Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • TOETS S.A. SE LEIERSKAP TWITTER SE GRENSE?
    TOETS S.A. SE LEIERSKAP TWITTER SE GRENSE?
    Donderdag 20 Junie 2019

    Die ANC gaan Maandag in Johannesburg 'n lastersaak teen die sanger, Steve Hofmeyer, open. Die party beskuldig hom daarvan dat hy doodsdreigemente gemaak het teen die DA se L.U.R. Phumzile van Damme, en die land se ambassadeur in Denemarke, Zindzi Mandela. Van Damme het intuSsen aangedui dat sy ook regstappe oorweeg, wat sy na die staatsrede sal hanteer. Hofmeyr se Tweet is in reaksie op rasse-opmerkings wat die vroue op sosiale media gemaak het. Marline Fouch berig intussen dat di sosiale media-onderonsie moontlik 'n toets kan wees vir gelykheid in die land...

  • Facebook stel 'n kripto-geldeenheid bekend
    Facebook stel 'n kripto-geldeenheid bekend
    Dinsdag 18 Junie 2019

    Facebook gaan vandag 'n kripto-geldeenheid bekendstel, wat reeds na bewering ondersteun word deur die maatskappye Mastercard en Visa. Daar's nog nie veel oor die eenheid wat aan minstens 2,4 miljard gebruikers beskikbaar gaan wees, bekend nie. Die Efficient-groep se hoof-ekonoom, Dawie Roodt, het aan Marline Fouch ges dit kan bankwese fundamenteel verander.

  • Winterhoop help mense op straat
    Winterhoop help mense op straat
    Dinsdag 18 Junie 2019

    Elke jaar ondersteun RSG die Winterhoop projek. Winterhoop is 'n nie-winsgewende instansie komberse, wolmussies, klere, nie-bederfbare kos en selfs skuiling aan mense op straat verskaf. Die besturende direkteur van die Torings van Hoop-trust in Bloemfontein, De La Harpe Le Roux het aan Annelene Moses ges die veldtog doen sy naam gestand...

  • Ambassadeur Zindzi Mandela moet teruggeroep word
    Ambassadeur Zindzi Mandela moet teruggeroep word
    Maandag 17 Junie 2019

    Afriforum vra die minister van buitelandse sake, Naledi Pandor, om Suid-Afrika se ambassadeur in Denemarke, Zindzi Mandela, terug te roep. Dit volg na 'n reeks twiets wat volgens Afriforum erg verdelend en rassisties is. Izak du Plessis berig.

  • Zindzi Mandela twiets word ondersoek
    Zindzi Mandela twiets word ondersoek
    Maandag 17 Junie 2019

    Spektrum kon intussen daarin slaag om kommentaar van Clayson Monyela, woordvoerder van Dirco te kry. Monyela s hulle gaan eers amptelik op die voorval reageer sodra hulle sekere feite nagegaan het.

  • Sielkundige praat oor Forest High-moord
    Sielkundige praat oor Forest High-moord
    Woensdag 12 Junie 2019

    Gauteng se LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi, s die polisie sal Forest High, die skool waar 'n leerling onlangs doodgesteek is, monitor. Lesufi het by Danil Bakwela se gedenkdiens in Turffontein, Johannesburg, gepraat en leerlinge gevra om nie wraak te soek vir sy dood nie. Die 16-jarige Bakwela is deur 'n medeleerling, Mohamed Mwela, buite die skool doodgesteek. Ons praat nou met Quinton Adams, 'n opvoedkundige sielkundige wat die program: Dissipline begin by die huis, ontwerp het om geweld te bekamp en dissipline in skole te handhaaf.

  • FRESH oorweeg regstappe teen Hennopsrivier besoedelaars
    FRESH oorweeg regstappe teen Hennopsrivier besoedelaars
    Woensdag 12 Junie 2019

    Die omgewingsbewaringsgroep, Fresh s hy oorweeg regstappe teen diegene wat die Hennops-rivier wat deur Centurion vloei besoedel. Die rivier vloei tot in Hartebeespoortdam. 'n Groep vrywilligers van FRESH en Impact Adventures het die afgelope week van die bron van die Kaalfontein begin stap en roei al langs die rivier om te bepaal hoe erg die besoedeling is en wie daarvoor verantwoordelik is. Mense wat in Centurion bly word gereeld begroet deur groot bolle wit skuim wat op die rivier wat daar deurloop dryf. Anton Bailey van Bluswirl Herwinning s hulle moet eers vasstel presies hoe groot die skade aan die ekostelsel is voor hulle dit kan begin herstel

  • Besoedeling van Hennops weer onder die loep
    Besoedeling van Hennops weer onder die loep
    Woensdag 12 Junie 2019

    Die omgewingsbewaringsgroep, Fresh, s hy oorweeg regstappe teen diegene wat die Hennops-rivier wat deur Centurion vloei besoedel. Die rivier vloei tot in Hartebeespoortdam. 'n Groep vrywilligers van Fresh en Impact Adventures het die afgelope week van die bron van die Kaalfontein begin stap en roei al langs die rivier om te bepaal hoe erg die besoedeling is en wie daarvoor verantwoordelik is. Mense wat in Centurion bly word gereeld begroet deur groot bolle wit skuim wat op die rivier wat daar deurloop dryf. Anton Bailey van Blueswirl Herwinning het met Suzanne Paxton gepraat.

  • Die minister van Omgewingsake, Bosbou en Vissery erken daar is lugbesoedeling in Mpumalanga na hofsaak
    Die minister van Omgewingsake, Bosbou en Vissery erken daar is lugbesoedeling in Mpumalanga na hofsaak
    Dinsdag 11 Junie 2019

    Die minister van Omgewingsake, Bosbou en Visserye, Barbara Creesy erken dat daar probleme met die gehalte van die lug in Mpumalanga is. Dit volg na 'n aansoek in die hooggeregshof deur verskeie nie -regeringsorganisasies oor die lugbesoedeling wat deur Eskom en SASOL in die hoveld gebied veroorsaak word. Creesy s dat die luggehalte bestuursplan tans hersien word. Bobby Peek van Groundworks, wat deel is van die hofaansoek deur die organisasies s, Suid-Afrikaners se grondwetlike reg word geminag met die konstante lugbesoedeling in die provinsie.

  • Kenner waarsku oor SA se vuil lug
    Kenner waarsku oor SA se vuil lug
    Woensdag 5 Junie 2019

    5 Junie is Wreld Omgewingsdag en die fokus is op lugbesoedeling. Dr Thuli Khumalo, direkteur van lugkwaliteit by die Departement van Omgewingsake s daar is 'n paar plekke in Suid-Afrika waar die lug nie geskik is vir mense om in te asem nie....