Ooggetuie Foto's en Videos

Hulp met Foto's en Videos

Hoe om hierdie webwerf te gebruik

Hoe om 'n foto op te laai

Stap 1: Voor jy 'n foto oplaai, moet jy seker maak dat:

  1. Dit nie ons Aanvaarbare gebruiksriglyne oortree nie.
  2. Dit kleiner as 300kb is.
  3. Dit in JPG-formaat is.

Stap 2: Gaan na die afdeling in Ooggetuie wat Stuur jou foto´s/videos genoem word.

Stap 3: Vul jou naam en kontakbesonderhede in soos versoek.

Stap 4: In die aftuimellys langs TIPE, kies Foto.

Stap 5: Jy sal dan 'n afdeling sien wat sê

Stap 6: Klik op Browse, en dit sal jou rekenaar se leêrstruktuur wys.

Step 6

Stap 7: Kies die foto wat jy wil oplaai en klik OPEN. Dit sal die foto outomaties oplaai.

Step 7

Stap 8: Kies 'n kategorie in die aftuimellys. As daar nie 'n kategorie is wat jou foto beskryf nie, kies ANDER en dui aan in die byskrifblokkie onder watter kategorie jy die foto wil plaas. As dit aanvaarbaar is, sal die Ooggetuie-redakteurs die kategorie skep, andersinds sal dit in ´n toepaslike kategorie geplaas word.

Stap 9: Tik 'n opskrif vir jou foto in die TITEL-blokkie.

Stap 10: Gee 'n kort beskrywing van jou foto in die BYSKRIF-blokkie.

Stap 11: Tik die kontrolenommer in wat gegee word en klik op DIEN IN. Jou foto is nou aan die Ooggetuie-span gestuur. Hulle sal dit nagaan en seker maak dat dit nie ons Aanvaarbare gebruiksriglyne oortee nie. As hulle tevrede is daarmee, sal hulle dit op die webwerf publiseer.

Hoe om ´n video op te laai

Stap 1: Ons maak van Youtube.com gebruik om ons videos te stoor. Jy moet na Youtube.com gaan en jou video daar oplaai. As jy hulp nodig het om jou video op te laai, gaan na Youtube se hulpafdeling. Maak asb. seker dat jou video voldoen aan ons Aanvaarbare gebruiksriglyne voor jy dit oplaai.

Stap 2: Nadat jy jou video by YouTube opgelaai het, sal jy regs van die video 'n afdeling sien wat 'n URL (webadres) van die video bevat. Kopieer hierdie URL, en gaan na die afdeling in Ooggetuie wat Stuur jou foto´s/videos genoem word.

Step 2

Stap 3: Vul jou naam en kontakbesonderhede in soos versoek.

Stap 4: In die aftuimellys langs TIPE, kies Video. Daar sal dan 'n blokkie verskyn wat URL genoem word. Klik hier en plak die URL in wat jy op Youtube gekopieer het.

Stap 5: Kies 'n kategorie in die aftuimellys. As daar nie 'n kategorie is wat jou video beskryf nie, kies ANDER en dui aan in die byskrifblokkie onder watter kategorie jy die video wil plaas. As dit aanvaarbaar is, sal die Ooggetuie-redakteurs die kategorie skep, andersinds sal dit in 'n toepaslike kategorie geplaas word.

Step 5

Stap 6: Tik 'n opskrif vir jou video in die TITEL-blokkie.

Stap 7: Gee 'n kort beskrywing van jou video in die BYSKRIF-blokkie.

Stap 8: Tik die kontrolenommer in wat gegee word en klik op DIEN IN. Jou foto is nou aan die Ooggetuie-span gestuur. Hulle sal dit nagaan en seker maak dat dit nie ons Aanvaarbare gebruiksriglyne oortee nie. As hulle tevrede is daarmee, sal hulle dit op die webwerf publiseer.

Het jy probleme om jou video op te laai? Kontak ons