| Deur Robert Young
Hoewel Suid-Afrika die era van die uitsaaiwese eers
op 1 Julie 1924 betree het, was dit nie die eerste uitsendings
in die land nie. In 1911 het die Kaaplandse administrasie
en die Marconi-maatskappy n kontrak aangegaan
vir die oprigting van n vyf kilowattsender by
Kommetjie aan die Atlantiese kant van die Kaapse Skiereiland.
Dié sender, wat in 1912 in werking gestel is,
het n seinafstand van 400 myl in die dag en tussen
600 en 1 000 myl snags gehad. Later het ook ander uitsaaistasies
in
Johannesburg en Durban ontstaan.
 |
|
 |
| Max du Preez
gooi 'n klip innie bos |
 |
Esme Euverard |
In Kaapstad het die beplanners in September 1924 reeds
Afrikaanse programme in hulle skedule begin insluit.
Mev. Queenie Fagan het n poësieprogram aangebied,
en later ook n kinderprogram behartig, maar niemand
het ooit daaraan gedink om mev. Fagan te betaal nie.
En in Durban die hartjie van die Engelsprekende
provinsie is die eerste lesse in Afrikaans in
Januarie 1925 uitgesaai.
Maar finansiële probleme het al hierdie stasies
geknou, totdat I.W. Schlesinger in 1927 almal oorgeneem
het en die African Broadcasting Company gestig het.
Hy was baie simpatiek teenoor Afrikaans, en Afrikaanse
programme is toe ook in die aande tussen agt- en tienuur
uitgesaai, veral op Vrydagaande.
Met verloop van tyd het al hoe meer Afrikaanssprekendes
oor die radio begin opgetree, soos M.E. Rothman, Anna
Neethling-Pohl, W.A. de Klerk en
Herman Steytler. Steytler het vertel dat byklanke vir
dramas geimproviseer is. Om reën na te maak,
moes ons ertjies op n tinplaat laat val; om
wind na te maak moes n stuk seil oor n wiel
getrek word; twee halwe kalbasse is teen mekaar geklop
om perdepote na te maak; n slag van n
rottang op n kussing was n geweerskoot en
stukkies yster is teen mekaar gekap om n swaardgeveg
na te boots. Nuus, het hy gesê, is
regstreeks van die Reuterberigte af vertaal, en dit
het dikwels gebeur dat daar nie tyd was om dit voor
te berei nie.
Ander staatmakers van die vroeë Afrikaanse programme
was letterkundiges soos C.M. van den Heever, J. Du P.
Erlank, I.W. van der Merwe (Boerneef) en I.D. du Plessis.
Hester Roux, wat in 1934 met n Kinderhoekie
begin het, het vertel dat dit as so n groot
eer beskou is om uit te saai dat betaling nie as nodig
beskou is nie.
Die SAUK, wat die African Broadcasting Company oorgeneem
het, het op 1 Augustus 1936 begin uitsaai met n
diens in Engels. Op 27 Oktober
1937 is die Afrikaanse Radiodiens bekend gestel.
Radiolisensiegeld wat luisteraars in 1936 moes betaal
was £1/15/00 indien hulle binne 100 myl van n
hoofuitsaaisemtrum gewoon het; £1/5/00 vir dié
tussen 100 en 250 myl, en £1 indien jy meer as
250 myl van die sentrum was. Die eerste jaarverslag
van die Korporasie was vir die tydperk
1 Augustus 1936 tot 31 Desember 1937. Volgens die balansstaat
was die inkomste £248 271/0/3d met n surplus
van £18 814/9/2d.
Gedurende die oorlogsjare (1939-1945), was die SAUK
uiters versigtig oor wat uitgesaai is. Versoekprogramme
is gestaak omdat die moontlikheid
bestaan het dat gekodeerde boodskappe aan die vyand
en sy ondersteuners kon deurglip. Selfs Duitse musiek
is verbied. Direk na die oorlog het die Afrikaanse Radiodiens
op Saterdag 24 Oktober 1945, met die versoekprogram,
U eie keuse , begin, wat nou nog uitgesaai word.
Die eerste opname in die program was n Duitse
lied Schenkt man sich rosen in Tirol.
Op 1 Januarie 1986, word die pionierdienste, die Afrikaanse
en die Engelse Radiodiens vervang met twee nuwe radiodienste
Radio Suid-Afrika
en Radio South Africa. Radio Suid-Afrika se naam verander
later, toe dit met stereo-uitsending begin na Afrikaans
Stereo met die slagspreuk
radiosondergrense . In 1996 besluit die SAUK
dat n taalverwysing nie meer deel van n
radiostasie se naam mag wees nie, en die personeel
van Afrikaans Stereo kies die slagspreuk, radiosondergrense
as nuwe benaming.
Die begin van die Radiodrama in Afrikaans
Een van die eerste ondernemings wat aangepak is na
die totstandkoming van die Afrikaanse Radiodiens in
1937, was die uitskryf van n radiodramakompetisie.
Skrywers soos Helène Pienaar de Klerk, Anna M.
Louw, Henriette Grové en Gerhard Beukes, was
van die eerstes wat vir die radio geskryf het. Die radiodramas
van Henriette Grové is van die rypste werk wat
vir die radio geskryf is. Haar eerste stuk, Soos
gras in sy dae , is in 1950 in n kompetisie
met n prys bekroon. Later volg dramas soos Die
glasdeur , Die masker , Halte 49 ,
Demus en die goggas en Ontmoeting by Dwaaldrif
waarvoor sy met die Hertzogprys bekroon is.
Die Afrikaanse radiodrama is aan N. P. Van Wyk Louw
baie verskuldig. Hy het met begrip en nougesetheid die
probleem van skryf-vir die medium opgelos, en gaandeweg
n radiostyl en tegniek ontwikkel waarbinne
hy volkome vry en soepel kon beweeg. Sy eerste radiostuk,
Dias , is in opdrag van die SAUK geskryf en in 1949
uitgesaai. Ander dramas is Kruger breek die pad oop
, Die Held , Lewenslyn , Blomme vir die winter en
Dagboek van n soldaat.
 |
|
 |
| Opname van
n radiodrama in 1990. Paul Eilers - Regisseur,
Siegfried Mynhardt en Cobus Rousseau. |
 |
Opname van
n radiodrama |
Ander bekende skrywers wat vir die radio geskryf het,
is Chris Barnard, Dolf van Niekerk, Ampie van Straaten,
De Waal Venter en Pirow Bekker.
Bekende dramaregisseurs oor die jare was Anna Neethling-Pohl,
Truida Louw, Jan Schutte, Suzanne van Wyk, Monica Breed,
Jacques Loots, Cor Nortjé en Roelf Jacobs.
As huldeblyk aan Anna Neethling-Pohl met haar tagtigste
verjaardag, is n drama deur Robert Young opgevoer
met dié veteraan aktrise en regisseur in die
hoofrol. Dit was Ouma en die rampokkers deur
die Franse skrywer, Charl Mêtre. Op die bygaande
foto, wat tydens die voorafbespreking geneem is, is
van links na regs: Anette Engelbrecht, Bettie Kemp,
Robert Young en Anna Neethling-Pohl .
 |
|
 |
| Die diva, Marieta
Napier en Robert Young |
 |
Roelf Jacobs
en Otterjasie |
|