Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • RSG Landbou 15 Augustus 2018
    RSG Landbou 15 Augustus 2018
    Woensdag 15 Augustus 2018

    Voetslaanpaaie op plase word al hoe meer gewild. Hennie Maas praat hieroor met Albert Bossert van die Voetslaan-organisasie van Suidelike Afrika. Wie is die Nasionale Oesskattingskomitee en hoe gaan hulle te werk om data in te samel? Leon Coetzee, adjunkdirekteurgeneraal van landbou-ontwikkelingsdienste in die Oos-Kaap, praat ook oor die werk wat hulle doen. Hy gee sy indrukke van die werk wat Agri Oos-Kaap ten opsigte van landelike ontwikkeling doen.

  • RSG Landbou 14 Augustus 2018
    RSG Landbou 14 Augustus 2018
    Dinsdag 14 Augustus 2018

    Die gesprek met die Karoo-kruiekenner, Antoinette Pienaar, word voortgesit. Sy praat hierdie keer oor tuinkruie. Kevin Smit van Hinterland gee raad oor die bestuur van produsente se insetkoste. En die moontlikheid om ‘n veeartsenykunde-fakulteit by die Universiteit van Fort Hare te begin, word ondersoek.

  • RSG Landbou 13 Augustus 2018
    RSG Landbou 13 Augustus 2018
    Maandag 13 Augustus 2018

    Die Katjie-drieblaar is ‘n krui wat tydens lamtyd deur die ooi tot op die grond gevreet word. Die bekende Karoo kruiekenner, Antoinette Pienaar, vertel hoe kruie in dié streek natuurlik beheer word. Carin Venter, RSG Landbou se verteenwoordiger in die Oos-Kaap, het onlangs die Agri Oos-Kaap kongres bygewoon waar sy met Dan Kriek, die president van Agri SA, gesels het. Ons hoor ook wie vanjaar se Agri Oos-Kaap jongboer van die jaar is.

  • RSG Landbou 11 Augustus 2018
    RSG Landbou 11 Augustus 2018
    Saterdag 11 Augustus 2018

    Watter bydrae lewer landbou-opleiding, die toepassing van moderne tegnologie en die beskikbaarheid van die jongste plantmateriaal in die vestiging van nuwe boere? Chris Viljoen gesels met ‘n boer wat hierdie pad volg, en reeds aangewys is as nasionale kommersiële boer van die jaar.

  • RSG Landbou 10 Augustus 2018
    RSG Landbou 10 Augustus 2018
    Vrydag 10 Augustus 2018

    Chris Viljoen kyk na plaassertifiseringsoudits, Sapo Trust se plantpatologie-laboratorium, die take van veldwagters by die Keurboomsrivier / Robberg-natuurreservaat, en ’n nuwe sentrum vir voedselveiligheid, wat veral fokus op voedseloordraagbare siektes.

  • RSG Landbou 9 Augustus 2018
    RSG Landbou 9 Augustus 2018
    Donderdag 9 Augustus 2018

    Die Bultfontein Boertjiefees vind die einde van die maand plaas. Die voorsitter van die komitee, Herman Meiring, vertel meer van die fees. Die somer is om die draai, en sodra dit warmer word, steek peste en plae weer kop uit. Dr. Handré Bredenkamp van Afrivet vertel watter hulp hulle aan boere kan bied. Die South African Meat Industry Corporation se wenners in vanjaar se karkaskompetisie word op 17 Augustus aangewys. Volgens die uitvoerende hoof, Rudi van der Westhuizen, is daar vanjaar in sommige gevalle slegs 1% verskil tussen die kommersiële boere en opkomende boere.

  • RSG Landbou 8 Augustus 2018
    RSG Landbou 8 Augustus 2018
    Woensdag 8 Augustus 2018

    Die gehalte van water het ‘n noemenswaardige effek op plaagdoders want, volgens Francois Viljoen van Syngenta, bestaan 95% van so ‘n mengsel uit water. Ons medewerker in KwaZulu-Natal en die Oos-Vrystaat, Izak Hofmeyr, praat met Mike Nicolau van Elmic Beefmasters oor sy pasafgelope veiling. Ons hoor ook wat die fokus van die vyfde Agbiz Graan-symposium is. En Pieter Swart, president van die Brangus-beestelersgenootskap, vertel van hulle nasionale veiling.

  • RSG Landbou 7 Augustus 2018
    RSG Landbou 7 Augustus 2018
    Dinsdag 7 Augustus 2018

    Volgens Henk Crafford van Agricol is die soetwitblomklawer ‘n veelsydige peulgewas. Hy vertel meer van hierdie gewas se verbouiing en aanwending. Dr. Elizna Boag van Afrivet gee raad oor kindervriendelike honde op plase, en dr. Chris van Dijk van die Melkprodusente-organisasie praat oor die veranderende melklandskap in Suid-Afrika. Hy vertel onder andere hoeveel melk vanaf natuurlike weidings afkomstig is.

  • RSG Landbou 6 Augustus 2018
    RSG Landbou 6 Augustus 2018
    Maandag 6 Augustus 2018

    RSG Landbou se medewerker in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, het die onlangse jongooi-skou op Philipstown bygewoon, waar hy met ‘n verteenwoordiger van die Britse Koningshuis, Peter Ackroyd, oor die rol van wol in die modebedryf gesels het. En Lindie Stroebel van die Produce Marketing Association praat oor die varsproduktewaardeketting.

  • RSG Landbou 4 Augustus 2018
    RSG Landbou 4 Augustus 2018
    Saterdag 4 Augustus 2018

    Hoe kan pigmente in turksvyskille, die plant se olies, sade en slymgom tot voordeel van die mens benut word? Chris Viljoen gesels met ‘n voedselwetenskaplike oor die turksvyplant, wat nie net deur vee benut word nie.