperkorrels (opsioneel)
    handvol vars tiemie, indien beskikbaar andersins droë tiemie

    Metode

    Meng die asyn met die suiker en sout en roer deur tot alles opgelos het.
    Proe en pas die soet, suur en sout aan volgens jou eie smaak.
    Meng al die bestanddele saam en plaas in die yskas.
    Dit kan binne 'n uur geeet word, maar hou vir 'n week in die yskas.
    Bedien saam met vis of geniet op sy eie.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR