 |
Hoe verklaar jy dit?
Sondag, 14 Februarie 2010 |
TERUG
|
 |
|
 |
|
11:30-12:00
|
Aanbieder
Eben Cruywagen
Lappies Labuschagne wonder hoekom voëls soos vinke nooit weer na hulle neste terugkeer nadat Indiese spreeus dit besoek het nie; Issie Bester wil weet of dit waar is dat erdwurms vyf harte het, en Gordon Leicester vra of ’n slang se hart in sy stert sit. Dan het Karin MacKenzie ook goeie raad om van myte op pluimvee ontslae te raak.
Die span verklaarders wat saamgesels, is proff. Henk Geertsema en Le Fras Mouton, en Dave Pepler.
HOE VERKLAAR JY DIT? SE WEBWERF
|
|
| Vorige Programme |
 |
 |
|
11:30-12:00
|
Sondag, 5 September 2010
Klank beskikbaar:
KLANK
(19,451 KB)
Hoe werk ‘n voël se oë om byvoorbeeld sy prooi in vlug te kan vang, of onder water te kan sien? Dit is een van die interessante vrae wat Dave Pepler beantwoord. Daar is ook ‘n navraag oor brommers uit Nederland, wat prof. Henk Geertsema in Nederlands beantwoord, terwyl prof. Le Fras Mouton verduidelik hoe verkleurmannetjies (en vroutjies) mekaar vind om te paar.
|
| | |
|
11:30-12:00
|
Sondag, 29 Augustus 2010
Klank beskikbaar:
KLANK
(19,689 KB)
Kan ‘n liewenheersbesie ‘n mens byt? Dit is een van die interessante vrae wat prof. Henk Geertsema beantwoord. Daar is ook ‘n luisteraar wat van Dave Pepler wil weet watter oorlewingsvoordeel klanknabootsing vir voëls inhou, terwyl prof. Le Fras Mouton verduidelik hoekom die suidelike rotskoggelmander so ‘n wye verspreidingsgebied het.
|
| | |
|
11:30-12:00
|
Sondag, 22 Augustus 2010
Klank beskikbaar:
KLANK
(19,459 KB)
Hoe het die plooiings in Meiringspoort tot stand gekom? Dit is een van die interessante vrae wat dr. Jurie van den Heever beantwoord. Daar is ook ‘n luisteraar wat van Piet Eloff wil weet hoe maansverduistering plaasvind, en Bennie Schloms verduidelik waar die spoelklippe in die omgewing van Cullinan vandaan kom.
|
|
|
|
Praat Saam
Dinsdag, 7 September
08:00-09:00
Wat is die omvang van mensehandel? Is die wetgewing -toepassing voldoende om die problem te bestry?
|
|
Loslip
Dinsdag, 7 September
14:00-14:45
Ten spyte van 'n afspraak op 'n spesifieke tyd, wag pasiënte dikwels heelwat langer voor die dokter hulle kan sien. Noodgevalle uitgesluit, vra 'n Loslipluisteraar, is dit bloot swak tydsbeplanning van die dokter?
|
|
Poen en Toekie
Dinsdag, 7 September
19:15-19:20
Poen leer waarom dit belangrik is dat die wind waai. Hy gaan soek sy vlieër.
|
|
Leeskring
Dinsdag, 7 September
20:30-21:00
Daniel Hugo gesels met Nicole Jaekel Strauss oor haar bundel kortverhale, MAAL.
|
|
RSG Kuns
Dinsdag, 7 September
21:00-22:00
André du Toit vertel van die Petersburg-kwartet se besoek aan Suid-Afrika.
|
|
Die legende leef voort
Dinsdag, 7 September
22:30-23:00
Ons haal die masker af en vertel die ware verhaal van Freddie Mercury - van sy kleintyd op die speseryeiland, Zanzibar, tot op die wêreldverhoë waar hy duisende aan sy voete gehad het met sy talent.
|
|
Kortom
Dinsdag, 7 September
23:00-23:30
Paul Lukchoff lees Christiaan Bakkes se VETERAAN 2 & Petra Muller lees haar kortverhaal, GOUDPAPIER.
|
|
Loslip
Woensdag, 8 September
14:00-14:45
'n Luisteraar vra hoekom kinders so dikwels makliker raad van ander mense as van hulle ouers aanvaar.
|
|
Middagvervolgverhaal
Woensdag, 8 September
14:45-15:00
TWEESPALT deur Joe Kleinhans. Episode 1: Direkteur Harry Walker teiken die Medprogebou in Pretoria omdat hy glo dis vandaar wat ‘n dwelmsindikaat sy bedrywighede bedryf. Agent Amor Truter sorg dat sy as sekretaresse by die vennote Tom Hattingh en Dick Nolte binne Medpro aangestel word. Sy beland dadelik in ‘n byenes.
|
|
Poen en Toekie
Woensdag, 8 September
19:15-19:20
Dis Apteekweek, en daarom besluit Bennie se ma en Toekie om te kyk of hulle medisynekassies nog genoeg van die nodige medisyne in het.
|
|
Loslip
Donderdag, 9 September
14:00-14:45
Dwarsdeur die geskiedenis was daar organisasies waarvan 'n mens bewus was, sonder om werklik te weet wat presies hulle doelwitte is. Party word bedryf onder die vaandel van 'n edel doel, soos liefdadigheid, terwyl dit eintlik 'n front is vir iets anders.
|
|
Middagvervolgverhaal
Donderdag, 9 September
14:45-15:00
TWEESPALT deur Joe Kleinhans. Episode 2: Dick Nolte en Bobbie Hattingh sweet bloed. Dick moet noodgedwonge Amor Truter se hulp inroep. Dick word afgepers en neem ‘n belangrike besluit.
|
|
Poen en Toekie
Donderdag, 9 September
19:15-19:20
Poen en Toekie leer van boomplantweek en besluit om die volgende dag 'n boom te plant.
|
|
RSG Dokumentêr
Donderdag, 9 September
21:00-22:00
DIE TUISKOMS deur Danielle Wass. Huis is waar die hart is. Maar dikwels is huis nie meer daar waar jou hart is nie en moet jy ‘n tuiste skep waar omstandighede jou heen gelei het. Luister na drie mense se stories van tuiskoms: Kortboy, die gangster van Sophiatown na Meadowlands; Derrick Davis van Distrik Ses na Mannenberg en Anna Moses van Olifantshoek na die Vrystaat.
|
|
Loslip
Vrydag, 10 September
14:00-14:45
Maak dit saak of jy die eerste kind, middelkind of jongste kind is?
|
| |
|