Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • Fiks vir die lewe 31 Maart 2019
    Fiks vir die lewe 31 Maart 2019
    Sondag 31 Maart 2019

    Daar word ges dat rusiemaak nie kommunikasie is nie, maar geraas. Of dit waar is of nie, rusies kom daagliks voor in mense se lewe. Sommiges daarvan word gou ontlont, terwyl ander lelike afmetings aanneem. Hoe moet ek optree wanneer daar rusie gemaak word?

  • Fiks vir die lewe 24 Maart 2019
    Fiks vir die lewe 24 Maart 2019
    Sondag 24 Maart 2019

    Dit was hierdie week gedurig in die nuus: die moord in Christchurch, Nieu-Seeland, van 50 mense by die Al Noor Moskee. Skaars het ons die nuus kon verwerk, of daar is n skietery op n trem in Utrecht, Nederland, waar drie mense vermoor en verskeie ander beseer is. Om nie eens te praat van die verskeie hofsake in Suid-Afrika waar mense tereg staan op aanklagte van moord nie. Waarom vermoor mense ander?

  • Fiks vir die lewe 17 Maart 2019
    Fiks vir die lewe 17 Maart 2019
    Sondag 17 Maart 2019

    n Luisteraar skryf: Na 12 jaar jaar in die onderwys beleef ek n loopbaankrisis. Die behandeling van onderwysers deur ouers, leerders, die onderwysdepartement, beheerliggame, bestuurspanne, ens. maak dat ek moed verloor. En met mense wat hulle werke verloor, asook die probleem om toepaslike werk vir jou kwalifikasie te kry, raak dit vir baie mense inderdaad n loopbaankrisis.

  • Fiks vir die lewe 10 Maart 2019
    Fiks vir die lewe 10 Maart 2019
    Sondag 10 Maart 2019

    Daar is n Arabiese spreekwoord wat lui: Die huwelik is soos n belerde vesting; di wat daar buite is, stry met alle mag om in te kom, en di wat daarbinne is, probeer vir al wat hulle werd is, om daaruit te kom. Jy mag dalk lag oor hierdie stelling, maar sit daar nie miskien tog n greintjie waarheid in nie, veral as gekyk word na die ho egskeidingsyfer in Suid-Afrika?

  • Fiks vir die lewe 3 Maart 2019
    Fiks vir die lewe 3 Maart 2019
    Sondag 3 Maart 2019

    Vir watter party moet ek in die komende verkiesing stem? Hoe lank nog voord ek dalk my werk verloor? Watter toekoms is daar vir my? Hoe moet ek maak as my finansies nie klop nie? Hoe hanteer ek onsekerheid?

  • Fiks vir die lewe 24 Februarie 2019
    Fiks vir die lewe 24 Februarie 2019
    Sondag 24 Februarie 2019

    As jakkals passie preek, moet die boer sy ganse oppas. Dit beteken dat jy versigtig moet wees vir n skelm se vroom praatjies. Waarom wil sommiges ander verneuk, uitbuit en sommer net deur skelmstreke benadeel? Dink maar aan sportmanne en -vroue wat kul, en bemarkers wat ouer mense deur skelmstreke geld laat verloor.

  • Fiks vir die lewe 17 Februarie 2019
    Fiks vir die lewe 17 Februarie 2019
    Sondag 17 Februarie 2019

    Die Ierse digter en skrywer, Oscar Wilde, het ges: "Ons almal l in die sloot, maar net sommiges sien die sterre raak," om hiermee te waarsku teen pessimisme. En as iemand vra: "Hoe gaan dit?" is die antwooord dikwels: "Nie te vrotterig nie, dankie." Hoe goed of sleg is pessimisme vir jou, en hoe hanteer n mens dit?

  • Fiks vir die lewe 10 Februarie 2019
    Fiks vir die lewe 10 Februarie 2019
    Sondag 10 Februarie 2019

    Die land is onlangs geskok toe n deel van die loopbrug by die Horskool Driehoek ineengestort en op leerlinge geval het. Vier is dood en baie ernstig beseer. Hoe hanteer n mens iets soos hierdie onverwagte ramp? Watter invloed het dit op mense?

  • Fiks vir die lewe 3 Februarie 2019
    Fiks vir die lewe 3 Februarie 2019
    Sondag 3 Februarie 2019

    Dikwels hoor jy: Jy kan kan nie n woord glo wat hy/sy s nie - bedoelende dat wat ges en gedoen word twee verskillende dinge is. Veral met die komende verkiesing en die bekendmaking van partye se kandidate, wonder mense oor hulle geloofwaardigheid. So word baie (veral ouer) mense mislei om in kwansuis geloofwaardige projekte hulle geld te bel, net om later uit te vind hulle is bedrieg. Hoe weet ek wanneer iemand of iets geloofwaardig is?

  • Fiks vir die lewe 27 Januarie 2019
    Fiks vir die lewe 27 Januarie 2019
    Sondag 27 Januarie 2019

    Navorsing wys dat 90% van kinders teen die ouderdom van vier jaar reeds die konsep van leuens verstaan, terwyl 60% van volwassenes nie n tienminuut-lange gesprek kan voer sonder om minstens een keer n leuen te vertel nie. Die vraag is nou: hoe onderskei n mens tussen waarheid en leuens?