Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • Motorrubriek
    Motorrubriek
    Saterdag 7 Julie 2018

    In sy weeklikse motorrubriek bespreek Wessel Pretorius 'n luisteraar se brief..

  • Werknemer met petrol gegooi by vulstasie
    Werknemer met petrol gegooi by vulstasie
    Saterdag 23 Junie 2018

    'n Saak van poging tot moord is aanhangig gemaak teen die seun van die eienaar van 'n vulstasie in Durban. Die seun het na bewering petrol oor 'n werknemer gegooi, en haar aan die brand gesteek. Sy het ernstige brandwonde opgedoen. Die 31-jarige slagoffer is haar gesin se broodwinner, en kan nie terugkeer werk toe nie. Die voorval het sowat 'n maandgelede gebeur. Marlinée Fouché berig.

  • Die Reisbedyf se winste styg met 6%
    Die Reisbedyf se winste styg met 6%
    Saterdag 23 Junie 2018

    Die Reisbedyf se winste het in die afgelope finansiele jaar met 6 persent gestyg. Dit is volgens 'n Reismark Indeksstudie wat Grant Thornton, vir die Vereniging van Suider Afrikaanse Reis Agente gedoen het. ASATA verteenwoordig 95 persent van die bedryf. Volgens die uitvoerende hoof van ASATA, is een van die redes dat die sentiment in die sake-sektor postief was, omdat persoonlike kontak met sakevernnote baie hoog geag word.

  • Bepaling van flieks se ouderdomsbeperkings
    Bepaling van flieks se ouderdomsbeperkings
    Saterdag 23 Junie 2018

    Seks, geweld, naaktheid, en kras taalgebruik speel 'n rol as 'n ouderdomsbeperking toegeken word. Die Film en Publikasie-raad het in die onlangs onder skoot gekom toe hulle onder meer vir die film, "Dis ek, Anna", 'n 16-ouderdomsbeperking toegeken het, en ook eers "INXEBA" as volwasse inhoud geklassifiseer het. Maar watter kriteria word gebruik as hulle dié toekennings maak? Anna-marie Jansen van Vuuren het by die klassifikasie-bestuurder van die Film en Publikasieraad, Riana Botes, gaan uitvind.

  • Motorrubriek
    Motorrubriek
    Saterdag 23 Junie 2018

    In sy weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Peugeot...

  • Thys en Trix appeleer ouderdomsbeperking
    Thys en Trix appeleer ouderdomsbeperking
    Saterdag 23 Junie 2018

    Die vervaardigers van die Afrikaanse fliek, "Thys en Trix", het by die Film en Publikasieraad teen dié fliek se 16 ouderdomsbeperking ge-appeleer. Die hoofakteurs en mede-vervaardigers van die rolprent, Bouwer en Leandie du Randt-Bosch, sê dit lyk of plaaslike flieks oor 'n strenger kam geskeer word as Hollywood flieks, wat klassifikasie betref. "Thys en Trix het dié naweek by plaaslike teaters begin draai.

  • 'n Onderwysers kwalifiseringsraamwerk vir SADEK
    'n Onderwysers kwalifiseringsraamwerk vir SADEK
    Saterdag 23 Junie 2018

    Lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap word gevra om instansies op die been te bring, wat die beroepskwalifikasies van onderwysers sal reguleer. Dít was een van die resolusies wat op 'n ministeriële beraad gemaak is, wat by Zimbali noord van Durban gehou is. Die ministers glo dat duidelikheid oor die standaard van kwalifikasies, die uitruil van kundigheid in die streek sal bevorder. Op sy beurt sal dit die industrialisering van lande in die streek aanhelp. Dries Liebenberg berig.

  • Inwoners van Thembalethu betoog dalk weer
    Inwoners van Thembalethu betoog dalk weer
    Saterdag 23 Junie 2018

    Inwoners van Thembalethu op George in die Suid-Kaap sê hulle mag dalk weer betoog. Dit nadat die Wes-Kaapse Minister van Behuising, Bonginkosi Madikizela gesê het dat 'n terugvoer vergadering met die gemeenskap, wat vir volgende Donderdag geskeduleer is, uitgestel moet word. Inwoners is ongelukkig oor die gebrek aan dienslewering in die gebied. Tanya Krause doen verslag.

  • Het ons 'n handves vir taalregte nodig?
    Het ons 'n handves vir taalregte nodig?
    Saterdag 16 Junie 2018

    Die ATKV het pas 'n taalsimposium aangebied om kwessies te bespreek wat in ag geneem behoort te word indien 'n handves van taalregte vir Suid-Afrika saamgestel sou word. Verskeie rolspelers wat betrokke is by taalregte het aan die gesprek deelgeneem. Die taalaktivis en prokureur Cerneels Lourens, het aan die einde van die simposium sy voorstel oor hoe so 'n beleid kan lyk, bekend gestel. Dit is saamgestel uit sy ervaring van taalkwessies uit 15 van sy vorige sake. Marlinée Fouché was daar...

  • Motorrubriek
    Motorrubriek
    Saterdag 16 Junie 2018

    In sy weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Toyota Prado...