Nou op die lug

Monitor

06:00-08:00

Interaktief

Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • Wie is ek? 27 Maart 2020
    Wie is ek? 27 Maart 2020
    Vrydag 27 Maart 2020

    As gevolg van die internet is dit baie makliker vir pedofiele om met kinders kontak te maak. Hoe kan ouers hulle kinders bemagtig om vir hulp te vra, of om self die kontak te stop? Lise Swart help ouers met hierdie dilemma help, en verduidelik hoe jou eie internetgedrag jou kind kan beskerm.

  • Wie is ek? 20 Maart 2020
    Wie is ek? 20 Maart 2020
    Vrydag 20 Maart 2020

    Voel jy die wreld is teen jou, of dat jou vriende en kollegas by die werk besig is met n komplot teen jou? Is jy dalk in n verhouding met iemand wat niemand vertrou nie, nie eens vir jou nie? Vind meer uit oor vervolgingswaan (paranoia), om die tekens te herken, en om te verstaan hoekom professionele hulp so spoedig moontlik gekry moet word.

  • Wie is ek? 13 Maart 2020
    Wie is ek? 13 Maart 2020
    Vrydag 13 Maart 2020

    Sukkel jy om aan te beweeg n jou laaste liefdesverhouding of egskeiding? Vang jy jouself dat jy heeltyd na die persoon se sosiale media kyk, of probeer jy aan maniere dink om die persoon raak te loop? Obsessiewe gedrag kan maklik n gewoonte raak as n persoon nie verstaan hoekom hulle so voel nie. Lise Swart kyk na liefdesverslawing, en hoe dit iemand se lewe kan oorneem.

  • Wie is ek? 6 Maart 2020
    Wie is ek? 6 Maart 2020
    Vrydag 6 Maart 2020

    n Grappie hier, en n woordjie daar, almal lag, maar vir jou affekteer dit nie net jou waardes nie, maar wie jy is. Lise Swart kyk na seksuele teistering, die sielkundige uitwerking daarvan en hoekom dit in 2020 nog aanvaarbaar is vir mense om nie ander in ag te neem nie.

  • Wie is ek? 28 Februarie 2020
    Wie is ek? 28 Februarie 2020
    Vrydag 28 Februarie 2020

    Om n kankerdiagnose te ontvang is traumaties. Lise Swart kyk na die impak wat die diagnose, behandeling (chemo, chirurgie, bestraling) en om in remisie te wees, op jou gemoed en breinfunksionering het. Baie mense funksioneer nooit weer dieselfde na n diagnose nie, en ons gaan uitvind hoekom.

  • Wie is ek? 21 Februarie 2020
    Wie is ek? 21 Februarie 2020
    Vrydag 21 Februarie 2020

    Wat is n ouer se opsies met terapie vir kinders? Wat gebeur in terapie, en hoe kan dit die kind en ouers baat? Met die toenemende aantal kinders wat angs en depressie beleef, is hierdie episode n MOET vir alle ouers en volwassenes betrokke in n kind se lewe.

  • Wie is ek? 14 Februarie 2020
    Wie is ek? 14 Februarie 2020
    Vrydag 14 Februarie 2020

    Watter verskil kan kennis oor jouself aan jou lewenskwaliteit en geluk maak? Louis Awerbuck, 'n kliniese sielkundige van Stellenbosch vertel vir Lise Swart wat iemand moet weet van hulleself om meer beheer oor hulle lewe te kan neem.

  • Wie is ek? 7 Februarie 2020
    Wie is ek? 7 Februarie 2020
    Vrydag 7 Februarie 2020

    Lise Swart vind meer uit oor die diagnose van n anti-sosiale persoonlikheidsversteuring (beter bekend as n psigopaat). Hoe gevaarlik is mense met hierdie diagnose? Wat veroorsaak hierdie diagnose? Kan n persoon in n verhouding wees met n psigopaat?

  • Wie is ek? 31 Januarie 2020
    Wie is ek? 31 Januarie 2020
    Vrydag 31 Januarie 2020

    Watter rol speel jy in jou kind se lewe: die rol van ouer, of die rol van vriend? Hoor wat elke rol behels, watter die implikasies dit vir jou kind inhou, en dit op die langtermyn julle verhouding sal benvloed.

  • Wie is ek? 24 Januarie 2020
    Wie is ek? 24 Januarie 2020
    Vrydag 24 Januarie 2020

    Depressie affekteer nie net die individu wat daarmee moet saamleef nie, maar ook hulle geliefdes, kollegas en vriende. Lise Swart kyk hoe hierdie siekte verhoudings benvloed, en hoe alle partye kan saamwerk om die las ligter te maak.