Nou op die lug

Spektrum

13:00-14:00

Interaktief

Resepte

  • Vioolsdrif Dankiefees se perske-en-lamskenkelpotjie
    Vioolsdrif Dankiefees se perske-en-lamskenkelpotjie
    Saterdag 28 Maart 2020
    Program: Reis sonder grense
    Gradering uit 10:
     
    (26 stemme)
  • Errieda du Toit het hierdie smaaklike potjie geproe by die Dankiefees wat jaarliks op Vioolsdrif gehou word.

    Foto: https://www.all4women.co.za

  • Bestanddele

    250 g droëperskes
    250 ml brandewyn
    4 skaapskenkels, hakskene geknak 
    90 ml olyfolie
    4 uie, fyngekap
    4 selderystokke, fyngekap
    4 wortels, geskil en in 3 cm-stukke gesny
    sout en gemaalde swartpeper
    2 groot handevol piekeluitjies, geskil
    2 x 410 g blikke chakalaka
    2 x 410 g heelgeskilde tamatie 
    1 blik (410 g) perskehelftes in stroop 
    500 ml vleisaftreksel of water

    Metode

    Dreineer die ingelegde perskes, en behou die stroop.
    Maak die brandewyn warm, giet dit oor die droë perskes in ‘n bakkie, en laat dit staan tot die perskes uitgeswel het.
    Geur die skenkels met sout en peper.
    Verhit die olie in ’n groot ysterpot, verbruin die vleis alkante, haal uit en hou eenkant.
    Voeg die ui, seldery en wortel in die pot en braai tot die uie sag en goudbruin is.
    Plaas die vleis terug in die pot saam met die uitjies, chakalaka, tamatie, ingelegde perskes, uitgeswelde droëperskes en brandewyn.
    Skep 45 ml  perskestroop by, proe en geur met sout en peper.
    Plaas die deksel op, en prut tot die vleis van die been afval - minstens 2 ure.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR