Resepte

  • Danelene se jam-lekker kerrienek (Skaapnek)
    Danelene se jam-lekker kerrienek (Skaapnek)
    Maandag 9 Julie 2018
    Program: Tjailatyd
    Porsies: 4
    Gradering uit 10:
     
    (28 stemme)
  • 'n Vry land is 'n land waar jy veilig kan wees, al is jy ongewild. (Adlai Stevenson)

  • Bestanddele

    1 kg skaapnek
    2 uie, gekerf
    500 ml Griekse joghurt
    2 eetlepels tamatiesous
    2 eetlepels blatjang
    2 eetlepels kerrie
    1 eetlepel borrie
    2 eetlepels appelkooskonfyt

    Metode

    Braai skaapnek en uie in 'n groot kastrol.
    Meng die res van die bestanddele, behalwe die konfyt, en voeg dit by die pot sodra die nek en uie bruin is.
    Laat dit stadig prut met die deksel op totdat dit gaar is.
    Voeg die konfyt in die laaste 10 minute by.
    Maak seker dat dit nie aanbrand nie.
    Bedien op rys.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR