Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • Skrumtyd 19 Augustus 2019
    Skrumtyd 19 Augustus 2019
    Maandag 19 Augustus 2019

    Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het vier spelers weggelaat uit sy moontlike groep vir die węreldbekertoernooi in Japan. Erasmus het die name van 36 spelers aangekondig wat vandeesweek in Bloemfontein aan 'n oefenkamp sal deelneem. Die spelers wat hy weggelaat het, was almal deel van Saterdag se Springbokspan wat Argentinië met 24-18 geklop het. Hulle is die stut Wilco Louw, die haker Scarra Ntubeni, die losvoorspeler Marco van Staden en die agterspeler Dillyn Leyds. Erasmus sal sy finale groep vir die węreldbeker op 26 Augustus aankondig. Die span sal op 6 September 'n opwarmingswedstryd teen Japan speel. Die toernooi begin op 20 September. Die losvoorspeler, Marcell Coetzee, kan ook nog in Erasmus se finale groep ingesluit word, maar hy is nie deel van die week se oefengroep nie omdat hy Saterdag harsingskudding opgedoen het. Jody Hendricks en sy paneel bespreek die Bokgroep wat moontlik vir die węreldbeker gekies kan word.

  • Skrumtyd 12 Augustus 2019
    Skrumtyd 12 Augustus 2019
    Maandag 12 Augustus 2019

    Die Springbokke is terug op Suid-Afrikaanse bodem nadat hulle die Rugbykampioenskap in Argentinië beklink het. Die span speel Saterdag in hulle laaste opwarmingswedstryd vir die Węreldbekertoernooi teen die Argentynse Poemas, hierdie keer op Loftus Versfeld in Pretoria. Die Bok-afrigter, Rassie Erasmus, sal die kaptein vir die wedstryd later die week saam met die res van die span aanwys. Die groep wat in Japan om die Webb Ellis-trofee sal meeding word op 26 Augustus bekendgemaak. Jody Hendricks en sy paneel het die span se vertoning teen Argentinië ontleed.

  • Skrumtyd 5 Augustus 2019
    Skrumtyd 5 Augustus 2019
    Maandag 5 Augustus 2019

    Jody Hendricks bespreek die naweek se Curriebekerwedstryde, en kyk na die Bokke se toets komende Saterdag teen die Argentynse Poemas.

  • Skrumtyd 29 Julie 2019
    Skrumtyd 29 Julie 2019
    Maandag 29 Julie 2019

    Jody Hendricks en sy paneel bespreek die Bokke se gelykopuitslag teen die All Blacks. En Herschel Jantjites se pa praat oor sy seun se prestasies.

  • Skrumtyd 22 Julie 2019
    Skrumtyd 22 Julie 2019
    Maandag 22 Julie 2019

    Jody Hendricks en sy paneel bespreek die Springbokke se sege oor die Kiwis en kyk na die toets wat die komende naweek teen die All Blacks in Wellington voorlę.

  • Skrumtyd 15 Julie 2019
    Skrumtyd 15 Julie 2019
    Maandag 15 Julie 2019

    Jody Hendricks kyk terug na die eerste ronde van die Curriebeker wat die naweek plaasgevind het, en bespreek moontlike spankeuses vir die Bokke se eerste wedstryd teen Australie. Embrose Papier van die Bulle is Jody se gas.

  • Skrumtyd op RSG 8 Julie 2019
    Skrumtyd op RSG 8 Julie 2019
    Maandag 8 Julie 2019

    Jody Hendricks kyk terug na die Onder-18 Cravenweek wat die afgelope naweek in Bloemfontein tot ‘n einde gekom het. Hy loer in by die die Bok-oefenkamp, en doen ‘n voorskou van die 2019 Curriebeker wat die naweek begin.

  • Skrumtyd 1 Julie 2019
    Skrumtyd 1 Julie 2019
    Maandag 1 Julie 2019

    Die rugbylegende Mannetjies Roux is die gas, Roux het in April 80 jaar oud geword en het van sy loopbaanhoogtepunte met die luisteraars gedeel.

  • Skrumtyd op RSG 24 Junie 2019
    Skrumtyd op RSG 24 Junie 2019
    Maandag 24 Junie 2019

    Die Springbokke het die 1995 Rugby-Węreldbekertoernooi 24 jaar gelede gewen. Ons herleef dié dag met lede van die span asook ander rolspelers.

  • Skrumtyd 17 Junie 2019
    Skrumtyd 17 Junie 2019
    Maandag 17 Junie 2019

    Die Jong Bokkies het vasgeval teen die verdedigende kampioene in die halfeindwedstryd van die onder- 20 Węreldbekertoernooi in Rosario in Argentinië. Suid-Afrika het met 7-- 20 teen Frankryk verloor, ná die rustydtelling 14--7 in die Franse se guns was. Jody Hendricks en sy paneel het die wedstryd voor die afskop bespreek