Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • Wipplank: Tobie Cronjé 70
    Wipplank: Tobie Cronjé 70
    Woensdag 14 November 2018

    Tobias Jurgens Cronjé vier in November vanjaar sy 70ste verjaardag. Hy het drama aan die Universiteit van Pretoria gestudeer. Sy professionele loopbaan het in 1972 begin in die Truk-produksie van The Fantastics. Na meer as vier dekades in die bedryf, word hy steeds onthou vir rolle soos dié van Willem, in die gelyknamige TV-reeks. Hy was ook te sien in flieks soos Kootjie Emmer en Babbelkous en Bruidegom, terwyl hy op die verhoog bekend is om sy talle “dames” in Janice Honeyman se jaarlikse pantomimes. Saam met sy vriendin en die aktrise Grethe Fox en die regisseur André Stolz, kuier dié drie saam om Tobie se lewe en loopbaan te vier.

  • KRANSPOORT SE KRAGPROBLEEM deur Dalene Matthee
    KRANSPOORT SE KRAGPROBLEEM deur Dalene Matthee
    Woensdag 14 November 2018

    Kitty Maritz gaan konfronteer burgemeester Stefaans Steyn oor die dorp se elektrisiteitsprobleem en verskeie eenhede krag wat maandeliks spoorloos verdwyn. Stefaans hou egter nie met Kitty se slim planne tred nie. En voordat hy sy oë uitvee, verras Kitty hom met iets wat heeltemal die wind uit sy seile neem. Of dalk nie?

  • ‘N MENS WEET NOOIT deur Dalene Matthee
    ‘N MENS WEET NOOIT deur Dalene Matthee
    Dinsdag 13 November 2018

    Ouma Marais is aan haar bed en rolstoel gekluister. Naby Stilbaai-Wes, hoog tussen die digbegroeide duine, sit Ouma Marais se huis met die wye vensters sodat sy vêr kan uitkyk oor die kalkpaadjies, taaibos, roesbruin rotse en die see. Dan merk sy ‘n vreemde man op die strand, en por haar kleindogter, Engela, aan om te gaan ondersoek instel.

  • VÊR VAN DIE VERGETELHEID – WILMA STOCKENSTRÖM deur Ina Strydom
    VÊR VAN DIE VERGETELHEID – WILMA STOCKENSTRÖM deur Ina Strydom
    Maandag 12 November 2018

    'n Huldigingsprogram oor die digter en aktrise Wilma Stockenström wat op 7 Augustus vanjaar 85 jaar oud geword het. Sy word allerweë bestempel as een van die grootste stemme ná die Sestigers, en is een van 'n handjievol skrywers wat die Hertzogprys in twee genres ontvang het. Die program fokus op voorlesings uit die digbundel, Van Vergetelheid en van Glans en die roman Abjater wat so lag - die werke waarvoor sy met die Hertzogprys bekroon is. Stockenström kan self ook gehoor word in materiaal uit die SAUK se klankargief.

  • HERMAANS ASKIES SE OPPERASIE deur Ferdinand Deist
    HERMAANS ASKIES SE OPPERASIE deur Ferdinand Deist
    Vrydag 1 Desember 2017

    Hermaans Askies word deur die blondekop vrouedoktertjie versoek om hom tot op sy “menslikheid” uit te trek. En toe word hy skielik gevra om die laken te laat sak... Wat nou?

  • DIE WOORDEMAKER deur Ina Strydom
    DIE WOORDEMAKER deur Ina Strydom
    Vrydag 1 Desember 2017

    W.A. de Klerk sou vanjaar 100 jaar oud gewees het. Dié hoorbeeld is 'n viering van dié veelkantige vakman se werk. Dis 'n herontdekking van 'n woordsmid by uitstek. De Klerk was radioman, advokaat en skrywer. Toe die skryfgogga hom beetpak, het hy besef advokaatwees en skrywerskap is wedersyds uitsluitend en hy het hom op sy plaas Saffier naby die Paarl gaan vestig waar hy 'n vrugtekweker was. De Klerk was 'n veelsydige skrywer en het jeugverhale, reisverhale, essays, romans en dramas geskryf.

  • DIE ONSIGBARES: HARTSTOG deur Krisjan Fourie
    DIE ONSIGBARES: HARTSTOG deur Krisjan Fourie
    Vrydag 1 Desember 2017

    ‘n Anderse staar in die vreemde. Hierdie verhale is nie eintlik spookstories nie, maar het ‘n geskiedkundige grondslag. Dit verken Suid-Afrikaanse gebeure en mense in ‘n vermenging van woorde, stem en klank. Gebeure soos die Laingsburg-vloed, die eerste hartoorplanting, die gifmoordenares Daisy de Melker asook die vrou wie se lyk regoor Johannesburg in stukke gevind is, word vertel. Die onsigbares is geskryf deur Krisjan Fourie en word meesterlik voorgelees deur Nic de Jager met die sinistere sout-en-peper-klanklandskap van Paul Riekert (van Battery 9-faam).

  • HUILBOEK deur Ryk Hattingh
    HUILBOEK deur Ryk Hattingh
    Vrydag 1 Desember 2017

    “Die wenboek van vanjaar se kykNET-Rapportprys vir fiksie is ’n verhaal wat oor baie dinge gaan. Een daarvan is taal en verlange, hoe die taal Afrikaans self ’n uitdrukking word van ’n verlange wat in sy wese onvervulbaar is, en die boek ’n liefdesbrief van ver af, sonder adres. Die onheelbare pyn van ’n vader wat nie van sy seun gehou het nie is miskien die gravitasiekolk, die black hole in die boek waarheen alles neig, maar van waar geen lig kan kom nie.” ‘n Nuwe werk deur wyle Ryk Hattingh; sy eerste in negentien jaar. Helder en poëties en tegelyk liries en wys, en meedoënloos eerlik.

  • ONS DORP deur Thornton Wilder
    ONS DORP deur Thornton Wilder
    Vrydag 1 Desember 2017

    Die Amerikaanse dramaturg Thornton Wilder se Our Town is vanjaar 80 jaar oud en is in 1938 met die Pulitzer-prys vir Drama bekroon. Die immergroen verhaal handel oor die mense van Grover’s Corners in New Hampshire. Die luisteraars volg die Gibbs- en Webb-gesinne oor ‘n tydperk van twaalf jaar; deur hul alledaagse lewe, liefde en trou tot en met die dood en ewigheid. Deur die geliefdes Emily en George, hul sterk en liefdevolle ouers asook die vele ander plaaslike mense lewer Wilder universele waarhede oor wat dit is om mens te wees. Propvol humor en spitsvondigheid is Ons dorp steeds een van die mees opgevoerde, tydlose en klassieke verhoogdramas.

  • DIE MAN MET DIE BLOM IN SY MOND deur Luigi Pirandello
    DIE MAN MET DIE BLOM IN SY MOND deur Luigi Pirandello
    Donderdag 30 November 2017

    ‘n Vredeliewende sakeman verpas die laataandtrein. Hy gaan sit en wag in ‘n deurnagkafee vir die volgende oggend se trein. Hier ontmoet hy ‘n ouer man wat hom beïndruk met sy fyn waarnemingsvermoë en liefde vir die lewe. Die sakeman is verras met wat die man alles raaksien, totdat die man iets oor homself onthul...