Resepte

  • Annette se gebraaide boud (Griekse lam)
    Annette se gebraaide boud (Griekse lam)
    Donderdag 11 April 2019
    Program: Tjailatyd
    Gradering uit 10:
     
    (30 stemme)
  • Jy kry nie 'n vriendeliker mens as 'n mens wat kom geld leen nie, hy groet selfs jou hond! (SMS van 'n luisteraar)

  • Bestanddele

    1 lamsboud
    1 koppie room
    2 eetlepels botter
    3 knoffeltoontjies, fyngemaak
    2 teelepels gemengde kruie
    2 vars roosmaryntakkies, blare afgetrek
    sout en peper
    koekmeel

    Metode

    Meng die room, botter, knoffel, kruie en roosmaryn en mikrogolf tot die botter gesmelt het.
    Smeer boud in met sout en peper.
    Verf die sous oor en sprinkel koekmeel oor.
    Plaas die boud in 'n oondbak met 'n rak.
    Voeg bietjie water onder in die oondbak.
    Bak teen 180 grade vir 30 minute.
    Draai die boud om, verf weer met sous en sprinkel nog meel oor.
    Kyk dat daar genoeg water in die oondbak is.
    Plaas dit terug in die oond en bak vir 'n verdere 30 minute.
    Voeg die orige sous by die vleissap in die oondbak.
    Maak 'n sous daarvan, en giet oor die vleis nadat jy dit gesny het.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR