Resepte

  • Beenbrousel (Kragsop)
    Beenbrousel (Kragsop)
    Woensdag 11 Januarie 2017
    Program: Tjailatyd
    Gradering uit 10:
     
    (21 stemme)
  • Sukses kom na diegene wat te besig is om dit te soek. (Henry David Thoreau)

  • Bestanddele

    1 kg beesbene
    2 eetlepels appelasyn
    2 selderystingels, opgekap
    2 wortels, opgekap
    1 ui, opgekap
    1 eetlepel sout

    Metode

    Plaas die bene in 'n onbedekte oondbak sonder olie of botter.
    Bak teen 180 grade vir 1 uur.
    Haal dit uit en plaas dit in 'n prutpot (slow cooker).
    Bedek die bene met koue water.
    Voeg die asyn by.
    Laat dit vir 20 minute staan.
    Voeg die res van die bestanddele by.
    Skakel die prutpot aan op hoog, en laat dit vir 24 uur prut.
    Jy kan dit dadelik eet, opvul met water groente en sout, en laat dit vir nog 24 uur prut.
    Die lang kookproses is nodig om die minerale vry te stel.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan ‘n vriend


STUUR