Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • Drama 75 - Episode 13
    Drama 75 - Episode 13
    Donderdag 27 September 2012

    In die laaste episode kan jy luister na grepe uit die drie gewildste radioreekse die afgelope driekwarteeu.

  • Drama 75 - Episode 12
    Drama 75 - Episode 12
    Donderdag 20 September 2012

    Bettie Kemp stel jou voor aan vier radiodramaskrywers wat ook suksesvolle boeke skrywers was. Om vir lesers en luisteraars ewe gemaklik te kan skrywe is n skaars kombinasie, maar die skrywers wat kan, is Hennie Aucamp, Morkel van Tonder, Dolf van Niekerk en Gerhard Beukes.

  • Drama 75 - Episode 11
    Drama 75 - Episode 11
    Donderdag 13 September 2012

    Bettie Kemp stel jou voor aan vier veteraan radiospelers, Dana Niehaus, Wena Naude, Dulsie van den Bergh en Pieter Hauptfleisch.

  • Drama 75 - Episode 10
    Drama 75 - Episode 10
    Donderdag 6 September 2012

    Bettie Kemp stel jou voor aan n klompie skrywers wie se radiodramas en vervolgverhale jy jaar na jaar geniet het, maar wat nooit vir die radio geskryf het nie! Hulle werk was so gewild en hulle name so bekend dat luisteraars eenvoudig geglo het dit kom direk uit hulle tikmasjiene en rekenaars, terwyl dit al die tyd verwerkings van hulle oorspronklike werk was. Daar is Langenhoven se wetenskapfiksie aandvervolgverhaal LOELOERAAI, PG du Plessis se SIENER IN DIE SUBURBS en verhale van Karl Kielblock, Cor Dirks en PH Nortje.

  • Drama 75 - Episode 9
    Drama 75 - Episode 9
    Donderdag 30 Augustus 2012

    Bettie Kemp vertel jou van vyf uitsonderlike en gewilde radiospelers. Daars Trix Pienaar met haar besonderse Swartlandse aksent. Daars ook die uitsonderlike Belgiese aktrise Tine Balder wat saam met haar man Fred Engelen na Suid-Afrika verhuis het om die Universiteit van Stellenbosch se Dramadepartement te begin. Dan is daar die grande dame van Afrikaanse teater Wilna Snyman, Fanus Rautenbach se Vroutjie Douwtjie en die boeiende en begaafde Johann Nell.

  • Drama 75 - Episode 8
    Drama 75 - Episode 8
    Donderdag 23 Augustus 2012

    Bettie Kemp stel jou voor aan vier Shakespeare-vertolkers wat sterstatus gehad het. Die Shakespeare-radiodramas het dikwels langers as twee uur geduur en om n intelligente, boeiende vertolking van so n hoofrol te gee, is uitmergelend. Boonop is die dramas bekend vir hulle emosionele uitputtende tonele wat ontsettende hoë eise aan die radiospeler het. Selfs die klugte het hulle tol ge-eis.

  • Drama 75 - Episode 7
    Drama 75 - Episode 7
    Donderdag 16 Augustus 2012

    Vier van die talentvolle omroepers wat ook uitmuntende spelers was, gaan jou vermaak. Daar is Daan Retief van Staal Burger-faam met sy onvergeetlike vertolking van Suid-Afrika se superkoel held. Dit was aanvanklik aangevra deur die doyenne van die Afrikaanse toneel, Anna Neethling-Pohl. As organiseerder van jeugprogramme in die jare sestig wou sy n reeks vir die jeug gehad het. Sy het Fanus Rautenbach aangekeer en saam met Daan Retief het hulle Staal-reeks so gewild geword dat die volwasse luisteraars dit gekaap het. Saam met Staal was sy span amusante karakters soos Willem, gespeel deur Jan Pohl, Dada gespeel deur Miems de Bruyn en die seksie Doedie gespeel deur een van Suid-Afrika se mooiste filmsterre Marie du Toit. Ander omroeper-akteurs wat by die mikrofoon is vir hierdie episode is die geliefde Esmé Euvrard. Het jy al gehoor hoe sy die grote Anna Neethling-Pohl uit n verknorsing voor die drama-mikrofoon gehelp het? Pieter de Bruyn wat tot die hoogste administratiewe sport van Radio en TV geklim het en die sportkommentator Spiekeries (Gerhard Viviers) gaan jou ook verras met hulle dramatalente.

  • Drama 75 - Episode 6
    Drama 75 - Episode 6
    Donderdag 9 Augustus 2012

    Onder die groot drama-gunstelinge die afgelope 75 jaar staan Jan Schutte se reekse uit as die groot treffers. Briewe van Tant Magrieta het in die jare Sestig n stil en nederige begin gehad as n kort bydrae vir Vrouerubriek.Dit was egter onmiddellik so gewild dat dit weer uitgesaai is in die aand. Dis n onvergeetlike reeks vertellings, met soveel deernis geskryf en voorgelees deur Jan Schutte self.

  • Drama 75 - Episode 5
    Drama 75 - Episode 5
    Donderdag 2 Augustus 2012

    Sedert die ontstaan van Afrikaanse radiodramas in 1937 was daar baie regisseurs wat gekom en gegaan het. Na alles, dit sit nie in almal se klere om met n span temperamentele radiospelers aan die een kant en gespanne klanktegnici aan die anderkant, n geloofwaardige radiodrama gereed te kry vir uitsending nie. Alles kom op die skouers van hierdie een persoon neer. Van die keuse van die musiek tot die versorging van die teks en die maak van byklanke. Allerlei vindingryke planne is in die verlede uitgedink juis om klanke so realisties as moontlik na te boots soos die gebruik van n ou strykplank!

  • Drama 75 - Episode 4
    Drama 75 - Episode 4
    Donderdag 26 Julie 2012

    Bettie Kemp kyk na die afgelope 75 jaar se bekroonde hoorspelskrywers. Van die eerste nederige pogings in 1937 met die amptelike begin van die Afrikaanse uitsaaidiens tot die bekroondes wat die luisteraars se verbeelding aangegryp het in later jare. Daars vertellings van NP Van Wyk Louw, Chris Barnard en Ampie van Straaten. Kunstenaars soos Katinka Heyns, Limpie Basson en Babs Laker is ook by die mikrofoon.