 |
Jy kan vandag se skedule hieronder sien. As jy n
ander dag se skedule wil sien, klik op die kalender en
dan op die spesifieke dag.
|
|
|
| Volledige Skedule |
 |
|
| |
|
00:00-01:00
|
Soekhoek
Fritz Klaaste
Luisteraars soek na verlore vriende en familie.
|
|
|
01:00-05:00
|
Deurnag (Dinsdag)
01:00 Dieremaniere (herhaling) 01:45 Pixel (herhaling) 02:00 Aandemeditasie (herhaling) 02:05 Praat Saam (herhaling) 03:00 Musiek sonder grense (herhaling) 04:00 Musiek 04:55 Veepos (landbou)
|
|
|
05:00-05:55
|
Goeiemôre op RSG
Willem Pelser
RSG help jou opstaan met die jongste nuus, op-en-wakker musiek, interessante geselsies en die weervooruitsigte vir die res van die dag.
|
|
|
05:55-06:00
|
Vroegoggendmeditasie
‘n Inspirerende en ‘n bemoedigende boodskap vir die dag.
|
|
|
06:00-08:00
|
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
|
|
|
08:00-09:00
|
Praat Saam
Lynette Francis
Wat is die omvang van mensehandel? Is die wetgewing -toepassing voldoende om die problem te bestry?
|
|
|
09:00-09:55
|
Oggend op RSG
Martelize Brink
'n Leefstyl-program vir die moderne Afrikaanssprekende met musiek en onderhoude.
|
|
|
09:55-10:00
|
Oggendmeditasie
‘n Inspirerende en ‘n bemoedigende boodskap.
|
|
|
10:00-10:50
|
Oggend op RSG: Groeteboodskappe
Martelize Brink
Luisteraars stuur groeteboodskappe aan familie en vriende.
|
|
|
10:50-11:00
|
Boekvoorlesing
Voorlesing van 'n roman met die komplimente van die skrywer en die uitgewer. Die voorlesing word vanaand om 19:25 herhaal.
|
|
|
11:00-11:50
|
Werksoek
Fonnie du Plooy
'n Program waarin luisteraars werk aanbied en werk soek.
|
|
|
11:50-12:00
|
Kinderhoekie
'n Reeks kinderstories wat kinders aanmoedig om hulle verbeelding vrye teuels te gee.
|
|
|
12:00-12:15
|
Musiekster
Ian Wessels
Nuwe CD's word in hierdie program bekendgestel en op Maandae praat die kunstenaars oor hulle musiek.
|
|
|
12:15-12:25
|
Musiek op RSG
Ian Wessels
Musiek van RSG se speellys
|
|
|
12:25-12:30
|
Radiomark
'n Program van advertensie-onderhoude waarvoor adverteerders betaal.
|
|
|
12:30-12:45
|
RSG Landbou
Ian Wessels
'n Program vir boere oor landbousake.
|
|
|
12:45-13:00
|
JSE Verslag & Weervoorspelling
Ian Wessels
'n Opsomming van die oggend se verhandeling op die JSE Sekuriteitebeurs gevolg deur die jongste weervoorspelling.
|
|
|
13:00-14:00
|
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
|
|
|
14:00-14:45
|
Loslip
Ian Wessels
Ten spyte van 'n afspraak op 'n spesifieke tyd, wag pasiënte dikwels heelwat langer voor die dokter hulle kan sien. Noodgevalle uitgesluit, vra 'n Loslipluisteraar, is dit bloot swak tydsbeplanning van die dokter? Weet hy na jare nog nie hoeveel pasiënte hy gemiddeld per uur kan sien nie, of klets hy te lank met sommige? Word moeilike pasiente "ingedruk" of soek party meer simpatie eerder as behandeling en soek daarom langer troos op dokter se skouer?
|
|
|
14:45-15:00
|
Middagvervolgverhaal
INFERNO deur Charles Fourie. Regie: Joanie Combrinck.
|
|
|
15:00-17:00
|
Tjailatyd
Amore Bekker
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, weervoorspellings en interessante gesprekke oor gebeure in jou omgewing. Op-en-wakker musiek kry jou in 'n japtrap by die huis.
|
|
|
17:00-18:00
|
RSG Geldsake
Andries van Zyl
Kraakvars nuus oor die finansiële markte, maatskappye en beleggings aangebied deur Moneyweb
|
|
|
18:00-18:15
|
Vroegaand op RSG
Christelle Webb-Joubert
18:00 Nuus & Weer 18:10 Musiek
|
|
|
18:15-18:30
|
Rekenaarrubriek
Fakir Hassen
Die jongste gebeure in die wêreld van rekenaars en inligtingstegnologie word bespreek. Kontak RSG se Rekenaarrubriek by rekenaar@rsg.co.za
|
|
|
18:30-19:00
|
RSG Sport
Fonnie du Plooy
'n Opsomming van die dag se sportgebeure.
|
|
|
19:00-19:05
|
Aand op RSG
Christelle Webb-Joubert
Nuus.
|
|
|
19:05-19:10
|
Aandmeditasie
‘n Inspirerende en ‘n bemoedigende boodskap.
|
|
|
19:10-19:15
|
Storietyd
Evert Snyman
Oom Evert lees stories vir die kleinspan.
|
|
|
19:15-19:20
|
Poen en Toekie
Poen leer waarom dit belangrik is dat die wind waai. Hy gaan soek sy vlieër.
|
|
|
19:20-19:30
|
Kinderhoekie (herhaling)
'n Reeks kinderstories wat kinders aanmoedig om hulle verbeelding vrye teuels te gee
|
|
|
19:30-19:40
|
Boekvoorlesing (herhaling)
Herhaling van vanoggend se voorlesing van 'n roman met die komplimente van die skrywer en die uitgewer.
|
|
|
19:40-20:30
|
Hersiening 2010: Fisiese Wetenskap
Ivor Price
Boland Landbouskool se chemie- en fisika-onderwyser, Ronel Bernado, bespreek die vak se eksamenriglyne, en werk saam met leerders deur 2009 se vraestel.
|
|
|
20:30-21:00
|
Leeskring
Christelle Webb-Joubert
Daniel Hugo gesels met Nicole Jaekel Strauss oor haar bundel kortverhale, MAAL.
|
|
|
21:00-22:00
|
RSG Kuns
Christelle Webb-Joubert
- André du Toit vertel van die Petersburg-kwartet se besoek aan Suid-Afrika.
- Amorine Strydom gesels oor die Kalahari Kuierfees op Upington.
- Johan Myburg en Christelle Webb-Joubert kyk na van die uitstallings by Arts on Main, en ander plekke in Johannesburg.
- FTH:K is die eerste Suid-Afrikaanse teatergeselskap met sowel dowe as horende akteurs. FTH:K is op die oomblik in Johannesburg met twee produksies, QUACK! en WOMB TIDE.
- Shadrack Bokaba van die Johannesburg Filharmoniese Orkes vertel van hulle uitvoering op 8 September saam met van die land se beste jong musikante.
|
|
|
22:00-22:30
|
Vers en Klank
Margot Luyt en Tharien Oosthuizen
Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek. Die program word saamgestel deur Margot Luyt. Tharien Oosthuizen is die musieksamesteller.
|
|
|
22:30-23:00
|
Die legende leef voort
Bettie Kemp
“It’s all a pretence, that’s all it is,” het Freddie Mercury knap voor sy dood gesê, met die uitreiking van een van sy grootste treffers THE GREAT PRETENDER. Ons haal die masker af en vertel sy ware verhaal - van sy kleintyd op die speseryeiland, Zanzibar, tot op die wêreldverhoë waar hy duisende aan sy voete gehad het met sy talent. Sy storie eindig nie met sy vroeë dood op 45 aan Vigs nie. Sy legende leef voort...
|
|
|
23:00-23:30
|
Kortom
Margot Luyt
Paul Lukchoff lees Christiaan Bakkes se VETERAAN 2 & Petra Muller lees haar kortverhaal, GOUDPAPIER.
|
|
|
23:30-23:55
|
Afrikaans Onbeperk
Christelle Webb-Joubert
Slegs Afrikaanse musiek sal in hierdie program gehoor word.
|
|
|
23:55-23:59
|
Laataandmeditasie
‘n Laataand boodskap van bemoediging uit die Bybel ná die dag se woel en werskaf.
|
|