Nou op die lug

Aan die brand

20:00-21:00

Interaktief

Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • Hoe verklaar jy dit? 23 Februarie 2020
    Hoe verklaar jy dit? 23 Februarie 2020
    Sondag 23 Februarie 2020

    Het jy geweet in die Ooste kom daar duiwe voor wat so min as 22 gram weeg? Hoekom koer duiwe in die nag? Kan jy die aarde se gewig presies bepaal? Jy het seker nooit gedink aan sampioene as tweeslagtig nie, n? Wel, dis waar, daar is mannetjies en wyfies!

  • Hoe verklaar jy dit? 16 Februarie 2020
    Hoe verklaar jy dit? 16 Februarie 2020
    Sondag 16 Februarie 2020

    Besef jy dat n vlermuis ni kan loop nie? En wil jy weet of hulle werklik bloed suig? Al gehoor van die Bongo-mot? En wat is die storie van die draaiende staalkop wat Haidee Muller in die pos ontvang het?

  • Hoe verklaar jy dit? 9 Februarie 2020
    Hoe verklaar jy dit? 9 Februarie 2020
    Sondag 9 Februarie 2020

    Al gehoor van die gespikkelde bosslang? Het jy geweet as Miljoentjies naby roofvisse is, verloor hulle hulle kleur? Wat dryf ewolusie? Kan jy doelgerigtheid aan n dier toeskryf?

  • Hoe verklaar jy dit? 2 Februarie 2020
    Hoe verklaar jy dit? 2 Februarie 2020
    Sondag 2 Februarie 2020

    Hoekom plant paddas net in tydelike waterbronne voort? Hoekom kan hulle nie ook byvoorbeeld in plaasdamme voortplant nie? Het jy geweet brulpaddas benodig ongeveer 65 mm en meer ren binne twee dae om voortplanting aan te skakel? En wat op aarde is die ringklippe wat op n plaas in die Vrystaat opgetel is?

  • Hoe verklaar jy dit? 26 Januarie 2020
    Hoe verklaar jy dit? 26 Januarie 2020
    Sondag 26 Januarie 2020

    Waar en waarom het besnydenisse begin? 'n Mens kan myte nie gewoonlik met die oog raaksien nie, maar, het jy geweet daar bestaan myte wat tot 12 mm groot is, en dat die wyfiemyt tot 100,000 eiers kan l? En het jy geweet dat mytekstrakte in Oosterse medisyne gebruik word, wat glo as hulpmiddel teen manlike onvrugbaarheid dien?

  • Hoe verklaar jy dit? 19 Januarie 2020
    Hoe verklaar jy dit? 19 Januarie 2020
    Sondag 19 Januarie 2020

    Het jy geweet n kameelperd kan in alle rigtings skop, kragtig genoeg om Oom Leeu dood te skop of selfs te onthoof as hy regtig wil? Hoe eet n kameelperd dorings sonder dat sy tong iets oorkom? Studies het getoon dat van die 200 000 rooivalke wat bering is sedert 1948, is net 3 ringe teruggekry. En van Dave se 550 rooivalke wat bering is, is een teruggekry. Sal n wyfie van Moskou na Suid-Afrika vlieg, verlief raak op n mannetjie van Madrid en saam met hom Spanje toe vlieg? Savel Daniels en Dave Pepler beantwoord die vrae.

  • Hoe verklaar jy dit? 12 Januarie 2020
    Hoe verklaar jy dit? 12 Januarie 2020
    Sondag 12 Januarie 2020

    Is daar lewe, soos ons dit ken, in die buitenste ruim? Hoe kry jy jou hande op brkfis-heuning sonder om die byekorf oop te maak? Ons gesels oor n oulike kontrpsie wat n luisteraar daaroor ingestuur het.

  • Hoe verklaar jy dit? 5 Januarie 2020
    Hoe verklaar jy dit? 5 Januarie 2020
    Sondag 5 Januarie 2020

    As n perdevlieg op jou harige vel kom sit, voel jy niks tot na hy jou gebyt het nie. Hoe is dit dan dat jy dadelik n huisvlieg voel? Het jy geweet dat n naaldekoker se o oor tot 28,000 fassette beskik, en dat die insek se vier vlerke onafhanklik van mekaar beweeg? Hoe is dit moontlik dat die oseane se vlak met selfs een meter sal kan styg as die ys op die pole smelt. Hoeveel kubieke kilometer water sal dan hiervoor nodig wees, en waar is daar so baie ys?

  • Hoe verklaar jy dit? 29 Desember 2019
    Hoe verklaar jy dit? 29 Desember 2019
    Sondag 29 Desember 2019

    Hoe werk die weerkaatsing van stemklank as jy in die middel van n sirkel staan, wat uitgel is met klip, met net klipbankies en bossies rondom jou? Wat is die wetenskaplike verklaring daavoor? Al gehoor van visvangspinnekoppe, en kan spinnekoppe water drink? Het jy geweet as jy n insekdoder koop vir vlooie kan jy dit nie noodwendig op ander kruipende insekte gebruik nie?

  • Hoe verklaar jy dit? 22 Desember 2019
    Hoe verklaar jy dit? 22 Desember 2019
    Sondag 22 Desember 2019

    Wanneer is n klein knaagdier n muis, en wanneer n rot? Kry n mens rotgrootte-muise of muisgrootte-rotte? Hoekom ry ons nie fiets om brandstof te bespaar nie? Watter nuwe ontdekkings is daar na dese in die paleontologie? Watter belangrike fossielfondse is gekry?