Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • ONS DIEN DIE MENSDOM deur Christelle van Tonder
    ONS DIEN DIE MENSDOM deur Christelle van Tonder
    Donderdag 23 Maart 2017

    Dr. Imtiaz Sooliman het 25 jaar gelede n organisasie gestig, wat tot op hede meer as R2 miljard se noodlenigingshulp aan 42 lande gegee het. Gift of the Givers is n nie-regeringsorganisasie wat 21 projekte bestuur, van gesondheid, opvoeding en lewensvaardighede tot voedingsprogramme en werkskepping.

  • DIE HART VAN MY HUIS deur Jacqui January
    DIE HART VAN MY HUIS deur Jacqui January
    Donderdag 16 Maart 2017

    Jozi, Egoli, Goudstad... Na al die jare is Johannesburg steeds n plek waar duisende mense hulle rykdom kom soek. Jacqui January fokus op n groepie jongmense by n organisasie in die middestad. Di jongmense se hoofdoel is om met n positiewe houding, uitreikwerk in die middestad te doen.

  • TWEE PASIËNTE deur Marí Hudson
    TWEE PASIËNTE deur Marí Hudson
    Donderdag 9 Maart 2017

    Elke dag word daar in staat- en private hospitale honderde operasies gedoen. Pasinte word hospitaalnommers, maar Mar Hudson neem jou op n kort reis van drie dae saam met twee pasinte van opname tot die dag n die operasie. Die twee pasinte is nie familie van mekaar nie, maar het tog iets gemeen.

  • JAN POHL: 'N 100-JAAR GOUD deur Johan Rademan
    JAN POHL: 'N 100-JAAR GOUD deur Johan Rademan
    Donderdag 2 Maart 2017

    Daar onder in die vlei stap n mannetjie, hy is so klein en so skraal. Hy dra n ou klein koffiekannetjie en stap na die werk vir die hondertste maal. Jan Pohl sou vanjaar 100 jaar oud gewees het. Hy is op 80-jarige ouderdom oorlede in Phillipolis waar hy en sy vrou gaan aftree het. Sy is nou 88 en woon steeds daar.

  • DIE VRYSTELLING VAN DIE SLAWE deur Chris Swanepoel
    DIE VRYSTELLING VAN DIE SLAWE deur Chris Swanepoel
    Donderdag 23 Februarie 2017

    Volgens Britse wetgewing is alle slawe aan die Kaap op 1 Desember 1834 vrygestel, maar hulle moes vir vier jaar as inboekelinge by hulle voormalige eienaars aanbly om hulle op vryheid voor te berei. Die datum is met groot opgewondenheid deur die vrygestelde slawe afgewag. Daarenteen het dit groot onsekerheid by die koloniste gewek amper soos wat baie Suid-Afrikaners in 1994 ervaar het. En toe die dag uiteindelik aanbreek, het daar iets gebeur wat baie mense as n teken uit die hemel gesien het, hoewel die koloniste en die vrygestelde slawe nie dieselfde betekenis daaraan geheg het nie. Chris Swanepoel probeer meer lig werp op hierdie lotsbepalende gebeurtenis in Suid-Afrika se geskiedenis.

  • SHAYGAM VAN HANGBERG: DIEREREDDER deur Martelize Brink
    SHAYGAM VAN HANGBERG: DIEREREDDER deur Martelize Brink
    Donderdag 16 Februarie 2017

    Teen die hange van Hangberg in Houtbaai het die 23-jarige diereredder, Shaygam Newman, n plek van veiligheid geskep vir diere, wat soos hy, eens op n tyd in die lewe tweede gekom het.

  • CONRAD THEYS: LAASTE KAAPSE IMPRESSIONIS deur Johan van Lill
    CONRAD THEYS: LAASTE KAAPSE IMPRESSIONIS deur Johan van Lill
    Donderdag 2 Februarie 2017

    Conrad Theys staan bekend as een van die laaste Kaapse impressioniste. Johan van Lill het by hom in sy huis in Bellville-Suid gaan kuier. Hierdie geliefde Suid-Afrikaanse kunstenaar is al met vele pryse vir sy skilderwerk vereer, onder meer n eredoktorsgraad, n medalje van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en onlangs die Suidoosterfees en die ATKV se toekenning vir n lewensbydrae in kuns.

  • DIE LUXORAMA deur Johan van Lill
    DIE LUXORAMA deur Johan van Lill
    Donderdag 26 Januarie 2017

    Johan van Lill bring hulde aan die gewilde en omstrede Luxurama-teater in Wynberg in die Kaap. Soveel Kaapse kunstenaars wat later groot internasionale name sou word, se loopbane het in hierdie teater begin. Giempie Vardien, Terry Fortune en Terry Hector Smith het almal van jongs af in die Luxurama opgetree en deel hulle herrinneringe van hierdie teater.

  • CALITZDORP SE MENSE deur Haidee Muller
    CALITZDORP SE MENSE deur Haidee Muller
    Donderdag 19 Januarie 2017

    Haide ry altyd deur Calitzdorp om by haar tuisdorp, Oudtshoorn, uit te kom. Sy het altyd gewonder oor die mense hier - wat hulle doen en wie hulle is? Sy maak toe n draai op die dorpie, wat onder inwoners as die Port-hoofstad bekendstaan. Ander verwys ook na die dorp as Kallieklip. Haidee het n hele paar mense se stories gehoor, en vertel vir ons meer van plaasboer Klokkie, die taxi-man met die rastalokke, Neale Coetzee, en 'n hele spul ander kleurryke mense wat op hierdie klein Karoordorpie woon.

  • THANDI KLAASEN 1931 - 2017 deur Johan Rademan
    THANDI KLAASEN 1931 - 2017 deur Johan Rademan
    Donderdag 19 Januarie 2017

    Johan Rademan was in 2006 bevoorreg om n spesiale aand tydens die Kanasiefees in Canmore, Kanada, in die geselskap van Thandi Klaasen en haar dogter Lorrainne deur te bring. Sy het juis die The Woman of Distinction Award sewe jaar tevore in Kananda ontvang vir 50 jaar se werk in die bedryf. Haar dogter Lorrainne het uit Montreal, waar sy meer as 35 jaar lank al bly, kom kuier. Lorrainne is self n gerekende sanger in Kanada en het in 2014 as liedjieskrywer-sanger die 2014 Montreal SOCAN-toekenning in die kategorie wreldmusiek verower. Karen Zoid, Randall Wicomb en Thys die Bosveldklong was ook by die huispartytjie waar hulle van Kanadese yswyn tot Suid-Afrikaanse Pinotage geniet het. Hoe later hoe kwater. Langarm en sokkie met Lorraine en Thandi en toe die mikrofoon en n meesleurende verhaal van geloof en ongeloof wat vertel word deur Thandi en Lorrainne ten aanhore van Suid-Afrikaners wat in die simbole van biltong en braaivleis saamgeluister het. Verbeel jou jys daar tussen die sederhoutbome in 'n gesofistikeerde houthuis in Canmore aan die voet van die Rockies net buite die vakansiedorp, Banff, met die Bowrivier wat diepblou deur die voormalige steenkoolmyndorpie vloei. Die De Wets, sielkundige en mediese-dokter-egpaar, het sag gestoomde salm op die spyskaart, en die lieflike soet tongval van Suid-Afrika is by hulle en nou ook by jou...