Interaktief
SMS:45770
(R1.50 per SMS)-
Uitsaaifrekwensies
-
e-pos aan ateljee
-
YouTube
-
Programme op CD
-
Twitter
-
Android-toepassing
-
Facebook
-
Apple-toepassing
-
E-nuusbrief
Potgooi Soek
-
Leefwêreld van die gestremde 29 April 2018
Sondag 29 April 2018Die fokus is vandeesweek op Wêreld Gehoordag. Fanie du Toit gesels met ‘n oudioloog oor geraasskade in myne en restuarante. En Jacqui January het gaan uitvind oor hoe doofheid en ander gestremdhede ‘n persoon se geestesgesondheid beïnvloed.
-
Leefwêreld van die gestremde 22 April 2018
Sondag 22 April 2018Jacqui January gesels met Andries Oosthuizen, wat ná ‘n motorongeluk blind is. Hy vertel van die aanpassings wat hy moes maak, en sy deursettingsvermoë. Hy is deesdae ‘n gekwalifiseerde rekenmeester. En Fanie du Toit vertel van die TopDog-projek waar vrywilligers honde oplei wat in hospitale, hospiese en vir gestremdes help met terapie.
-
Leefwêreld van die gestremde 15 April 2018
Sondag 15 April 2018Fanie du Toit gesels met ‘n kwadrupleeg wat ‘n gesogte prys vir sy werk as sportjoernalis ingepalm het. En Jacqui January hoor hoe ‘n groep jong intellektueelgestremde vroue bemagtig word.
-
Leefwêreld van die gestremde 8 April 2018
Sondag 8 April 2018Fanie du Toit fokus op Internasionale Serebrale Gestremdsheids dag. Hy vertel van ondersteuning aan families d.m.v terapetiese toerusting vir die kinders en interessante kampe vir die versorgers, veral vir die mammas. Jacqui January gesels met ‘n jong vrou wat haar korporatiewe lewe verruil het om voltyds en vrywillig te werk om broodnodige fondse vir gestremdes landwyd te in. Kyk na van die fotos waar hulle jaarliks oor die 2-duisend kilometer aflê om dié taak te volbring.
-
Leefwêreld van die gestremde 1 April 2018
Sondag 1 April 2018Fanie du Toit fokus op bewusmaking en ‘n gemeenskap wat saamwerk vir mense met outisme ter viering Wêreld Outisme dag op 03 April. Jacqui January gesels met ‘n jong vrou met Spinaal Spieratrofie, Kugelberwelander wat ten spyte van baie uitdagings haar Bsc graad in Rekenaarwetenskap en Inligtingstegnologie voltooi het.
-
Leefwêreld van die gestremde 25 Maart 2018
Sondag 25 Maart 2018‘n Jong vrou vertel aan Fanie du Toit hoe sy TB gekry het terwyl sy in ‘n staatshospitaal gewerk het. Fanie vertel ook hoe onbehandelde TB tot gestremdheid kan lei. Jacqui January gesels met die ma van ‘n gestremde seun oor hoe sy en haar man ‘n sentrum op die Tuinroete begin het, en nie net vir hulle seun nie, maar ook vir ander gestremde kinders ‘n veilige ontwikkelingsruimte geskep het.
-
Leefwêreld van die gestremde 18 Maart 2018
Sondag 18 Maart 2018Fanie du Toit gesels met André Kalis, ‘n dowe persoon wat met behilp van gehoorapparate hoor. Hy vertel van die regte van gestremdes, en hoe om te kommunikeer met iemand wat gehoorapparate dra. Jacqui January vertel van ‘n versorging- en vaardigheidsontwikkelingsinstansie vir meervoudig gestremde volwassenes.
-
Leefwêreld van die gestremde 11 Maart 2018
Sondag 11 Maart 2018Die is op Wêreld Downsindroomdag. Fanie du Toit kyk na die wanopvattings hieroor, en hoe persone met Downsindroom in die gemeenskap verwelkom kan word. En Jacqui January hoor van ‘n inrigting wat intellektuele volwasse gestremdes, in besonder dié met Downsindroom, in die gemeenskap instuur om lewenslesse te leer, en ander mense hulle kwaliteite te wys.
-
Leefwêreld van die gestremde 4 Maart 2018
Sondag 4 Maart 2018Fanie du Toit gesels op Wêreld Gehoordag met ‘n doktor en sy vrou oor haar kogliêre inplanting, en hulle betrokkenheid om ander dowes te help. En Jacqui January kry riglyne vir horendes oor hoe om met mense met gehoorverlies te kommunikeer.
-
Leefwêreld van die gestremde 25 Februarie 2018
Sondag 25 Februarie 2018Jacqui January gesels met Johan Ras wat begin doof word het. Hy vertel van die proses van koglieêre inplanting en hoe hy weer sy musiek kon luister (ons luister saam na een van sy gunstelinge). Fanie du Toit vertel van rolstoel rugby vir mans en vroue en hoe om betrokke te raak.