Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • Nobelvredesprys 8 April 2017
    Nobelvredesprys 8 April 2017
    Saterdag 8 April 2017

    Johan Rademan kuier in die Noorweegse hoofstad, Oslo, by die Nobelvredespryssentrum en raadsaal waar die oorhandigingseremonie op 10 Desember elke jaar plaasvind. Luister na uittreksels van die vier Suid-Afrikaanse Nobelvredesprysontvangers en hoor wat die gids Eric en Suid-Afrikaners, Linde van Niekerk, Linda Wallace en Barbie Bredenkamp te s het oor die ervaring.

  • Die sneeuhotel in Kirkenes, Noorweë
    Die sneeuhotel in Kirkenes, Noorweë
    Saterdag 18 Maart 2017

    Kirkenes is n dorpie in Noorwe wat aangewese is op toerisme vir oorlewing. In die winter is slee-ry, koningkrap eet en n besoek aan die sneeuhotel van die onmisbare elemente op die toerismespyskaart. Johan Rademan het in Kirkenes by die Sneeuhotel gaan inloer. Vanjaar se hotel het 26 kamers, elk met n eiesoortige tema wat deur Sjinese kunstenaars gedoen word.

  • Die noorderlig in Noorweë
    Die noorderlig in Noorweë
    Saterdag 11 Maart 2017

    Tromso is n navorsing- en universiteitsdorpie in Noorwe waar die Aurora Borealis, ook bekend as die noorderlig, bestudeer word. Die ekostelsel in die Arktiese-sirkel is fassinerend en ysseevlakke word ook in die polaruimnavorsingsentrum gemonitor. Johan Rademan gesels met teoretiese fisikus Hendrik Geyer oor die ligverskynsels; die arktiese marinebioloog Carl Ballentine vertel van sy studieveld; Linde van Niekerk verduidelik die verskil tussen n somer- en winterbesoek aan hierdie Skandinawiese land; en Wiilemine de Jager spog met haar groen weergawe van die Borealis.

  • Gustav Vigelandpark
    Gustav Vigelandpark
    Saterdag 4 Maart 2017

    Johan Rademan gesels met Eric Durozard, n gids in Noorwe, oor die bekende Gustav Vigelandpark in Oslo. Die beeldhouwerke wys die mens in naakte vorm, van die wieg tot die graf. Ander kultuurskatte van Oslo word ook ingesluit soos, Henrik Ibsen, die skrywer wat as dramaturg as die vader van realisme bekendstaan. Edvard Grieg, waarskynlik Noorwe se bekendste komponis kom ter sprake (Grieg het juis die drama van Ibsen, Peer Gynt in 'n suite omskep en Oggendstemming is een van die bekendste klassiekemusiekwerke). Edvard Munch (The Scream) het ook n museumkamer in Oslo. Linde van Niekerk (Seagulltoere), Andr en Gabrielle Albertyn van Port Elizabeth en Linda Wallace van Durbanville in Suid-Afrika gee ook hulle menings oor Oslo, die hoofstad van Noorwe.

  • Reunion
    Reunion
    Saterdag 11 Februarie 2017

    Baie Suid-Afrikaners se ervaring van 'n Indiese Oseaan-eiland is Mauritius, maar daar is n beeldskone eweknie - die minder bekende Reunion, wat 215 kilometer suidwes daarvan l en wag vir toeriste. Die eiland, wat deur Frankryk geadministreer word, is lid van die sogenaamde vanielje-eilandgroep, saam met Mauritius, die Seychelles, Madagaskar en Mayote. Dit kan ook as deel van 'n luukse bootvaart besoek word boonop visumloos! Helene Bezuidenhout is hoof van die Franse Toerismeburo in Johannesburg, Atout France. Sy het haar Afrikaanse van te danke aan haar huwelik met ene Johan. Hierdie Franse vrou het dus n sagte plek vir Afrikaanssprekendes, en het Anita Visser onlangs genooi om Reunion te besoek.

  • Gemeenskapsreisprojekte
    Gemeenskapsreisprojekte
    Saterdag 21 Januarie 2017

    Johan Rademan gesels met Chris Schalkwyk oor die Nkabeni-, Shalati- en Malelane-gemeenskappe naby die Krugerwildtuin se inskakeling by reisprojekte.

  • Le Boat SA
    Le Boat SA
    Saterdag 14 Januarie 2017

    Johan Rademan gesels met Liesl Nel , bestuurder van Le Boat SA, kanaalboottoere in Frankryk. Meer as 4 000 Suid-Afrikaners het in 2016 op die Franse kanale gaan vaar, en vanjaar word n groei van 20% verwag.

  • Rotsklim in die Cederberge
    Rotsklim in die Cederberge
    Saterdag 3 Desember 2016

    Johan Rademan gesels met Mark Botha van die Cederberge oor rotsklim, en plaaslike asook internasionale belangstelling in die rotsgesteentes vir klimdoeleindes in die Clanwilliam-omgewing.

  • Namibwoestyn
    Namibwoestyn
    Saterdag 12 November 2016

    Die oudste woestyn op die aarde is die Namib. Johan Rademan gesels met Jaques Delport, wat saam met sy pa die woestyn gekarteer het vir toeganklikheid vir toeriste voor daar GPS-stelsels was. Voor die kartering het die woestynbewoners, die Toppenaars, reeds daar geleef en oorleef. Len Kootjie, die seun van die bekende kultuurleier Sev Kooitjie, vertel meer oor sy siening van die woestyn en toerisme. Jurgens Schoeman van Live The Journey is een van vier konsessie houers wat net tien groepe van 12 mense per jaar deur die duine van tot 300 meter hoog mag neem.

  • AEL-bewaring
    AEL-bewaring
    Saterdag 8 Oktober 2016

    Johan Rademan gesels met Gys Botha oor AEL-bewaring en opleiding deur benutting van die omgewing soos in die Kgalagadi en die Suide van Namibi.