Nou op die lug

Deurnag (Saterdag)

00:00-05:00

Empty

Interaktief

Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • Vers en klank 10 Desember 2019
    Vers en klank 10 Desember 2019
    Dinsdag 10 Desember 2019

    Die digter en sangeres, dosent en woordswerwer, Jolyn Phillips, gesels oor haar debuutbundel, Radbraak, wat in 2017 verskyn het en vanjaar benoem is vir die Ingrid Jonker-prys. Volgens die bekroonde digter, Petra Müller, is Radbraak 'n klein aardbewing van 'n bundel, en dat die digter die engel in die klip beet het. Phillips is 'n jong stem in Afrikaans wat gehoor móét word. Jy kan ook uitsien na 'n hele paar snitte waar Jolyn van haar verse voorlees, en Riku Lätti die agtergrondmusiek maak.

  • Vers en klank 26 November 2019
    Vers en klank 26 November 2019
    Dinsdag 26 November 2019

    Digter Pieter Hugo gesels oor sy debuutbundel, Alchemie van my muse, wat vanjaar verskyn het. Fanie Olivier skryf oor hierdie bundel: "Dis 'n opwindende debuut van 'n alchemis wat sy vak ken, met 'n ongewone oog dinge raaksien, en met taal kan werk. Wat die lewe takseer met ironie en deernis." Jy kan uitsien na 'n hele paar snitte waar Pieter van sy verse voorlees, en Rikü Latti die agtergrondmusiek maak.

  • Vers en klank 19 November 2019
    Vers en klank 19 November 2019
    Dinsdag 19 November 2019

    Die musiekpaar, Coffee Snobs, en die bekroonde skrywer en digter, Riana Scheepers, neem jou op 'n liriese reis. Die reis van vers na liriek wys op 'n opwindende manier hoe tradisionele digvorme deur musikale verwerking nuwe dimensies van skoonheid, ontroering en verwondering verkry. Jy kry die geleentheid om snitte uit hulle produksie, Donkernagpantoen, te hoor, wat nog net op enkele verhoë te sien was.

  • Vers en klank 12 November 2019
    Vers en klank 12 November 2019
    Dinsdag 12 November 2019

    Christo van der Westhuizen gesels oor en lees gedigte voor uit sy nuwe debuutbundel Chrisalis. Daniel Hugo skryf: "Chrisalis is die indrukwekkende debuut van 'n digter wie se taal- en versvernuf die leser meevoer en meermale ook ontroer. Die grens tussen teks en werklikheid word telkens getoets." Christo vertel van sy nege-tot-vyf-werk, die lewe en die dinge wat hom diep raak, só diep raak dat hy nie anders kan as om daaroor verse te maak nie.

  • Vers en klank 5 November 2019
    Vers en klank 5 November 2019
    Dinsdag 5 November 2019

    Die skrywer en digter, musikant, videograaf, fotograaf en klankingenieur Willem S. van der Merwe gesels oor en lees gedigte voor uit sy nuwe bundel, Nuwe Vrese. Daniel Hugo skryf: "Van der Merwe is die troebadoer van die triestigheid, die hofnar van die huwelik, die digter van die droefheid en deernis, die filosoof van die suburbs, die bedrewe goëlaar met beeldspraak en meerduidigheid, die slinkse smokkelaar met intertekste. Ou vrese word besweer en nuwes sinies en liries besing." Willem vertel van homself, sy bundel, sy lewe in Taiwan, en hy en sy musikantvriend, Craig Vee, gee 'n spesiale uitvoering van verse en klanke.

  • Vers en klank 29 Oktober 2019
    Vers en klank 29 Oktober 2019
    Dinsdag 29 Oktober 2019

    Luister na gedigte uit 'n nuwe bundel, Vandag is boordensvol - Pablo Neruda in Afrikaans, vertaal deur De Waal Venter. Dis onlangs uitgegee deur Naledi. Charl-Pierre Naudé skryf: "Die Afrikaanse gevoels- en dinkwêreld word met hierdie bundel vertalings eindeloos verruim." Nic de Jager lees van Neruda se mooiste vertaalde gedigte voor.

  • Vers en klank 22 Oktober 2019
    Vers en klank 22 Oktober 2019
    Dinsdag 22 Oktober 2019

    Pieter van Zyl lees gedigte oor TYD EN EWIGHEID deur Nini Bennett, Wilma Stockenström, Daniel Hugo, Clinton V. du Plessis, Jan de Bruyn, Cas Vos en Corné Coetzee.

  • Vers en klank 15 Oktober 2019
    Vers en klank 15 Oktober 2019
    Dinsdag 15 Oktober 2019

    Susanne Beyers lees verse oor die landskap van die Karoo. Daar is gedigte van D.J. Opperman, NP van Wyk Louw, Lou-Ann Stone, Sydda Essop, Dolf van Niekerk, Breyten Breytenbach, Louis Esterhuizen, Cas Vos, Corlia Fourie en Ernst van Heerden.

  • Vers en klank 8 Oktober 2019
    Vers en klank 8 Oktober 2019
    Dinsdag 8 Oktober 2019

    Wêreld Sigdag word hierdie week gevier, en ons luister na gedigte wat gaan oor oë en om te kan sien, of nie te kan sien nie. Lise-Mari van Wyk, 'n neëntienjarige blinde vrou, lees die verse (in braille) voor. Jy kan uitsien na gedigte van Petra Müller, Sheila Cussons, Lina Spies, Cas Vos, Zandra Bezuidenhout en Wilma Stockenström.

  • Vers en klank 1 Oktober 2019
    Vers en klank 1 Oktober 2019
    Dinsdag 1 Oktober 2019

    Luister na gedigte oor die omgewing en die mens se ekologiese voetspoor, in die gees van Sint Franciscusdag. Charlton George is die voorleser van gedigte deur Cas Vos, Pieter Odendaal, Elisabeth Eybers, Eveleen Castelyn en Wilma Stockenström.