Resepte

  • Vinkel en lemoenvis en papilotte (in ‘n bakpakkie)
    Vinkel en lemoenvis en papilotte (in n bakpakkie)
    Saterdag 16 Maart 2019
    Program: Brkfis met Derrich
    Porsies: 4
    Gradering uit 10:
     
    (6 stemme)
  • Vinkel en sitrus komplementeer vis baie goed. Vinkel is ryk in vesel en vitamiene C, B9 en B6. Vitamiene B6 is belangrik vir rooibloedselproduksie en die vervoer van voldoende suurstof in die liggaam.

  • Bestanddele

    65 ml vars lemoensap
    skil van een lemoen, fyn gerasper
    5 ml olyfolie
    15 ml vars pietersielie, fyn gekap
    2 ml vinkelsaad
    4 medium grootte koningklip-, tongvis- of stokvisfilette
    1 suurlemoen, in dun skywe gesny (met skil)
    1 rooi ui, in dun skywe gesny
    2 heel vinkelknolle, in dun skywe gesny
    sout en peper
    4 vierkantige stukke aliminiumfoelie (ongeveer 30 x 30cm)

    Metode

    Meng die lemoensap, lemoenskil, olyfolie, pietersielie en vinkelsaad bymekaar.
    Plaas die vis filette in die lemoensapmengsel en laat rus in die yskas vir 30 minute.
    Verdeel die suurlemoen, uie en vinkel in vier, en plaas dit op die blink kant van elke foelie vierkant.
    Na 30 minute, verwyder die vis uit die lemoensapmengsel.
    Plaas die vis bo-op die ander bestanddele in die foelie.
    Drup ongeveer 5 ml van die lemoensap mengsel oor elke stuk vis.
    Geur met sout en peper na smaak.
    Vou die foelie versigtig oor die vis, en rol ‘n naat al aan die bokant om die vis te verseël binne-in die bakpakkie.
    Plaas die foelie bakpakkies in die kole, of op ‘n rooster oor die vuur.
    Braai vir ongeveer 15 minute.
    Toets of die vis ferm en gaar is.
    Bedien die vis binne-in die bakpakkie.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR