Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • Impak 7 September 2018
    Impak 7 September 2018
    Vrydag 7 September 2018

    Arehan Brand sluit die Impak-reeks af met n oorsig van die afgelope sewe weke se navorsingsonderwerpe. Water- en voedselveiligheid is in die kollig, en verteenwoordigers van die Universiteite van die Witwatersrand, Pretoria en Johannesburg, vertel van ander navorsing wat ook tans gedoen word. Percy Mogale, Impak se navorser, vind ook vir uit van tuberkulosenavorsing.

  • Impak 31 Augustus 2018
    Impak 31 Augustus 2018
    Vrydag 31 Augustus 2018

    Arehan Brand vind meer uit van die Tshwane Universiteit van Tegnologie se waternavorsing in Makwane in die Vrystaat en die nuwe innoverende watersuiweringstoestel wat hulle gebruik het. Percy Mogale vind ook uit hoe inwoners van die gemeenskap voel oor die gebruik van die toestel, en of dit al enige resultate opgelewer het.

  • Impak 24 Augustus 2018
    Impak 24 Augustus 2018
    Vrydag 24 Augustus 2018

    Plaagdoder-oorblyfsels wat op vrugte en groente aangetref word, kan verreikende gevolge op die omgewing en menslike liggaam h. Arehan Brand vind meer uit van die navorsing wat die Universiteit van Pretoria doen om wetgewing hieroor te verander. Percy Mogale vind ook uit hoe di universiteit n impak gehad het op die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se werk en mandaat.

  • Impak 17 Augustus 2018
    Impak 17 Augustus 2018
    Vrydag 17 Augustus 2018

    Arehan Brand vind uit watter navorsing by die Fitochemiese VoedselnNetwerk vir die Verbetering van Voedingswaarde vir Verbruikers by die Tshwane Universiteit van Tegnologie gedoen word. Percy Mogale gesels ook met Rodney Wolf oor sy navorsing oor voedselsekerheid.

  • Impak 10 Augustus 2018
    Impak 10 Augustus 2018
    Vrydag 10 Augustus 2018

    Tuberkulose kom nie net by mense voor nie, maar ook by diere. Arehan Brand vind meer hieroor uit, asook watter tuberkulose-navorsing by die Universiteit Stellenbosch gedoen word om die verspreiding van beestering te voorkom. Percy Mogale vind ook uit by n verpleegster van Dokters Sonder Grense of daar al n verbetering in TB-gevalle is met die medikasie, Bedaquiline.

  • Impak 3 Augustus 2018
    Impak 3 Augustus 2018
    Vrydag 3 Augustus 2018

    Arehan Brand vind uit hoe die Sentrum vir Uitnemendheid vir Biomediese Tuberkulose Navorsing 'n bydrae maak tot die suksesvolle diagnose en behandeling van TB. Verteenwoordigers van die Universiteite Kaapstad, Stellenbosch en die Witwatersrand, asook die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdienste deel hulle kennis. Percy Mogale vind ook by n verpleegster van Dokters Sonder Grense uit of daar al n verbetering in TB-gevalle is.

  • Impak 27 Julie 2018
    Impak 27 Julie 2018
    Vrydag 27 Julie 2018

    Arehan Brand hoor hoe universiteitsnavorsing bydra tot die ontwikkeling van nuwe TB-middels. Verteenwoordigers van die Sentrum van Uitnemendheid in Biomediese Tuberkulose Navorsing deel hulle ondervinding.

  • Impak 20 Julie 2018
    Impak 20 Julie 2018
    Vrydag 20 Julie 2018

    Arehan Brand hoor hoe universiteitsnavorsing bydra tot nasionale ontwikkeling, en hoe dit kritiese kwessies soos tuberkulose en water- en voedselsekerheid takel. Verteenwoordigers van die beheerliggaam, Universiteite Suid-Afrika, en die Nasionale Navorsingsinstituut gesels saam.