Resepte

  • Marius Swanepoel se Lemoensemelkarringmelkbeskuit
    Marius Swanepoel se Lemoensemelkarringmelkbeskuit
    Dinsdag 11 Junie 2019
    Program: Oggend op RSG
    Gradering uit 10:
     
    (17 stemme)
  • Bestanddele

    1,8 kg bruismeel
    25 g bakpoeier
    25 g kremetart
    8 g koeksoda
    8 g sout
    395 g suiker
    200 g semelvlokkies
    350 g botter
    795 g Amasi
    3 groot eiers
    8 ml vanielje-ekstrak
    8 ml lemoenekstrak

    Metode

    Meng die bruismeel, bakpoeier, kremetart, koeksoda, sout en suiker met ‘n spaan of die k-klopper op ‘n voedselverwerker.
    Voeg die semelvlokkies by met die spaan.
    Vryf die botter in die meelmengsel in met die spaan.
    Meng die Amsi, eiers, vanielje-ekstrak en lemoenekstrak.
    Voeg die nat mengsel by die meelmengsel en meng met die deeghaak van die voedselverwerker.
    Knie goed tot al die bestandele goed gemeng is.
    Plaas die deeg plat in ‘n pan.
    Druk dit mooi gelyk in die hoeke en sny die beskuit verkieslik reeds voor die bakproses dan breek dit later makliker.
    Bak vir 40 minute teen 160 grade Celsius.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR