Interaktief

Resepte

  • Perskes, kersies, fetakaas en basiliekruid oor die kole
    Perskes, kersies, fetakaas en basiliekruid oor die kole
    Saterdag 4 Januarie 2020
    Program: Reis sonder grense
    Gradering uit 10:
     
    (5 stemme)
  • Bestanddele

    5 perskes, gehalveer
    200 g kersies, gehalveer
    200 g sagte fetakaas
    200 g pers basiliekruidblare, gesnipper
    50 ml oreganumblare of -blomme
    50 ml olyfolie
    gerasperde suurlemoenskil
    50 ml vars suurlemoensap
    2 eetlepels heuning
    ½ koppie pekanneute

    Metode

    Meng die olyfolie, suurlemoenskil en -sap met die heuning.
    Verf die gesnyde kant van die perske hiermee.
    Plaas die perske, gesnyde kant na onder, op ’n rooster oor warm kole.
    Braai dit vir 5 - 8 minute.
    Rook die kersies oor lae hitte / kole vir 2 ure saam met die pekanneute.
    Meng alles saam.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR