 |
| Nuusbulletins |
|
 |
|
 |
|
3 September 2010 |
| Kies
'n ander dag
|
RSG saai elke dag tot soveel as 18 nuusbulletins
uit. Klik op die betrokke uur hieronder om daardie
spesifieke bulletin te lees.
|
| 10:00 |
|
Die Metaalwerkersvakbond, NUMSA wat sowat 70-duisend werkers by vulstasies, werkswinkels en die motor en onderdelebedrywe het, gaan vanoggend 'n protesoptog in Durban hou. Die vakbond sê dit word gedoen om groter druk op die motorbedryf te plaas om aan werkers se voorwaardes en salarisse te voldoen. Vyf-duisend werkers sal by die standbeeld van koning Dinizulu byeenkom vanwaar hulle deur die strate van Durban sal beweeg. Die vakbond sê in 'n verklaring dat die optog gehou word te midde van inhegtenisnemings en teistering van sy lede deur die polisie.
Die Vrystaatse departement van Gesondheid het sy kommer uitgespreek oor die toename in intimidasie teen gesondheidsdienswerkers in die provinsie. Die departement sê dat van sy personeel in sommige gebiede onder beleg is. Die LUR, Sisi Mabe sê die departement is weens die diskriminasie van sy werkers genoodsaak om sy eie veiligheidsones by sekere gesondheidsgeriewe te skep. Sy het die pogings van personeellede en vrywilligers geloof wat voortgaan om dienste aan siekes te verskaf. Mabe het personeel wat kollegas intimideer gewaarsku dat hulle vervolg sal word.
Die kragtigste orkaan sover vanjaar in die Atlantiese seisoen, sal waarskynlik binne die volgende paar uur naby die ooskus van Amerika verbybeweeg. Meer as honderdduisend inwoners is aangesê om hul huise te ontruim. Corey Walton van die Orkaansentrum in Miami sê daar word nie in dié stadium verwag dat die orkaan die land sal bereik nie, maar die gevolge sal wyd gevoel word.
Die Wêreldbank het sy bystand met die oorstromings in Pakistan tot bykans tien miljard rand opgestoot. Die Internasionale Monetêre Fonds het op sy beurt meer as drie miljard rand aan onmiddellike noodfinansiering toegestaan. Die Internasionale Rooikruis het vroeër gewaarsku dat mense begin desperaat raak en al hoe meer vyandig teenoor hulpwerkers word.
Die Zimbabwiese krieketspan sal twee Standard Bank Pro20 internasionale wedstryde in Suid-Afrika teen die Proteas speel gevolg deur drie MTN eendagwedstryde teen dieselfde teenstanders. Die toer sal in die eerste week van aanstaande maand plaasvind. Die Proteas se span is met die uitsondering van AB deVilliers,voltallig. De Villiers het 'n enkelbesering en Wayne Parnell het 'n liesbesering.
|
 |
| 09:00 |
|
Die Vrystaatse departement van Gesondheid het sy kommer uitgespreek oor die toename in intimidasie teen gesondheidsdienswerkers in die provinsie. Die departement sê dat van sy personeel in sommige gebiede onder beleg is. Die LUR, Sisi Mabe sê die departement is weens die diskriminasie van sy werkers genoodsaak om sy eie veiligheidsones by sekere gesondheidsgeriewe te skep. Sy het die pogings van personeellede en vrywilligers geloof wat voortgaan om dienste aan siekes te verskaf. Mabe het personeel wat kollegas intimideer gewaarsku dat hulle vervolg sal word.
Die maatskappye Richard Bay Minerals, of RBM - 'n gesamentlike onderneming tussen Rio Tinto ern BHP Billiton - het 'n finale loonooreenkoms met werkers bereik om die weeklange staking te beëindig. Volle produksie sal vandag hervat word. RBM sê hy het met die NUM ingestem tot 'n verhoging van agt persent vir 2010 en sewe persent vir 2011 en 2012. Suid-Afrika is die afgelope tyd geteister deur 'n vlaag stakings in die privaat en die openbare sektore. Dit het gelei tot skikkings bó die inflasiekoers en vrese dat die lewenskoste kan styg. Die land se inflasiekoers het in Julie tot sy laagste vlak in vier jaar van drie-komma-sewe persent gedaal.
Die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Maite Nkoana-Mashabane, sê een van die voordele van die onlangse besoek aan Sjina is 'n nuwe beleid van "Veredeling op die Terrein". Dit beteken dat Sjina nie meer minerale sal ontgin en dit in die buiteland verwerk nie. Die handelstekort tussen die twee lande staan op tien miljard rand, iets wat die regering volgens die minister wil verander. Nkoana-Mashabane sê Sjina streef daarna om meer omgewingsvriendelik te wees en het hom verbind tot die verwerking van Suid-Afrikaanse materiale binne die land self.
Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Hillary Clinton, het Israel en die Palestyne geloof vir hulle moed om in Amerika samesprekings te voer. Die regstreekse gesprek tussen die Israelse premier, Benjamin Netanyahu en die Palestyne president, Mahmoed Abbas, is die eerste in 'n reeks wat oor 'n jaar tot 'n vredesooreenkoms kan lei. Clinton het so gereageer....
KLANK
[215KB]
Die Wêreldbank het sy bystand met die oorstromings in Pakistan tot bykans tien miljard rand opgestoot. Die Internasionale Monetêre Fonds het op sy beurt meer as drie miljard rand aan onmiddellike noodfinansiering toegestaan. Die Internasionale Rooikruis het vroeër gewaarsku dat mense begin desperaat raak en al hoe meer vyandig teenoor hulpwerkers word.
Die Internasionale Krieketraad het bekendgemaak dat hy drie krieketspelers van Pakistan oor knoeiery aangekla het. Hulle is onder die raad se anti-korrupsie gedragskode aangekla en is voorlopig uit alle krieket geskors. Die spelers is Salman Butt, Mohammed Amir en Mohammed Asif. Hulle moet binne 14 dae op die aanklagte reageer. Die IKR se aanklagte volg op die spelers se aankondiging gister dat hulle hul onttrek aan die toer deur Engeland.
Die Zimbabwiese krieketspan sal twee Standard Bank Pro20 internasionale wedstryde in Suid-Afrika teen die Proteas speel gevolg deur drie MTN eendagwedstryde teen dieselfde teenstanders. Die toer sal in die eerste week van aanstaande maand plaasvind. Die Proteas se span is met die uitsondering van AB deVilliers,voltallig. De Villiers het 'n enkelbesering en Wayne Parnell het 'n liesbesering.
|
 |
| 08:00 |
|
Die maatskappye Richard Bay Minerals, of RBM - 'n gesamentlike onderneming tussen Rio Tinto ern BHP Billiton - het 'n finale loonooreenkoms met werkers bereik om die weeklange staking te beëindig. Volle produksie sal vandag hervat word. RBM sê hy het met die NUM ingestem tot 'n verhoging van agt persent vir 2010 en sewe persent vir 2011 en 2012. Suid-Afrika is die afgelope tyd geteister deur 'n vlaag stakings in die privaat en die openbare sektore. Dit het gelei tot skikkings bó die inflasiekoers en vrese dat die lewenskoste kan styg. Die land se inflasiekoers het in Julie tot sy laagste vlak in vier jaar van drie-komma-sewe persent gedaal.
Die Regering sal eers amptelik Maandag weet of staatsdiensvakbonde sy jongste loonaanbod aanvaar het of nie. Die vakbonde sê hulle sal samesprekings met die regering voer om hulle standpunte duidelik te maak. Die Minister van die Staatsdiens en Administrasie, Richard Baloyi, het vroeër herhaal dat werkers volgens sy inligting nie die aanbod verwerp het nie. Die regering se aanbod is sewe-komma-vyf persent en 'n huistoelaag van 800 rand. Staatsdiensvakbonde eis agt-komma-ses persent en 'n duisend rand vir behuising per maand. Baloyi sê die regering is optimisties dat die nuwe aanbod hulle sal laat vorder. Hy het benadruk dat die aanbod nie hersien sal word nie.
Die president van die Reserwebank, Gill Marcus, sê toenemende buitelandse eienaarskap van plaaslike banke skep risiko's in die ekonomie. Marcus het op 'n seminaar by die Universiteit van Johannesburg gesê terwyl buitelandse eienaarskap geleenthede vir plaaslike banke kan skep, kan dit ook sake ingewikkeld maak. Nedbank is die jongste bank wat deur buitelanders oorgeneem gaan word, ná Absa en Standard Bank. Marcus verduidelik...
KLANK
[303KB]
Die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Maite Nkoana-Mashabane, sê een van die voordele van die onlangse besoek aan Sjina is 'n nuwe beleid van "Veredeling op die Terrein". Dit beteken dat Sjina nie meer minerale sal ontgin en dit in die buiteland verwerk nie. Die handelstekort tussen die twee lande staan op tien miljard rand, iets wat die regering volgens die minister wil verander. Nkoana-Mashabane sê Sjina streef daarna om meer omgewingsvriendelik te wees en het hom verbind tot die verwerking van Suid-Afrikaanse materiale binne die land self.
Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Hillary Clinton, het Israel en die Palestyne geloof vir hulle moed om in Amerika samesprekings te voer. Die regstreekse gesprek tussen die Israelse premier, Benjamin Netanyahu en die Palestyne president, Mahmoed Abbas, is die eerste in 'n reeks wat oor 'n jaar tot 'n vredesooreenkoms kan lei. Clinton het so gereageer...
KLANK
[215KB]
FIFA het die sokkerwêreldbekerkampioen, Spanje, lof toegeswaai in sy amptelike ontleding van die 2010 toernooi, maar sê Afrika lande het hul kanse op eie bodem verspeel deur buitelandse afrigters aan te stel. In die verslag word doelwagters gekritiseer vir onverskoonbare spel, terwyl foute van skeidsregters - wat sommige spanne uit die toernooi geskakel het - hoofsaaklik oorgesien is. FIFA sê talle spelers was ná lang sokker-seisoene waarskynlik te moeg vir die hoogtepunt op die sokkerkalender. FIFA raadgewers sê oor die algemeen het talle spanne - insluitend Suid-Afrika - gely onder die hoë verwagtinge wat aan hulle gestel is. Die wêreldsokkerliggaam het 'n span ervare afrigters en voormalige spelers aangestel om die 64 wedstryde te ontleed vir taktiek, die jongste neigings en algemene waarnemings.
|
 |
| 07:00 |
|
Die Regering sal eers amptelik Maandag weet of staatsdiensvakbonde sy jongste loonaanbod aanvaar het of nie. Die vakbonde sê hulle sal samesprekings met die regering voer om hulle standpunte duidelik te maak. Die Minister van die Staatsdiens en Administrasie, Richard Baloyi, het vroeër herhaal dat werkers volgens sy inligting nie die aanbod verwerp het nie. Die regering se aanbod is sewe-komma-vyf persent en 'n huistoelaag van 800 rand. Staatsdiensvakbonde eis agt-komma-ses persent en 'n duisend rand vir behuising per maand. Baloyi sê die regering is optimisties dat die nuwe aanbod hulle sal laat vorder. Hy het benadruk dat die aanbod nie hersien sal word nie.
Die president van die Reserwebank, Gill Marcus, sê toenemende buitelandse eienaarskap van plaaslike banke skep risiko's in die ekonomie. Marcus het op 'n seminaar by die Universiteit van Johannesburg gesê terwyl buitelandse eienaarskap geleenthede vir plaaslike banke kan skep, kan dit ook sake ingewikkeld maak. Nedbank is die jongste bank wat deur buitelanders oorgeneem gaan word, ná Absa en Standard Bank.
Die Suid-Afrikaanse Padfederasie sê die regering se onvermoë om vervoerbeleid te implementeer wat gemik is op die beheer van swak padgedrag, is 'n groot bydraende faktor tot swaarvoertuig-ongelukke. Die federasie se president, Mutshutshu Nxcumalo, sê gewetenlose operateurs en swak bestuurders veroorsaak steeds chaos op die land se paaie. Hy sê die regering behoort 'n vereenvoudigde Padvervoergehaltestelsel in gebruik te neem. Volgens die Padvervoerbestuurskorporasie is daar in 2009 bevind dat 117-duisend-403 ligte voertuie en 54-duisend swaarvoertuie onpadwaardig of ongelisensieerd was.
Die DA se hoofsweep, Ian Davidson, sê hulle sal gelei word deur die party se proses na die gedrag van die DA LP, Salomon van Dyk, wat volgens inligting die meeste geld vir vervoerkoste geëis het. Volgens die OD-leier, Patricia de Lille se inligting het hy die afgelope jaar byna 300-duisend rand vir sy reise tussen Kaapstad en Pretoria geëis. Davidson sê die party sal Van Dyk geleentheid gee om sy kant van die saak te stel.
FIFA het die sokkerwêreldbekerkampioen, Spanje, lof toegeswaai in sy amptelike ontleding van die 2010 toernooi, maar sê Afrika lande het hul kanse op eie bodem verspeel deur buitelandse afrigters aan te stel. In die verslag word doelwagters gekritiseer vir onverskoonbare spel, terwyl foute van skeidsregters - wat sommige spanne uit die toernooi geskakel het - hoofsaaklik oorgesien is. FIFA sê talle spelers was ná lang sokker-seisoene waarskynlik te moeg vir die hoogtepunt op die sokkerkalender. FIFA raadgewers sê oor die algemeen het talle spanne - insluitend Suid-Afrika - gely onder die hoë verwagtinge wat aan hulle gestel is. Die wêreldsokkerliggaam het 'n span ervare afrigters en voormalige spelers aangestel om die 64 wedstryde te ontleed vir taktiek, die jongste neigings en algemene waarnemings.
Vroue-hokkie: Al gisteraand se geskeduleerde wedstryde in die vroue-wêreldbeker in Argentinië, is uitgestel nadat die veld deur swaar reën oorstroom is. Suid-Afrika sou teen Sjina speel, Engeland teen Suid-Korea en Spanje teen Argentinië. Dit is na vandag verskuif, maar die toernooi-direkteur, Sheila Brown, sê die weervooruitsigte lyk nog steeds nie goed vir hokkie nie. Indië moet vandag teen Duitsland speel, Australië teen Nederland en Japan teen Nieu-Seeland.
|
 |
| 06:00 |
|
Die Regering sal eers amptelik Maandag weet of staatsdiensvakbonde sy jongste loonaanbod aanvaar het of nie. Die vakbonde sê hulle sal samesprekings met die regering voer om hulle standpunte duidelik te maak. Die Minister van die Staatsdiens en Administrasie, Richard Baloyi, het vroeër herhaal dat werkers volgens sy inligting nie die aanbod verwerp het nie. Die regering se aanbod is sewe-komma-vyf persent en 'n huistoelaag van 800 rand. Staatsdiensvakbonde eis agt-komma-ses persent en 'n duisend rand vir behuising per maand. Baloyi sê die regering is optimisties dat die nuwe aanbod hulle sal laat vorder. Hy het benadruk dat die aanbod nie hersien sal word nie.
Die Suid-Afrikaanse Padfederasie sê die regering se onvermoë om vervoerbeleid te implementeer wat gemik is op die beheer van swak padgedrag, is 'n groot bydraende faktor tot swaarvoertuig-ongelukke. Die federasie se president, Mutshutshu Nxcumalo, sê gewetenlose operateurs en swak bestuurders veroorsaak steeds chaos op die land se paaie. Hy sê die regering behoort 'n vereenvoudigde Padvervoergehaltestelsel in gebruik te neem. Volgens die Padvervoerbestuurskorporasie is daar in 2009 bevind dat 117-duisend-403 ligte voertuie en 54-duisend swaarvoertuie onpadwaardig of ongelisensieerd was.
Die visekanselier van die Universiteit van Kaapstad, Max Price, sê indien daar maniere gevind kan word om voornemende studente te evalueer op grond van geleenthede wat hulle tydens hul skoolloopbaan gehad het, kan daar weggedoen word met ras as maatstaf. Price het vroeër gesê hulle sal nog drie jaar lank voortgaan met hul rasgegronde toelatingsbeleid vir die Mediese Fakulteit. Hy het tydens 'n debat op die kampus oor universiteitsbeleid gepraat. In dié stadium moet wit studente minstens 80 persent vir geletterdheid en wiskunde hê om toelating te kry, terwyl swart studente 50 persent moet hê.
Die OD-leier, Patricia de Lille, het sekere Parlementslede daarvan beskuldig dat hulle 'n wins maak wanneer hulle per motor tussen Kaapstad en hulle kiesafdelings reis. Dit volg ná haar onthulling van reis-eise deur LP's wat verkies om hulle motors eerder as vliegtuie te gebruik en dan van die Parlement terugeis. De Lille sê hoewel die eise wettig is, is sy van mening dat dit immoreel is vir lede om van duur metodes van vervoer gebruik te maak. Volgens De Lille is daar veral een LP wat bykans 300-duisend rand in die laaste geldjaar geëis het.
Die Departement van Arbeid het 'n koshuis by die Hoërskool Reivilo naby Taung in Noordwes gesluit. Die Departement sê die koshuis wat meer as 200 leerders huisves, is gesluit omdat die gesondheids-en veiligheidmaatreëls nie op standaard is nie. 'n Woordvoerder van die Departement, Orpa Mathabe, sê die kamers was baie vuil, van die badkamerpype is verstop en daar is oop elektriese verbindings in die gebou.
Vroue-hokkie: Al gisteraand se geskeduleerde wedstryde in die vroue-wêreldbeker in Argentinië, is uitgestel nadat die veld deur swaar reën oorstroom is. Suid-Afrika sou teen Sjina speel, Engeland teen Suid-Korea en Spanje teen Argentinië. Dit is na vandag verskuif, maar die toernooi-direkteur, Sheila Brown, sê die weervooruitsigte lyk nog steeds nie goed vir hokkie nie. Indië moet vandag teen Duitsland speel, Australië teen Nederland en Japan teen Nieu-Seeland.
|
 |
| 05:00 |
|
Staatsdiensvakbonde sal Maandag met die regering vergader om hul standpunt oor die jongste loonaanbod duidelik te maak. Die polisievakbond POPCRU is die jongste wat die regering se aanbod verwerp het. Cosatu is vasbeslote dat die staatsdiensstaking sal voortgaan totdat die onderskeie party raakpunte kry. Baie van Cosatu se filiale het reeds bevestig dat hulle die regering se aanbod van sewe-komma-vyf persent en behuisingstoelaag van 800 rand verwerp. Die Onafhanklike Arbeidskoukus sê egter hy is nog steeds in gesprek met die lede. Die vakbonde het by die Staatsdiens se Bedingingsraad in Centurion vergader om oor hulle mandate te praat.
Die LUR vir Gesondheid in Gauteng, Sisi Mabe, sê stakende staatsamptenare teiken werkers in die provinsie se staatsklinieke. Mabe sê ondersteuningsdienste, soos wasserye, is ernstig geraak. Die vakbond NEHAWU het gevra vir die sluiting van klinieke en skole in townships. 'n Woordvoerder, Joe Mpisi, sê al die hospitale moet vandag gesluit wees en mense moet teen halfsewe reeds by versamelpunte wees. Staatsdiensvakbonde het vroeër na verskeie staatsdepartemente opgeruk om druk vir 'n beter verhoging uit te oefen.
Die visekanselier van die Universiteit van Kaapstad, Max Price, sê indien daar maniere gevind kan word om voornemende studente te evalueer op grond van geleenthede wat hulle tydens hul skoolloopbaan gehad het, kan daar weggedoen word met ras as maatstaf. Price het vroeër gesê hulle sal nog drie jaar lank voortgaan met hul rasgegronde toelatingsbeleid vir die Mediese Fakulteit. Hy het tydens 'n debat op die kampus oor universiteitsbeleid gepraat. In dié stadium moet wit studente minstens 80 persent vir geletterdheid en wiskunde hê om toelating te kry, terwyl swart studente 50 persent moet hê.
Die OD-leier, Patricia de Lille, het sekere Parlementslede daarvan beskuldig dat hulle 'n wins maak wanneer hulle per motor tussen Kaapstad en hulle kiesafdelings reis. Dit volg ná haar onthulling van reis-eise deur LP's wat verkies om hulle motors eerder as vliegtuie te gebruik en dan van die Parlement terugeis. De Lille sê hoewel die eise wettig is, is sy van mening dat dit immoreel is vir lede om van duur metodes van vervoer gebruik te maak. Volgens De Lille is daar veral een LP wat bykans 300-duisend rand in die laaste geldjaar geëis het.
Die Prokureursorde van Suid-Afrika het 'n beroep gedoen op Suid-Afrikaners - wat nie testamente het nie - om dit volgende week op te stel. 'n Landwye veldtog word van Maandag tot Vrydag gehou waartydens mense gratis testamente kan laat doen. Meer as 700 regsfirmas sal mense inlig oor waarom 'n testament nodig is en aanbied om dit vir hulle gratis op te stel. Die mede-voorsitter van die Prokureursorde, Peter Horn, sê die veldtog is deel van die organisasie se maatskaplike verantwoordelikheid. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat die veldtog gehou word.
Die Departement van Arbeid het 'n koshuis by die Hoërskool Reivilo naby Taung in Noordwes gesluit. Die Departement sê die koshuis wat meer as 200 leerders huisves, is gesluit omdat die gesondheids-en veiligheidmaatreëls nie op standaard is nie. 'n Woordvoerder van die Departement, Orpa Mathabe, sê die kamers was baie vuil, van die badkamerpype is verstop en daar is oop elektriese verbindings in die gebou.
|
 |
| 00:00 |
|
Staatsdiensvakbonde sê hulle sal Maandag met die regering vergader om hulle standpunt oor die jongste loonaanbod duidelik te maak. Die polisievakbond POPCRU is die jongste wat die regering se jongste aanbod verwerp het. Cosatu is vasbeslote dat die staatsdiensstaking sal voortgaan totdat die onderskeie party raakpunte kry. Baie van Cosatu se filiale het reeds bevestig dat hulle die regering se aanbod van sewe-komma-vyf persent en behuisingstoelaag van 800 rand verwerp het. Die Onafhanklike Arbeidskoukus sê egter hy is nog steeds in gesprek met die lede. Die vakbonde het by die Staatsdiens se Bedingingsraad in Centurion vergader om oor hulle mandate te praat.
Die LUR vir Gesondheid in Gauteng, Sisi Mabe, sê stakende staatsamptenare teiken werkers in die provinsie se staatsklinieke. Mabe sê ondersteuningsdienste soos wasserye is ernstig geraak. Die vakbond NEHAWU het gevra vir die sluiting van klinieke en skole in townships. 'n Woordvoerder, Joe Mpisi, sê al die hospitale moet môre gesluit wees en mense moet teen halfsewe reeds by versamelpunte wees. Staatsdiensvakbonde het vroeër na verskeie staatsdepartemente opgeruk om druk vir 'n beter verhoging uit te oefen.
Die visekanselier van die Universiteit van Kaapstad, Max Price, sê hulle sal nog drie jaar lank voortgaan met hul rasgegronde toelatingsbeleid tot die mediese fakulteit. Hy het op die kampus gepraat tydens 'n debat oor die universiteitsbeleid. In die stadium moet wit studente minstens 80 persent vir geletterdheid en wiskunde hê om toelating te kry, terwyl swart studente 50 persent moet hê. Price sê indien daar maniere gevind kan word om voornemende studente te evalueer op grond van geleenthede wat hulle tydens hul skoolloopbaan gehad het, kan daar weggedoen word met ras as maatstaf.
|
 |
|
|
|
|
Loslip
Vrydag, 3 September
14:00-14:45
Dis seker die lente in die lug, maar ‘n hele klompie luisteraars het laat weet hulle wil oor eerste liefde gesels. Onthou jy nog joune? Glimlag jy selfbewus daaroor? Hunker jy terug daarna, of kners jy op jou tande van selfverwyt?
|
|
Poen en Toekie
Vrydag, 3 September
18:15-18:20
Bennie en Sarie se ma beraam saam met Toekie en Sarie 'n plan, om vir Bennie en Poen te leer om nie hulle goed te laat rondlê nie en dit op te pas.
|
|
Rugby: Curriebeker
Vrydag, 3 September
19:10-21:00
Leeus teen WP in Johannesburg.
|
|
Oppiradio
Vrydag, 3 September
21:00-22:00
Regstreekse uitsending van die Gariepfees af in Kimberley met musiek deur Zinkplaat.
|
|
Rugby: Drienasies
Saterdag, 4 September
17:00-19:00
Suid-Afrika teen Australië in Bloemfontein.
|
|
Rugby: Curriebeker
Saterdag, 4 September
19:10-19:50
Eerste helfte: Blou Bulle teen Haaie op Loftus Versfeld in Pretoria.
|
|
Poen en Toekie
Saterdag, 4 September
19:50-19:55
Bennie sê uiteindlik vir sy ma hy't sy nuwe skoene verloor, maar dat hy 'n dure les geleer het, en van nou af sy goed soos goud sal oppas.
|
|
Rugby: Curriebeker
Saterdag, 4 September
20:05-21:00
Tweede helfte: Blou Bulle teen Haaie op Loftus Versfeld in Pretoria.
|
|
Sokker
Saterdag, 4 September
21:00-22:15
Suid-Afrika teen Niger by die Mbombelastadion in Nelspruit.
|
|
Die tale wat ons praat
Sondag, 5 September
11:00-11:30
Is Afrikaans regtig so ‘n duur taal om aan ons universiteite aan te bied? Waarom presteer Afrikaanse skole beter as ander skole?
|
|
Hoe verklaar jy dit?
Sondag, 5 September
11:30-12:00
Hoe werk ‘n voël se oë om byvoorbeeld sy prooi in vlug te kan vang, of onder water te kan sien?
|
|
Die legende leef voort
Sondag, 5 September
13:30-14:00
Met sy kenmerkende lang blonde hare, sy draadraam brilletjie en kitaar onder die arm, het John Denver in sy geliefde Rotsgebergte musiek gemaak wat uiteindelik oor die wêreld weerklink het in een treffer na die ander.
|
|
Leefwêreld van die Gestremde
Sondag, 5 September
14:15-14:30
Petra Burger van die Nasionale Raad vir Persone met Gestremdhede in SA vertel meer oor ‘n ondersteuningsgroep vir persone met, en ouers van kinders, met Spina Bifida.
|
|
Kruis en dwars
Sondag, 5 September
19:00-20:00
Selfmoord is nie iets waaraan baie mense dink nie. Dit is soms moeilik om enigsins te begryp wat ’n mens op so ’n punt kan bring dat jy besluit om jou eie lewe te neem.
|
|
Praat Saam
Maandag, 6 September
08:00-09:00
Wat is sensoriese intelligensie en hoe kan jou sintuie ‘n rol speel in prestasie in die werkplek?
|
| |
|