Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • Gesondheid 24 Mei 2017
    Gesondheid 24 Mei 2017
    Woensdag 24 Mei 2017

    Hoe word aandag-afleibaarheid (ADHD) in volwassenes behandel? Ontgroei kinders ADHD? Indien nie, is die simptome in volwassenes dieselfde as in kinders? En is die behandeling dieselfde of anders as by kinders?

  • Gesondheid 17 Mei 2017
    Gesondheid 17 Mei 2017
    Woensdag 17 Mei 2017

    Het jy geweet dat as een van jou vier klein para-tiroïedkliertjies wanfunksioneer, kan jy op die langtermyn erge osteoporose, nierversaking, hoë bloeddruk, depressie en selfs kanker ontwikkel? Het jy geweet dat slegs ‘n klein persentasie mense met dié probleem gediagnoseer word, en dat dit nou met minimale chirurgie – wat slegs 20 minute duur – reggestel kan word?

  • Gesondheid 10 Mei 2017
    Gesondheid 10 Mei 2017
    Woensdag 10 Mei 2017

    Wat maak die liggaam met oortollige cholesterol? Waarom is ander vette in die bloed ook belangrik vir gesondheidsgevare? Waar pas cholesterol- en glukosevlakke by Banting in? Hoe kan gevaarlike cholesterolvlakke behandel word?

  • Gesondheid 3 Mei 2017
    Gesondheid 3 Mei 2017
    Woensdag 3 Mei 2017

    Wat is cholesterol? As dit noodsaaklik is vir die vervaardiging van sekere hormone in jou liggaam, kan dit werklik ‘n rol speel om jou bloedvate te beskadig en tot hartaanvalle of beroerte te lei? Hoe werk dit?

  • Gesondheid 16 April 2017
    Gesondheid 16 April 2017
    Woensdag 26 April 2017

    Kan dit nadelig wees om te veel vleis te eet? Het jy geweet die groot hoeveelhede mieliestroop (corn syrup) in suikerdrankies word omgesit in vetselle? Hoe werk Banting? Wat is ketone? Kan te veel jou doodmaak? In die tweede aflewering in die kort reeks oor die verwerking van kos in jou liggaam, fokus Marí Hudson op fruktose en proteïen.

  • Gesondheid 19 April 2017
    Gesondheid 19 April 2017
    Woensdag 19 April 2017

    Het jy geweet fruktose word anders in die liggaam verwerk as ander suikers? Of dat Natrium noodsaaklik is om te verseker dat kos in selle opgeneem word? Of al eet jy nie ‘n korrel suiker nie, jou liggaam steeds insulien benodig? In die eerste aflewering van 'n kort reeks oor die verwerking van kos in jou liggaam, fokus Marí Hudson op koolhidrate en vette.

  • Gesondheid 12 April 2017
    Gesondheid 12 April 2017
    Woensdag 12 April 2017

    Wat is hemofilie? Is daar net een bloedstollingsiekte of meer as een? Waarom wil die bloed nie stol nie? Hoe word dit behandel? Waarom kry net seuns dit? Kan mens HIV opdoen met die bloedprodukte wat die pasiënt moet gebruik?

  • Gesondheid 5 April 2017
    Gesondheid 5 April 2017
    Woensdag 5 April 2017

    Wat beteken dit as jou adrenalienvlakke hoog is? Wat gebeur in jou liggaam? Is die adrenalien in jou brein dieselfde as dié in jou bloedstroom? Waar kom dit vandaan? Wat gebeur as jy bungee of adrenalien-sport doen? En waar pas kortisol in? Marí Hudson praat met ‘n mediese fisioloog oor adrenalien en kortisol.

  • Gesondheid 29 Maart 2017
    Gesondheid 29 Maart 2017
    Woensdag 29 Maart 2017

    Het jy geweet dat meganiese harte, wat eens so groot soos ‘n kamer was, nou so groot soos ‘n gholfbal is? Hoe word dit ingeplant? Hoe werk dit? Het dit batterye? Vir watter pasiënte kan dit help?

  • Gesondheid 22 Maart 2017
    Gesondheid 22 Maart 2017
    Woensdag 22 Maart 2017

    Kankerdokters is opgewonde oor die jongste verwikkelings in kankerbehandeling, naamlik tweede generasie immunoterapie. Met die jongste middels en kombinasies van middels is dit byvoorbeeld moontlik om die oorlewingsyfer van gevorderde melanoom van 0% op te skuif tot sowat 68%. Wat is immunoterapie en hoe werk dit? Marí Hudson gesels met ‘n onkoloog oor dié middels wat hoop bring, maar uiters duur is.