Resepte

  •  Marie se skop-skiet-en-donner-kerrie
    Marie se skop-skiet-en-donner-kerrie
    Dinsdag 10 Januarie 2017
    Program: Tjailatyd
    Gradering uit 10:
     
    (32 stemme)
  • Hoe meer jy jou seëninge tel, hoe meer het jy. (Doreen Virtue)

  • Bestanddele

    1 kg skaapvleis
    1 ui, gekap
    1 groen soetrissie, gekap
    2 teelepels gemmer- en knoffelpasta
    1 kaneelstokkie
    6 kardemomsade, geknak
    1 eetlepel sterk masala
    2 eetlepels gewone masala
    1½ teelepel gemaalde komyn
    1½ teelepel koljanderpoeier
    1 teelepel borrie
    4 aartappels, geskil en gekap
    sout en peper
    1 - 2 koppies water

    Metode

    Braai die ui, soetrissie, kaneelstokkie en kardemomsaad liggies in 'n bietjie olie in 'n swaarboompot. (Die ui moenie bruin braai nie)
    Voeg die gemmer- en knoffelpasta by.
    Voeg die res van die speserye by en roer vir 2 minute.
    Pak die vleis bo-op en voeg 'n koppie water by.
    Voeg sout en peper by.
    Prut stadig vir 1 uur.
    Voeg die aartappels by en laat prut vir 1 uur.
    Bedien op Basmatirys.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR