Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • Praat saam 15 Januarie 2019
    Praat saam 15 Januarie 2019
    Dinsdag 15 Januarie 2019

    Lynette Francis kyk na rasseverhoudinge in 2019, en waarom die “trek van die sogenaamde raskaart” sulke negatiewe reaksie ontlok.

  • Praat saam 14 Januarie 2019
    Praat saam 14 Januarie 2019
    Maandag 14 Januarie 2019

    Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, sê die regering sal vanjaar daarop fokus om die infrastruktuur by skole landswyd te verbeter. Motshekga het die Wembezi Sekondêre Skool in Escourt in KwaZulu-Natal besoek op die eerste dag van die skooljaar. Sy sê dit is `n verleentheid om sommige skole te besoek, en dis moeilik om te verstaan hoe onderwysers hulle werk behoorlik kan doen. Hoe moet ‘n skool toegerus wees om voldoende onderrig vir leerders te verseker?

  • Praat saam 11 Januarie 2019
    Praat saam 11 Januarie 2019
    Vrydag 11 Januarie 2019

    Die afgelope tyd was daar twee misdade waar bekendes betrokke was. In November is die voormalige Springbokhaker, Naka Drotske, op ‘n kleinhoewe buite Pretoria geskiet. En ‘n veiligheidswag het op Ou aarsdag in die Vereeniging Landdroshof verskyn nadat hy na bewering 'n 61-jarige man van Meyerton, suid van Johannesburg, doodgeskiet het. Daniël van Heerden was die pa van die voormalige weltergewigkampioen van die Internasionale Boksvereniging, Chris van Heerden. Jody Hendricks praat met Naks Drotske en Chris van Heerden oor die impak wat die voorvalle op hulle lewe gehad het.

  • Praat saam 10 Januarie 2019
    Praat saam 10 Januarie 2019
    Donderdag 10 Januarie 2019

    Die Departement van Onderwys in Noordwes gaan ondersoek instel na foto's van Laerskool Schweizer-Reneke op sosiale media. Die foto's wys hoe 'n groep swart Graad R leerders afgeskei is van die res van hulle wit klasmaats. Die skoolhoof wou nie kommentaar oor die foto's lewer nie. Die LUR vir Onderwys, Sello Lehare, sal vanoggend die skool besoek om ondersoek in te stel. Hoe praat jy met jou kind oor ras?

  • Praat saam 9 Januarie 2019
    Praat saam 9 Januarie 2019
    Woensdag 9 Januarie 2019

    Lede van Graan SA het 'n beroep op die regering gedoen om duidelikheid te gee oor die voorgenome proses van onteiening sonder vergoeding. Hulle sê die onsekerheid het 'n negatiewe uitwerking op sowel voedeselsekerheid as hulle ekonomiese toekoms. Waaroor word daar klei getrap as ons praat oor grondonteining sonder vergoeding?

  • Praat saam 8 Januarie 2019
    Praat saam 8 Januarie 2019
    Dinsdag 8 Januarie 2019

    Die polisie in Gauteng het kommer uitgespreek oor die groot getal seksmisdade wat oor die feesseisoen gepleeg is. Vyf en twintig verdagtes is sedert die begin van die jaar vir seksmisdade vasgetrek. Bykans 1,000 kinders is in die tydperk 2017/2018 in Suid-Afrika vermoor, waarvan 280 in die Wes-Kaap. Hierdie hoë voorkoms van kindermoorde het gelei tot die People’s Commission, ‘n inisiatief van die direkteur van die Kaapstad Traumasentrum, Valdi van Reenen-Le Roux. Verstaan ons die trauma van kinders wat blootgestel word aan geweld, vervreemding, seksuele misbruik en boeliegedrag?

  • Praat saam 7 Januarie 2019
    Praat saam 7 Januarie 2019
    Maandag 7 Januarie 2019

    Die ANC het glo verskeie provinsies gevra om hulle voorlopige kandidaatlyse te hersien om die party meer nie-rassig te maak. Waarom kan politieke partye hulle nie losmaak van ras nie?

  • Praat saam 4 Januarie 2019
    Praat saam 4 Januarie 2019
    Vrydag 4 Januarie 2019

    Talle onderwyskolleges is met die oorgang na demokrasie gesluit. Hoe het die onderwysstelsel en opleiding van onderwysers sedertdien verander? Lynette Francis kyk na die deurslaggewende rol wat die Hewat Opleidingskollege in Suid-Afrika gespeel het.

  • Praat saam 3 Januarie 2019
    Praat saam 3 Januarie 2019
    Donderdag 3 Januarie 2019

    Wat hou die onderwysjaar in vir studente en die universiteitskorps? Het die #FeesMustFall-veldtog ‘n wesenlike verskil in benadering van studentesake en bestuur meegebring? ‘n Rektor en adjunkvisekanselier by twee van die land se prominente universiteite deel hulle perspektiewe oor die uitdagings van 2019.

  • Praat saam 2 Januarie 2019
    Praat saam 2 Januarie 2019
    Woensdag 2 Januarie 2019

    Ans Botha, die afrigter van Wayde van Niekerk, Suid-Afrika se Olimpiese en wêreldrekordhouer in die 400 meter, praat met Jody Hendricks oor die jaar wat sy met Wayde beleef het, die planne om hom weer op die baan te kry, die rol wat haar gesin in haar sukses speel en wat sy vir 2019 beplan.