Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • Sterre en planete 28 Mei 2017
    Sterre en planete 28 Mei 2017
    Sondag 28 Mei 2017

    Planetariums is nuttige instrumente om mense op n aanskoulike manier meer oor die ruimte in te lig. Prof. Matie Hoffman vertel van die nuwe tegnologie wat by 'n nuwe digitale planetarium in Kaapstad gebruik word. Hy praat ook oor donkermaterie, en of daar meer as een heelal is.

  • Sterre en planete 21 Mei 2017
    Sterre en planete 21 Mei 2017
    Sondag 21 Mei 2017

    Beweeg sterre? Wanneer jy na die naghemel kyk, lyk alles staties, maar op n ander tydskaal is daar tog beweging tussen die sterre onderling. Daar is ook sprake van lewe in die water onder die oppervlak van Enceladus, een van Saturnus se mane. Die span verduidelik hoe vasgestel kan word of daar lewe in die water is. En Willie Koorts gesels oor n nuwe teleskoop wat onlangs op Sutherland ingebruik geneem is, en wat n besondere naam gekry het.

  • Sterre en planete 14 Mei 2017
    Sterre en planete 14 Mei 2017
    Sondag 14 Mei 2017

    Koronamassa-uitbarstings is van die hewigste aktiwiteite op ons ster, die son. Kobus Olckers, ons sonweerkundige, praat hieroor en sluip-uitbarstings wat niemand van weet nie. Daar is ook n bydrae deur prof. Matie Hoffman oor die asteroede wat onlangs verby die aarde geflits het.

  • Sterre en planete 7 Mei 2017
    Sterre en planete 7 Mei 2017
    Sondag 7 Mei 2017

    Die aksies van die Cassini-satelliet, wat in die omgewing van Saturnus wentel, trek steeds aandag. Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kaliforni, vertel wat nou net Cassini gaan gebeur. Daar is ook inligting oor die Space Launch System, wat stadig besig is om gestalte te kry. Met di vuurpyl sal reise na ander planete aansienlik verkort word.

  • Sterre en planete 30 April 2017
    Sterre en planete 30 April 2017
    Sondag 30 April 2017

    Twee baie belangrike begrippe speel n kardinale rol in die ruimte massa en swaartekrag. Wat is die verskil tussen die twee? Die span bespreek ook die besondere foto wat die Cassini-tuig van die aarde geneem het toe hy deur die Sarturnus se ringe beweeg het. Wat sou die uitwerking op die aarde wees as n groterige asteroiede op die aarde val? So iets is baie moontlik, en planne word reeds beraam om n asteroiede, wat die aarde nader, uit sy pad te skuif.

  • Sterre en planete 23 April 2017
    Sterre en planete 23 April 2017
    Sondag 23 April 2017

    Die privaatsektor is besig om sy stem al dikker te maak op die gebied van ruimtelogistiek en -navorsing. Die Cygnus-module is onlangs deur Space Alliance na die Internasionale Ruimtestasie gelanseer. Die organisasie is een van n paar wat reeds ruimtetogte onderneem het. Die span gesels oor hierdie projek, en hoe die Gaia-satelliet al n paar jaar lank afstande tussen veraf sterre meet.

  • Sterre en Planete 16 April 2017
    Sterre en Planete 16 April 2017
    Sondag 16 April 2017

    Die grootste planeet in ons sonnestelsel, Jupiter, is deesdae in opposisie. Wat beteken dit? Cassini, die satelliet wat nou al n geruime tyd om Saturnus wentel, is besig om voorberei te word om teen die gasplaneet te bots. Cassini word opsetlik in n sekere baan geplaas om sy trajek al nader aan die planeet te bring. Daar word ook gepraat oor watter resolusie bereik kan word met kameras wat planeetoppervlaktes uit die ruimte afneem.

  • Sterre en planete 9 April 2017
    Sterre en planete 9 April 2017
    Sondag 9 April 2017

    Sekere verskynsels op die son kan lei tot beter weervoorspellings op aarde. Kobus Olckers verduidelik hoe die Rossby-golwe op die son, beter inligting tot gevolg kan h. Daar is ook inligting oor n satelliet wat in die son se korona gaan inbeweeg om ons ster beter te bestudeer. En Willie Koorts praat oor die Lovejoy-komeet wat tans naby aan die aarde is.

  • Sterre en planete 2 April 2017
    Sterre en planete 2 April 2017
    Sondag 2 April 2017

    By die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kaliforni, waar dr. Japie van Zyl een van die direkteure is, word daar aan verskeie projekte oor lang periodes gewerk. Hy vertel wat hierdie projekte behels. n Interessante vraag word ook beantwoord of die maanaktiwiteite van NASA binne die werksopdrag van Japie val. Daar word ook gepraat oor ioonaandrywing wat blykbaar die antwoord is wanneer lang ruimtereise onderneem word.

  • Sterre en planete 26 Maart 2017
    Sterre en planete 26 Maart 2017
    Sondag 26 Maart 2017

    Op sy pad deur die hemelruim, het die son pas die dag-en-nagewening bereik. Die span gesels oor die betekenis van hierdie posisie, en hoe dit uitgewerk is. Daar is ook interessante inligting oor ruimterommel wat n al hoe groter probleem word. Prof. Matie Hofmann s daar is konvensies wat die aktiwiteite van satelliete en ruimterommel beheer, maar nie veel meer as dit nie. Die grootste gros voorwerpe wat om die aarde wentel, is onaktief en word as ruimterommel bestempel.