Resepte

  • Koelsoem se hoender-roerbraai
    Koelsoem se hoender-roerbraai
    Woensdag 12 September 2018
    Program: Tjailatyd
    Gradering uit 10:
     
    (11 stemme)
  • As jy nie met min tevrede is nie, sal jy ook nie met baie tevrede wees nie. (Koelsoem Kamali)

  • Bestanddele

    1 kg hoenderfilette, in repies gesny
    2 teelepel knoffel-peri-peri-sous
    2 teelepels suurlemoensap
    2 teelepels suurlemoenpeper
    1 eetlepel hoenderspeserye
    1½ teelepels braaivleisspeserye
    4 eetlepels mayonnaise
    1 teelepel masala
    botter

    1 koppie rys
    ½ teelepel suurlemoensap
    1 teelepel borrie
    sout

    1 eetlepel botter
    1 ui, gekap
    geel en rooi soetrissie, gekap
    1 teelepel rysspeserye

    Metode

    Braai die hoender, sous, suurlemoensap, peper, speserye, mayonnaise en masalea in die botter.
    Kook die rys tot gaar saam met die suurlemoensap en borrie.
    Smelt die botter in 'n pan en braai die ui en soetrisie saam met die rysspesery.
    Voeg dit by die rys.
    Bedien die hoendermengsel op die rys.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR