Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • Uit 'n ander hoek 25 September 2016
    Uit 'n ander hoek 25 September 2016
    Sondag 25 September 2016

    Die teoloog Sakkie Spangenberg en die bekende natuurkundige Dave Pepler gesels oor groen teologie, en die gaping tussen geloof en rede. As die mens nie sy lewenstyl drasties verander nie, sal dit nie veel langer moontlik wees vir die mens om die aarde te bewoon en te bewerk nie.

  • Uit 'n ander hoek 18 September 2016
    Uit 'n ander hoek 18 September 2016
    Sondag 18 September 2016

    ʼn Groeiende groep gelowiges bevind hulle vandag buite die tradisionele kerk. Hulle noem hulself nog Christene, maar sukkel om met georganiseerde godsdiens te identifiseer. Jean Oosthuizen wil by sy twee gaste, Julian Mller en Terblanche Jordaan, weet waarom baie mense deesdae nie meer aanklank vind by georganiseerde godsdiens nie.

  • Uit 'n ander hoek 11 September 2016
    Uit 'n ander hoek 11 September 2016
    Sondag 11 September 2016

    Wat maak boeke soos die Bybel en die Koran heilig? Kan alle gelowe se geskrifte as heilige tekste beskou word? Hoor wat s ʼn Moslem- en Christengelowige, Yusef Waghid en Retief Muller, albei van die Universiteit van Stellenbosch oor heilige skrifte, en of mens dit letterlik kan lees en alles daarin vandag nog moet toepas.

  • Uit 'n ander hoek 4 September 2016
    Uit 'n ander hoek 4 September 2016
    Sondag 4 September 2016

    Het God die mens geskep, of het die mens gode volgens sy eie behoeftes geskep? Jean Oosthuizen gesels dr. Jan van der Merwe van Bloemfontein en dr. Gys Loubser van Stellenbosch oor hierdie netelige vraag waaroor filosowe al eeue lank filosofeer. Die filosoof Ludwig Feuerbach was een van die eerste mense wat geargumenteer het dat die mens God geskep het.

  • Uit 'n ander hoek 28 Augustus 2016
    Uit 'n ander hoek 28 Augustus 2016
    Sondag 28 Augustus 2016

    Is meditasie uit die bose? Mag Christene mediteer? Jean Oosthuizen gesels ʼn jogainstrukteur, Johannes de Villiers, en ʼn NG dominee van Johannesburg, Ronell Bezuidenhout, hieroor en vind uit watter tegnieke hulle gebruik om te mediteer.

  • Uit 'n ander hoek 21 Augustus 2016
    Uit 'n ander hoek 21 Augustus 2016
    Sondag 21 Augustus 2016

    Jean Oosthuizen gesels met ʼn gewese predikant van die Hervormde kerk, Bertus van Niekerk wat ʼn wynmaker geword het, en Michelle Boonzaaier, ʼn NG-predikant wat met haar een voet binne die kerk en die ander voet buite die kerk staan.

  • Uit 'n ander hoek 14 Augustus 2016
    Uit 'n ander hoek 14 Augustus 2016
    Sondag 14 Augustus 2016

    Het gebed nog enige nut in die moderne wreld, en hoe moet mens bid? Jean Oosthuizen gesels met godsdiensfilosoof dr. Piet Muller en teoloog dr. Carel Anthonissen hieroor. Hy wil onder andere by hulle weet of mens regtig vir iets soos ren kan bid.

  • Uit 'n ander hoek 7 Augustus 2016
    Uit 'n ander hoek 7 Augustus 2016
    Sondag 7 Augustus 2016

    Jean Oosthuizen kyk na Oosterse godsdienste. ʼn Voormalige NG-predikant, Abel Pienaar, vertel waarom Zen Boeddhisme vandag vir hom belangrik is, en Hari Vilas, voorheen bekend as Herman Brand, praat oor sy spirituele reis vanaf ʼn plattelandse NG-lidmaat tot ʼn jong Afrikaanse Hari Krishna-monnik uit die Hindoetradisie.

  • Uit 'n ander hoek 31 Julie 2016
    Uit 'n ander hoek 31 Julie 2016
    Sondag 31 Julie 2016

    Het rituele en simbole nog enige betekenis vir die mens van die moderne eeu, en waarom? In die Christelike tradisie is die doop en die Nagmaal twee belangrike rituele. Maar daar is ook rituele wat vir mense uit ander gelooftradisies en kultuurgroepe belangrik is. Jean Oosthuizen gesels met dr. Willa Boezak, geestelike leier van die Khoisan in die Wes-Kaap, en dr. Johan van der Merwe, NG predikant van die Moedergemeente Stellenbosch, oor rituele en waarom dit vir mense belangrik is.

  • Uit 'n ander hoek 24 Julie 2016
    Uit 'n ander hoek 24 Julie 2016
    Sondag 24 Julie 2016

    Hoe dink jong mense oor geloof en spiritualiteit? Wat is hulle mening oor kerke se hantering van sake soos selfdegeslagverhoudings en ander aktuele kwessies soos rassisme? Jean Oosthuizen gesels met twee jongmense, Hanzline Davids en Nadia Marais, om te hoor hoe die jonger geslag oor geloof en spiritualiteit dink.