Nou op die lug

alhoebekker

09:00-11:30

Interaktief

Resepte

  • Midde-Oosterse gevlinderde lamsboud
    Midde-Oosterse gevlinderde lamsboud
    Saterdag 7 Desember 2019
    Program: Reis sonder grense
    Gradering uit 10:
     
    (19 stemme)
  • Bestanddele

    1 groot gevlinderde lamsboud
    4 fyngekapte knoffelhuisies
    groot handvol fyngesnipperde Italiaanse pietersielie
    ½ koppie olyfolie
    ½ koppie witwyn
    2 teelepels fyn komyn
    1 teelepel sout
    2 teelepels growwe peper
    sap van een suurlemoen
    1 - 2 fyngekapte rooirissies (opsioneel)

    Metode

    Sny gleuwe in die lam met ‘n skerp mes.
    Meng al die ander bestanddele goed, laat drup dit oor die vleis, en vryf dit goed in.
    Marineer vir minstens twee ure.
    Braai die boud vir ‘n paar minute oor baie warm kole om dit te seël.
    Maak die kole matiger, maar nie te stadig nie, en braai ’n verdere 30 minute of langer vir diegene wat van hulle vleis gaarder hou.
    Haal die boud van die kole af, bedek dit met foelie en laat die vleis vir minstens 10 minute rus.
    Bedien met warm pitabrood, hummus, tzatziki en koeskoesslaai.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR