 |
Kopskuif
Woensdag, 10 Februarie 2010 |
TERUG
|
 |
|
 |
|
21:00-22:00
|
Aanbieder
Amanda Olivier
Voel jy jy is uit die trop gestoot net omdat jy nou afgetree is? Amanda Olivier het raad oor hoe om jou aftrede te omhels. En met beskikbare navorsing op die tafel vind ons dalk uit hoekom die adverteerders verkies om op die jonger mark te fokus.
Aftrede: Annie Coetzee is internasionaal bekend vir haar aanbiedings oor emosionele- en geestelike intelligensie en tree gereeld as sleutelspreker op by konferensies. (012) 346-0284 annie.coetzee@mweb.co.za www.anniecoetzee.co.za
Navorsing oor adverteerders: Pieter Klerck Seniorbestuurder: Bemarkingskommunikasie Toyota Suid-Afrika (011) 809-2310
Anina Maree Nuwe sake-ontwikkeling The Nielsen Company (011) 495-3213 anina.maree@nielsen.com
AMANDA OLIVIER SE WEBWERF
KOPSKUIF SE WEBWERF
|
|
| Vorige Programme |
 |
 |
|
21:00-22:00
|
Woensdag, 1 September 2010
Klank beskikbaar:
KLANK
(31,771 KB)
Vind uit hoe om ’n gelukkige lewe te lei. ’n Gelaatskundige vertel jou hoe om jou gesigsuitdrukkings te verander vir beter kommunikasie, en met nasionale testamentweek om die draai gee ’n prokureur wenke hoe jy die opstel van jou testament moet benader.
|
| | |
|
21:00-22:00
|
Woensdag, 25 Augustus 2010
Klank beskikbaar:
KLANK
(28,441 KB)
- Vind uit hoe om ’n sinvolle lewe te lei.
- Dink mooi voor jy Botox! Dit kan jou gesig karakterloos laat waarsku ’n gelaatskundige.
- Ontmoet ’n oud-bankier wat as pensionaris ontpop het in ’n uitstekende klankman.
|
| | |
|
21:00-22:00
|
Woensdag, 18 Augustus 2010
Klank beskikbaar:
KLANK
(30,623 KB)
- Dawie Smith gee raad hoe om geestelik gedrewe te lewe en jou ego onder bedwang te hou.
- Begin nou om jou eie stamboom saam te stel en bewaar die inligting vir jou nasate.
- Vind uit hoekom egpare wat al vir jare getroud is, na mekaar begin lyk.
|
|
|
|
Praat Saam
Dinsdag, 7 September
08:00-09:00
Wat is die omvang van mensehandel? Is die wetgewing -toepassing voldoende om die problem te bestry?
|
|
Loslip
Dinsdag, 7 September
14:00-14:45
Ten spyte van 'n afspraak op 'n spesifieke tyd, wag pasiënte dikwels heelwat langer voor die dokter hulle kan sien. Noodgevalle uitgesluit, vra 'n Loslipluisteraar, is dit bloot swak tydsbeplanning van die dokter?
|
|
Poen en Toekie
Dinsdag, 7 September
19:15-19:20
Poen leer waarom dit belangrik is dat die wind waai. Hy gaan soek sy vlieër.
|
|
Leeskring
Dinsdag, 7 September
20:30-21:00
Daniel Hugo gesels met Nicole Jaekel Strauss oor haar bundel kortverhale, MAAL.
|
|
RSG Kuns
Dinsdag, 7 September
21:00-22:00
André du Toit vertel van die Petersburg-kwartet se besoek aan Suid-Afrika.
|
|
Die legende leef voort
Dinsdag, 7 September
22:30-23:00
Ons haal die masker af en vertel die ware verhaal van Freddie Mercury - van sy kleintyd op die speseryeiland, Zanzibar, tot op die wêreldverhoë waar hy duisende aan sy voete gehad het met sy talent.
|
|
Kortom
Dinsdag, 7 September
23:00-23:30
Paul Lukchoff lees Christiaan Bakkes se VETERAAN 2 & Petra Muller lees haar kortverhaal, GOUDPAPIER.
|
|
Loslip
Woensdag, 8 September
14:00-14:45
'n Luisteraar vra hoekom kinders so dikwels makliker raad van ander mense as van hulle ouers aanvaar.
|
|
Middagvervolgverhaal
Woensdag, 8 September
14:45-15:00
TWEESPALT deur Joe Kleinhans. Episode 1: Direkteur Harry Walker teiken die Medprogebou in Pretoria omdat hy glo dis vandaar wat ‘n dwelmsindikaat sy bedrywighede bedryf. Agent Amor Truter sorg dat sy as sekretaresse by die vennote Tom Hattingh en Dick Nolte binne Medpro aangestel word. Sy beland dadelik in ‘n byenes.
|
|
Poen en Toekie
Woensdag, 8 September
19:15-19:20
Dis Apteekweek, en daarom besluit Bennie se ma en Toekie om te kyk of hulle medisynekassies nog genoeg van die nodige medisyne in het.
|
|
Loslip
Donderdag, 9 September
14:00-14:45
Dwarsdeur die geskiedenis was daar organisasies waarvan 'n mens bewus was, sonder om werklik te weet wat presies hulle doelwitte is. Party word bedryf onder die vaandel van 'n edel doel, soos liefdadigheid, terwyl dit eintlik 'n front is vir iets anders.
|
|
Middagvervolgverhaal
Donderdag, 9 September
14:45-15:00
TWEESPALT deur Joe Kleinhans. Episode 2: Dick Nolte en Bobbie Hattingh sweet bloed. Dick moet noodgedwonge Amor Truter se hulp inroep. Dick word afgepers en neem ‘n belangrike besluit.
|
|
Poen en Toekie
Donderdag, 9 September
19:15-19:20
Poen en Toekie leer van boomplantweek en besluit om die volgende dag 'n boom te plant.
|
|
RSG Dokumentêr
Donderdag, 9 September
21:00-22:00
DIE TUISKOMS deur Danielle Wass. Huis is waar die hart is. Maar dikwels is huis nie meer daar waar jou hart is nie en moet jy ‘n tuiste skep waar omstandighede jou heen gelei het. Luister na drie mense se stories van tuiskoms: Kortboy, die gangster van Sophiatown na Meadowlands; Derrick Davis van Distrik Ses na Mannenberg en Anna Moses van Olifantshoek na die Vrystaat.
|
|
Loslip
Vrydag, 10 September
14:00-14:45
Maak dit saak of jy die eerste kind, middelkind of jongste kind is?
|
| |
|