Resepte

  • Marieta se varkievinkies (Frikadelle in koolkombersies)
    Marieta se varkievinkies (Frikadelle in koolkombersies)
    Woensdag 11 Julie 2018
    Program: Tjailatyd
    Porsies: 2
    Gradering uit 10:
     
    (21 stemme)
  • Jy is nie arm omdat jy min het nie. Jy is arm omdat jy gedurig meer wil hê. (Twiet van Rita van Vryburg)

  • Bestanddele

    250 ml maalvleis
    2 - 3 varkworsies, vleis uit die velletjie gedruk
    1 sny brood, geweek in melk
    1 eier
    1 ui, gekerf
    sout en peper
    1 teelepel neutmuskaat
    1 teelepel Worcestersous
    1 teelepel sojasous
    'n paar groot koolblare, in kookwater geweek en die groot aar uitgesny

    Metode

    Braai die ui in 'n bietjie olie.
    Meng al die bestanddele en rol dit in balletjies.
    Vou elke frikkadel in 'n koolblaar toe.
    Braai dit liggies in die pan.
    Plaas die "vinke" in 'n oonbak met 'n halwe koppie water.
    Bak met die deksel op teen 160 grade vir uur en 'n half.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR