Resepte

  • Macaroni a la Oupa Johan
    Macaroni a la Oupa Johan
    Woensdag 17 Mei 2017
    Program: Tjailatyd
    Gradering uit 10:
     
    (30 stemme)
  • Bestanddele

    4 - 5 hoenderfilette, opgesny in 10 mm repies
    2 groot uie, in blokkies gesny
    olie
    500 g rou macaroni, gaar gemaak
    3 - 4 tamaties, opgekap
    kruie
    1 blokkie hoenderekstrak
    hoenderspesery (geen sout is nodig nie)
    genoeg cheddarkaas, gerasper

    Metode

    Braai die uie in die olie tot deurskynend.
    Voeg die hoender by en braai tot bruin.
    Voeg die tamaties by.
    Voeg die kruie, ekstrak en spesery by die hoender saam met 'n bietjie water.
    Maak seker dat die sous waarin die hoender kook nie waterig is nie - dit moet 'slap' wees.
    Skep van die slapsous in 'n oondbak om die bodem te bedek.
    Skep 'n laag macaroni, dan hoender en dan kaas.
    Herhaal.
    Rooster dit in die oond tot die kaas gesmelt het en dit bros raak.
    Bedien net so, of saam met koolslaai.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR