Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • MIKE EN MAVIS deur Wessel Pretorius
    MIKE EN MAVIS deur Wessel Pretorius
    Donderdag 27 Desember 2018

    Mavis Kellerman, ʼn weduwee wat haarself afgesluit het van die wreld, behalwe vir haar e-posse met haar dogter, en haar weeklikse kerkdiens, ontvang 'n uitnodiging vir die opening van 'n nuwe bioskoop wat spesialiseer in klassieke rolprente. Die eienaar, Mike Lewis, is 'n eksentrieke jongkrel met ʼn ewige romantiese siel. Mavis besef gou dat Mike daarop uit is om haar hart te wen, en bevind haarself aan die ontvangkant van ʼn vryery in haar herfsjare, wat afspeel oor ʼn reeks romantiese afsprake. Wat sy egter nie weet nie, is dat sy en Mike 'n geskiedenis deel wat lank voor die uitnodiging al begin het. ʼn Romantiese en ouwreldse komedie wat die hartsnare sal roer.

  • 'N WONDERWERK VIR KERSFEES deur Riana Scheepers
    'N WONDERWERK VIR KERSFEES deur Riana Scheepers
    Dinsdag 25 Desember 2018

    Die wonderwerk in hierdie drama is gebasseer op n werklike gebeurtenis, wat die inspirasie vir die verhaal is. Dit het regtig so gebeur dat tannie Bettie Nysschen, n bekende en geliefde figuur van buite Wildernis, haar huisdeur se sleutel gebruik het om haar bakkie oop te sluit en weg te ry nadat haar huis aan die brand geslaan het. (Egter nie tydens Kersfees nie.) Die res van die gebeure en karakters is fiktief.

  • ELKE POT deur Perdita van Dijk du Bois
    ELKE POT deur Perdita van Dijk du Bois
    Donderdag 20 Desember 2018

    Martie, n kunssinnige en verfynde vrou in haar vyftigs, is verbaas en effe onthuts dat haar jonger laatlam-suster vir haar probeer man soek. Wanneer sy uitvind dat haar sus kanker het, verander dit die prentjie. Tydens die dinamika wat volg, word universele menslike gedrag uitgebeeld in n teer verhaal van liefde en menslikheid in die aangesig van die dood.

  • GEBLIK deur Esther von Waltsleben
    GEBLIK deur Esther von Waltsleben
    Donderdag 13 Desember 2018

    Die grootbaas van De-Lish besluit om sy franchise se sakebelange te beskerm, en stuur sy seun en jong ambisieuese werksvriend na Blikfontein om op die De-Lishrestaurant daar te spioeneer. Slim vang sy baas wanneer die twee jong jukkerige mannetjies met hulle eie agendas hulle vasloop teen die restauranteienaar en sy oorlede vrou se twee dogters. Di twee jaag die hormone behoorlik op, en Abel se tweede vrou laat ook nie op haar wag om dalk in die guns van die jong mans te beland nie.

  • ROAD TRIP deur Corné Joubert
    ROAD TRIP deur Corné Joubert
    Donderdag 6 Desember 2018

    Twee vroue wat ry agter vryheid aan. Een pad wat lelik skeefloop.Jana en Stephanie, stadsmeisies en beste vriendinne, vat die pad die Karoolandskap in om hulle koppe skoon te kry en nuwe avonture te beleef. Die avontuur wat hulle inwag, is nie heeltemal die soort wat hulle in gedagte gehad het nie. Daar skuil meer om die volgende draai as net rustige plase met hubare boere.

  • LIGTER AS DIE WIND deur André Kotzé
    LIGTER AS DIE WIND deur André Kotzé
    Donderdag 29 November 2018

    Dirk Ligter was n berugte skaapsteler uit die Hantam se wyk. Hy het van plaas tot plaas beweeg, soms fluks gewerk, al wat vroumens is, bendruk, dikwels skaap gesteel, geslag en gebraai, maar nooit sommer homself laat vang deur die polisie nie ten minste nie as hulle hom te perd probeer jaag het nie. Daarvoor het hy te vinnig gehardloop. Maar soms, net as hy wou, het hy hom laat vang, en self aangemeld vir sy straf vir die jongste skaapstelery. Mettertyd het skaapsteler skaapwagter geword, filosoof, spekskieter en vrye bandiet. Boerneef het vir Dirk leer ken, en sy jakkalsstreke en ramkieversies opgeteken.

  • DIE JUDASBOK deur Dalene Matthee
    DIE JUDASBOK deur Dalene Matthee
    Donderdag 22 November 2018

    ʼn Jong bruin man raak in die jare tagtig verlief op n wit onderwyseres. Weens apartheidswetgewing is hulle verhouding nie net gedoem nie, dit is onwettig en strafbaar. Die paartjie beplan om hulle in Londen te gaan vestig, maar eers wil die jongman sy ma, n kombuishulp op n plaas in die Klein-Karoo, gaan groet. Sy besoek het verreikende en onvoorsiene gevolge vir al die betrokkenes...

  • NOG NET TWEE WEKE deur Helena Hugo
    NOG NET TWEE WEKE deur Helena Hugo
    Donderdag 15 November 2018

    Esta is sewentien, en haar ouers se enigste kind. Sy is mooi, slim en talentvol. Haar toekoms blink, maar dan tuimel haar drome inmekaar. Moet sy haar ouers in haar vertroue neem of nie? Die uitkoms verg byna bo-menslike dapperheid en die grootste opoffering denkbaar.

  • DIE VOËLHOK deur William Oosthuizen
    DIE VOËLHOK deur William Oosthuizen
    Donderdag 8 November 2018

    n Polisie ondersoekspan probeer die oorsaak van die dood van n bejaarde vrou bepaal, wie se lyk in n volhok in die agterplaas van haar huis gevind is. Wanneer wyle Edith Visagie se seun, Niel, uit Kanada aankom vir sy ma se begrafnis, blyk dit gou dat sy pa, Bertus Visagie, nie regtig jammer is sy vrou het hom ontval nie. Het hy haar hulpkrete daardie koue nag gegnoreer, of was daar dalk iets meer sinister wat haar dood veroorsaak het?

  • DIE FIETSTOER deur Joa Bekker
    DIE FIETSTOER deur Joa Bekker
    Donderdag 1 November 2018

    Wat het hulle besiel? Oom Jannes op 64 (Dirk Stoltz) en die bloedjong Chilli op 22 (Christopher van der Westhuizen) besluit om per fiets saam deur die Karoo oor Prins Albert na George te ry. Hulle gee hulleself net tien dae tyd om die rit te voltooi. Elkeen het sy eie motief oor waarom hy op die toer gaan. Kort voor lank blyk dit dat nie elkeen is wie hulle voorgee om te wees nie, en aan die einde van die toer wag daar n reuse verrassing op hulle...