Resepte

  • Errieda se suurlemoen-olyfoliekoek met grenadella-stroop
    Errieda se suurlemoen-olyfoliekoek met grenadella-stroop
    Woensdag 9 Januarie 2019
    Program: Oggend op RSG
    Porsies: 1 koek
    Gradering uit 10:
     
    (19 stemme)
  • Foto: Ian du Toit

  • Bestanddele

    2½ koppies (375g) bruismeel, gesif
    1½ koppies (330g) strooisuiker
    gerasperde skil en sap van een suurlemoen
    3 eiers
    ½ koppie (125ml) karringmelk
    ⅓ koppie (80ml) ekstra suiwer olyfolie
    1 vanieljepeul, sade uitgekrap
    suurlemoentiemietakkies om mee te bedien (opsioneel)

    Suurlemoenglaseersel
    150 g versiersuiker, gesig
    sap van 1 suurlemoen (jy gebruik dalk nie alles nie)

    Grenadellastroop
    220 g strooisuiker
    pulp van 6 grenadellas

    Metode

    Voorverhit die oond to 180ºC.
    Smeer en voer ‘n 20 cm losboomkoekpan uit met bakpapier.
    Kombineer die meel, suiker en suurlemoenskil in ‘n bak en hou eenkant.
    Plaas die eiers in ‘n voedselverwerker en terwyl die masjien loop voeg die karringmelk, olie, vanieljesaad en suurlemoensap geleidelik by tot glad.
    Voeg die droë bestanddele by, en pols tot gemeng.
    Giet die mengsel in die koekpan en bak vir 45 minute, of tot goudbruin en ‘n toetspen skoon uitkom.
    Laat dit in die pan afkoel en plaas dit op ‘n draadrakkie om heeltemal af te koel.
    Vir die suurlemoenglaseersel plaas die versiersuiker in ‘n mengbakkie en roer net genoeg suurlemoensap geleidelik by om ‘n gladde, loperige konsistensie te wees, maar dik genoeg om die koek te bedek.
    Bedruip die koek met die glaseersel en versier met suurlemoentiemie.
    Maak die stroop deur die pulp en strooisuiker vir 15 minute te prut oor medium hitte.
    Bedien 'n bekertjie van die stroop apart sodat gaste hulleself kan help.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR