Resepte

  • Pruim, joghurt en heuningtertjies
    Pruim, joghurt en heuningtertjies
    Saterdag 9 Februarie 2019
    Program: Brkfis met Derrich
    Porsies: 12
    Gradering uit 10:
     
    (10 stemme)
  • Pruime is ‘n somervrug wat beskikbaar is van Desember tot Februarie. Dit is ryk aan kalsium wat hoëbloeddruk beveg en die risiko vir beroerte moontlik kan verlaag.

  • Bestanddele

    3 velle fillodeeg
    10 ml botter, gesmelt
    600 ml Griekse joghurt
    4 pruime, in wiggies gesny
    75 ml heuning
    2 takkies vars kruisementblare
    1 mediumgrootte muffinpan

    Metode

    Voorverhit die oond tot 180°C.
    Spuit die muffinpan met kleefwerende sproei.
    Sny elke deegvel (±34 x 40 cm) in 8 eweredige reghoeke (± 17 x 10 cm elk) en verf elke laag mildelik met die gesmelte botter.
    Om voldoende spasie toe te laat, voer die muffinpanholtes alternatief en oorkruis uit, elk met twee van die reghoekige deegvelle.
    Druk dit sagkens in die middel van die holte om ‘n bakkie te vorm.
    Bak die bakkies vir ongeveer 10 – 15 minute tot gaar en goudbruin op die rande.
    Laat dit goed afkoel voor bediening.

    Vir bediening
    Skep 50 ml joghurt in elke fillobakkie.
    Plaas 4 pruimwiggies in elke bakkie, en drup heuning bo-oor.
    Garneer die bakkies met kruisement en bedien dadelik.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR