 |
| Luister |
 |
|
| |
|
Jy kan nou enige plek In die wêreld regstreeks
na RSG luister. RSG word met Windows Media tegnologie
uitgesaai deur ANTFARM.
Jy het of later nodig om na die klankstroom
te luister. As dit nie op jou rekenaar gelaai is nie,
of jy wil die jongste weergawe aflaai, klik op die
betrokke skakel hieronder.
As jy n Apple MAC gebruiker is, en die stroom sal Media Player oopmaak.
As jy probleme met die klankstroom ondervind, kyk in
die Help-afdeling hieronder.
Hoe om die klankstroom te speel
| - |
Sodra jy die regte weergawe van Windows Media
Player het en seker gemaak het dat embedded
controls deur jou browser toegelaat
word, klik op ! |
| - |
Die speler sal in n pop-up-venster
oopmaak. Daar sal n kort vertraging wees terwyl
dit met die netwerk skakel. Jy sal n
boodskap kry oor buffering, en sodra
dit 100% wys, sal jy RSG se uitsending hoor. |
| - |
As die klankstroom stadig of gebroke is, stel
die buffer in Windows Media
Player op 30 sekondes of meer. |
Help
Ek het n probleem om die klankstroom te speel.
Ek sien n pop-up venster en RSG se logo, maar
niks gebeur nie
| - |
Jou browser kan nie die embedded Media Player
oopmaak nie omdat dit nie ondersteun word nie of
omdat jou browser se veiligheidsinstellings nie
embedded controls toelaat nie As jy IE, Netscape
of n Mozilla browser gebruik, gaan die veiligheidsinstellings
na en maak seker dat dit embedded of ActiveX controls
toelaat. |
| - |
Daar is geen verbinding met die netwerk nie:
Jou verbinding met die internet is foutief of nie
stabiel nie - of die naaste netwerk afleweringspunt
is af of baie besig. Gaan jou verbinding na
wag n rukkie en probeer weer. As jy van n
kantoor of maatskappy af probeer inskakel, vra jou
network administrateurs of hulle klankstrome oor
die internet toelaat. |
| - |
Die klankstroom breek kort-kort op en/of stop
heeltemal:
Kongestie op die internet....of kongestie op jou
lyn? Die laaste geval is gewoonlik die probleem
probeer om weer in te skakel of probeer om
minder bandwydte te gebruik deur ander browsing-
of aflaaisessies toe te maak. |
| - |
Ek ondervind steeds n probleem....wat
nou?
Probeer die Windows Media Support Center Pages deur
. Of
en ons sal probeer om jou te help. |
Luister agter n maatskappy- of persoonlike
vuurmuur (firewall) of proxy:
Vuurmure en rekenaarbeveiligingsagteware kan soms jou
rekenaar verbied om klankstrome oor die internet te
ontvang. Jy sal dalk n addisionele poort in jou
vuurmuur moet oopmaak. Hierdie dokument verduidelik
hoe Windows Media op vuurmure reageer en gee voorstelle
hoe om jou vuurmuur op te stel om klankstrome te ontvang.
.
Het jy steeds n probleem? om ons te kontak
[Saamgestel deur Antfarm! © 2004]
.
|
|
|
|
Loslip
Vrydag, 3 September
14:00-14:45
Dis seker die lente in die lug, maar ‘n hele klompie luisteraars het laat weet hulle wil oor eerste liefde gesels. Onthou jy nog joune? Glimlag jy selfbewus daaroor? Hunker jy terug daarna, of kners jy op jou tande van selfverwyt?
|
|
Poen en Toekie
Vrydag, 3 September
18:15-18:20
Bennie en Sarie se ma beraam saam met Toekie en Sarie 'n plan, om vir Bennie en Poen te leer om nie hulle goed te laat rondlê nie en dit op te pas.
|
|
Rugby: Curriebeker
Vrydag, 3 September
19:10-21:00
Leeus teen WP in Johannesburg.
|
|
Oppiradio
Vrydag, 3 September
21:00-22:00
Regstreekse uitsending van die Gariepfees af in Kimberley met musiek deur Zinkplaat.
|
|
Rugby: Drienasies
Saterdag, 4 September
17:00-19:00
Suid-Afrika teen Australië in Bloemfontein.
|
|
Rugby: Curriebeker
Saterdag, 4 September
19:10-19:50
Eerste helfte: Blou Bulle teen Haaie op Loftus Versfeld in Pretoria.
|
|
Poen en Toekie
Saterdag, 4 September
19:50-19:55
Bennie sê uiteindlik vir sy ma hy't sy nuwe skoene verloor, maar dat hy 'n dure les geleer het, en van nou af sy goed soos goud sal oppas.
|
|
Rugby: Curriebeker
Saterdag, 4 September
20:05-21:00
Tweede helfte: Blou Bulle teen Haaie op Loftus Versfeld in Pretoria.
|
|
Sokker
Saterdag, 4 September
21:00-22:15
Suid-Afrika teen Niger by die Mbombelastadion in Nelspruit.
|
|
Die tale wat ons praat
Sondag, 5 September
11:00-11:30
Is Afrikaans regtig so ‘n duur taal om aan ons universiteite aan te bied? Waarom presteer Afrikaanse skole beter as ander skole?
|
|
Hoe verklaar jy dit?
Sondag, 5 September
11:30-12:00
Hoe werk ‘n voël se oë om byvoorbeeld sy prooi in vlug te kan vang, of onder water te kan sien?
|
|
Die legende leef voort
Sondag, 5 September
13:30-14:00
Met sy kenmerkende lang blonde hare, sy draadraam brilletjie en kitaar onder die arm, het John Denver in sy geliefde Rotsgebergte musiek gemaak wat uiteindelik oor die wêreld weerklink het in een treffer na die ander.
|
|
Leefwęreld van die Gestremde
Sondag, 5 September
14:15-14:30
Petra Burger van die Nasionale Raad vir Persone met Gestremdhede in SA vertel meer oor ‘n ondersteuningsgroep vir persone met, en ouers van kinders, met Spina Bifida.
|
|
Kruis en dwars
Sondag, 5 September
19:00-20:00
Selfmoord is nie iets waaraan baie mense dink nie. Dit is soms moeilik om enigsins te begryp wat ’n mens op so ’n punt kan bring dat jy besluit om jou eie lewe te neem.
|
|
Praat Saam
Maandag, 6 September
08:00-09:00
Wat is sensoriese intelligensie en hoe kan jou sintuie ‘n rol speel in prestasie in die werkplek?
|
| |
|