Nou op die lug

My musieklêer

21:10-22:00

Interaktief

Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • Skrywers en boeke 19 Februarie 2020
    Skrywers en boeke 19 Februarie 2020
    Woensdag 19 Februarie 2020

    Luister na argiefmateriaal oor die digter, liedjieskrywer en dramaturg Rosa Keet, wat onlangs haar 75e verjaarsdag gevier het. Keet was instrumenteel in die ontstaan van die Musiek-en-Liriek-beweging. Die werk van die Nobelprysbekroonde skrywer J.M. Coetzee, wat onlangs 80 geword het, word ook belig. Johan Myburg gesels in sy bydrae oor interessante gebeure in die internasionale boekewęreld.

  • Skrywers en boeke 12 Februarie 2020
    Skrywers en boeke 12 Februarie 2020
    Woensdag 12 Februarie 2020

    Hoe omskep jy 'n klassieke roman soos DIE SWERFJARE VAN POPPIE NONGENA in 'n rolprent? Dramaturg Saartjie Botha vertel hoe sy en haar mededraaiboekskrywer Christiaan Olwagen dit gedoen het vir die rolprent Poppie Nongena. Jy kan ook luister na 'n klanksnit uit die argief waarin Elsa Joubert vertel van die reaksie op haar bekroonde roman. Marie Heese vertel vir Ilse Salzwedel van die inspirasie vir haar boek PETER PAN EN LAURIE, 'n opvolgverhaal vir die klassieke jeugverhaal Peter Pan and Wendy. Johan Myburg vertel in sy internasionale insetsel meer oor die Costa Boek van die Jaar-wenner, THE VOLUNTEER.

  • Skrywers en boeke 5 Februarie 2020
    Skrywers en boeke 5 Februarie 2020
    Woensdag 5 Februarie 2020

    Ilse Salzwedel gesels met Stefaans Coetzee, skrywer van WIT WOLF, oor hoe boeke sy lewe tydens sy byna twee dekades in die tronk verander het. 1 Februarie was Internasionale Hardop-voorleesdag, maar hoekom is dit so goed vir kinders? Ilse vertel ook meer van 'n paar oulike kinderboeke vir voorlees en self lees. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg onder andere oor die kortlys vir die Dylan Thomas-prys.

  • Skrywers en boeke 29 Januarie 2020
    Skrywers en boeke 29 Januarie 2020
    Woensdag 29 Januarie 2020

    Ilse Salzwedel gesels met Sidney Gilroy oor sy debuutroman KLIKBEK. Jy kan ook luister na 'n argiefopname waarin die digter en skrywer Wilma Stockenström van haar gedigte voorlees. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae onder andere oor AMERICAN DIRT, 'n boek wat tans tot groot debat lei in die VSA.

  • Skrywers en boeke 22 Januarie 2020
    Skrywers en boeke 22 Januarie 2020
    Woensdag 22 Januarie 2020

    Suzette Kotze-Myburgh gesels met Kerneels Breytenbach oor sy nuwe roman HOND SE GEDAGTE. Johan Myburg deel interessante nuus uit die internasionale boekewęreld, en vertel onder andere meer oor 'n nuwe roman wat geinspireer is deur die lewe van die sanger Leonard Cohen.

  • Skrywers en boeke 15 Januarie 2020
    Skrywers en boeke 15 Januarie 2020
    Woensdag 15 Januarie 2020

    Ilse Salzwedel praat met Christine Barkhuizen-Le Roux oor haar roman My naam is Prins en ek slaap met die lig aan. Johan Myburg vertel wat in die internasionale boekewęreld gebeur.

  • Skrywers en boeke 8 Januarie 2020
    Skrywers en boeke 8 Januarie 2020
    Woensdag 8 Januarie 2020

    Ilse Salzwedel gesels met Chris Karsten oor sy nuwe roman ANDERMAN SE VROU. Jy kan ook luister na 'n argiefopname uit 1991 waarin die bekende skrywer Audrey Blignaut een van haar essays voorlees. In sy insetsel oor die internasionale letterkunde gee Johan Myburg 'n kort voorskou van boeke wat in 2020 verskyn.

  • Skrywers en boeke 18 Desember 2019
    Skrywers en boeke 18 Desember 2019
    Woensdag 18 Desember 2019

    Die baanbreker-uitgewer, Cecilia Britz, is verlede week oorlede. Luister na 'n huldeblyk ook die vrou wat Afrikaanse ontspanningsfiksie nuwe momentum gegee het. Vir sy internasionale bydrae, het Johan Myburg twee baie besondere argiefopnames opgespoor. Die ikoniese Amerikaanse digter Robert Frost lees een van sy eie gedigte voor, en die Walliese skrywer Dylan Thomas lees 'n gedeelte van een van sy essays voor.

  • Skrywers en boeke 11 Desember 2019
    Skrywers en boeke 11 Desember 2019
    Woensdag 11 Desember 2019

    Ilse Salzwedel gesels met Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, oor interessante nie-fiksieboeke vir die kerskous. Johan Myburg gee in sy internasionale bydrae 'n oorsig oor die jaar se letterkundige pryse.

  • Skrywers en boeke 4 Desember 2019
    Skrywers en boeke 4 Desember 2019
    Woensdag 4 Desember 2019

    Ilse Salzwedel fokus op boeke wat goeie geskenke sal maak. Sy gesels met Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, oor 'n paar van haar gunsteling fiksieboeke, en in Johan Myburg se insetsel gesels hy onder meer oor TIME se lys van die top 10 boeke vir 2019.