Ooggetuie Foto's en Video's

VideoDschingis Khan

Met die węreldbekersokker om die draai het ek 'n interessante Suid Afrikaanse inset. My ma se broer Louis Hendrik Potgieter wat in Benoni grootgeword het, het in die 1970's Switzerland toe gegaan as ballet danser. Daar het Ralph Siegel, 'n duitse platebaas my oom se talent raak gesien en hom gewerf vir n musiekgroep Dschingis Khan. Dit was die selfde tipe "shows" soos ABBA. Hulle was en is nou nog groot in Europa en węreldwyd. Hulle was selfs deel van die Eurovision kompetisie in 1979. Elk geval daar's 'n lang geskiedenis, maar 'n joernalis het my ma gekontak om te sę dat die groep se een liedjie gekies is vir die advertensies van die węreldsokker EN dit gaan gespeel word by die opening van die węreldsokker. Dit is nou 'n Jay Kahn wat dit gaan sing in verskillende tale, maar my oom verskyn op die skerms met die oorspronklike dans. Gedink dis nogal wonderlike dat ietsie en iemand van Suid Afrika so ongesiens gaan deel wees van so groot affęre! Die oorspronklike liedjie van 1979: My oom is die hoofdanser

twitter facebook
Datum:
14 Junie 2018
Sender:
Allie
Kategorie:
RSG Programme
Gesien:
7851
Gradering: