Resepte

  • Amigo se kouefrontsop (Meksikaanse mielieroomsop)
    Amigo se kouefrontsop (Meksikaanse mielieroomsop)
    Woensdag 13 Junie 2018
    Program: Tjailatyd
    Gradering uit 10:
     
    (14 stemme)
  • Die grootste boelie wat jy ooit sal ervaar, is die een in jou gedagtes. - Bryant H McGill -

     

  • Bestanddele

    4 eetl botter
    1 ui, gekap
    1 brandrissie, fyngemaak
    5 knoffeltoontjies
    3 eetl koekmeel
    2 t komyn
    1 t rissiepoeier
    4 koppies hoenderekstrak
    6 koppies gevriesde mieliepitte
    1 eetl suiker
    2 t sout
    1 en 'n halwe koppie melk of room
    1 koppie vars koljander, gekap

    Versiering:
    Halwe pakkie spekstukkies, gebraai
    Maaskaas

    Metode

    Braai ui en brandrissie in botter.
    Voeg knoffel by, die laaste minuut.
    Roer die meel, komyn en rissepoeier in.
    Voeg die ekstrak stadig by, en roer.
    Voeg die res by, behalwe die melk/room en koljander.
    Laat dit prut vir 20 minute.
    Roer die room en koljander by.
     

    Bedien met brosgebraaide spek en maaskaas bo-op.

     

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR