 |
| Klank Afgestof |
 |
|
| |
|
Luister na klank uit vergange se dae, wat deur die
SABC se Klankargief afgestof is.
Kontak die klankargief by (011) 714-4880 of jacobsb@sabc.co.za.

|
1918 Spaanse Griep - Die Groot Griep |
Die Spaanse griepepidemie van 1918 het gevolg kort op die hakke van die Eerste Wêreldoorlog. Die oorlog het waarskynlik daartoe bygedra dat die siekte vinniger versprei het. Meer as 50 miljoen mense het wêreldwyd gesterf - dit is vyf keer meer mense as wat in die oorlog dood is. |

|
| |
|
Aflaaibare
Klanke |
In hierdie klankgreep wat in 1978 opgeneem is, vertel Sybil Honikman van Swart Oktober 1918 toe die griep Kaapstad lam gelê het. Sy vertel hoe sy as jong dogter gehelp het om kos en medisyne by die siekes te kry.
[MP3, 1,064KB]
|
 |
|
Mimi Coertse |
Mimi Coertse is, en sal vir lank nog as Suid-Afrika se voorste operadiva beskou word. Buiten haar loopbaan as operasangeres het sy verskeie opnames van Afrikaanse liedere gemaak. |

|
| |
|
Aflaaibare
Klanke |
Mimi Coertze vertel van haar SA-debuut en waar sy nog gaan optree.Die onderhoud is op 14 November 1957 uitgesaai.
[MP3, 589KB]
|
 |
|
Miriam Makeba (4 Maart 1932 - 10 November 2008) |
Miriam Makeba was beroemd oor die hele wêreld. Sy het bekendgestaan as Mama Africa en die Empress of African Song. |

|
| |
|
Aflaaibare
Klanke |
Klanksnit uit die program SWART VROUESTEMME VAN SUID-AFRIKA - 'n reeks deur Fritz Klaaste, uitgesaai op 25 Januarie 2008.
[MP3, 550KB]
|
 |
|
Winston Churchill |
Winston Churchill is gebore 30 November 1874. Hy is op 24 Januarie 1965 oorlede in die ouderdom van 90 jaar. |

|
| |
|
Aflaaibare
Klanke |
Winston Churchill se bekende toespraak “We wil fight them..." op 4 Junie 1940.
[MP3, 305KB]
|
 |
|
Mike Schutte |
Die voormalige swaargewig bokskampioen, Mike Schutte is Maandag 14 Julie in die ouderdom van 57 jaar oorlede. Schutte is Saterdag in die Medi Clinic in Vanderbijlpark in die Vaaldriehoek opgeneem nadat hy siek geword het. Hy is oorlede voor dokters enige verdere toetse kon doen. Schutte het die Suid-Afrikaanse swaargewigtitel van Jimmy Richards in 1975 gewen, maar dit die volgende jaar weer teen Gerrie Coetzee verloor. |

|
| |
|
Aflaaibare
Klanke |
Leon Schuster in gesprek met die Suid-Afrikaanse swaargewigbokser en professionele stoeier, Mike Schutte, op 27 Junie 1981.
[MP3, 1,224KB]
|
 |
|
Afrikaanse Radio is 70 jaar oud |
RSG het op Saterdag 27 Oktober 2007 die 70ste bestaansjaar van Afrikaanse radio-uitsendings gevier met 'n galageleentheid in die Carlton Hotel in Johannesburg. Hierdie klankbeeld is tydens die dinee gespeel om gaste te laat hoor hoe radio die afgelope 70 jaar ontwikkel het. |

|
| |
|
Aflaaibare
Klanke |
70 JAAR KLANKBEELD.mp3
[MP3, 11,395KB]
|
 |
|
Jannie de Beer se rekord vyf skepskoppe in 1999 Rugby Wêreldbeker |
Niekie van den Berg beskryf DRIE van Jan Hendrik (Jannie) de Beer se wêreldrekord VYF skepskoppe en die laaste drie in die Springbokke se 44-21 oorwinning oor Engeland in die kwarteindronde van die 1999 Rugby Wêreldbeker op die Stade-de-France in Saint-Denis in Frankryk. |

|
| |
|
Aflaaibare
Klanke |
WB.1999.mp3
[MP3, 1,423KB]
|
 |
|
1995 Rugby Wêreldbeker |
In hierdie klankgreep kan die volgende gehoor word:
1. Kommentaar oor Pieter Hendriks se drie teen Australië op Nuweland in die openingswedstryd van die 1995 Rugby Wêreldbeker.
2. Joel Stransky se wen-skepskop teen Nieu-Seeland op Ellispark in die eindwedsryd.
3. Francois Pienaar se onderhoud met David van der Sandt op die veld na afloop van die eindwedstryd. |
 Nelson Mandela en Francois Pienaar
|
| |
|
Aflaaibare
Klanke |
WB1.mp3
[MP3, 1,021KB]
|
 |
|
Piet Malan |
'n Uittreksel uit 'n onderhoud van Johan Rademan met die oudste lewende Springbok rugbyspeler, Pieter 'Piet' Malan. Die 88-jarige oudkaptein van Transvaal en Springbokflank beskryf sy grootste rugby oomblik. Malan is die oupa van huidige Lions-kaptein, Ernst Joubert.
Die onderhoud is op 20/03/2007 gedoen. |

|
| |
|
Aflaaibare
Klanke |
PIETER MALAN.mp3
[MP3, 897KB]
|
 |
|
Gert Potgieter |
Die Springbokhekkiesatleet en goue medalje-wenner by die Statebondspele in 1958, Gert Potgieter, het vanjaar (2007) 70 jaar oud geword. Luister hieronder na twee wedlope waaraan hy in 1958 deelgeneem het... |
 Gert Potgieter
|
| |
|
Aflaaibare
Klanke |
Awie Labuschagne beskryf 'n 440 treë wedloop in 1958 op die Pilditchstadion in Pretoria. Die wedloop word gewen deur die Wanderers atleet, Gerald Evans, met Gert Potgieter in die tweede plek.
[MP3, 934KB] Kommentaar oor die wêreldrekord van die Springbokatleet, Gert Potgieter, in die 440 treë hekkies tydens die 1958 Statebondspele in Cardiff, Wallis.
[MP3, 799KB]
|
 |
|
Ontmoeting met Hitler |
Die 92-jarige mev. R. Marloth vertel hoe sy drie wereldreise onderneem het en in 1934 vir Adolf Hitler ontmoet het op besoek aan Duitsland. Danie van Eden het die opname in 1957 gemaak... |

|
| |
|
Aflaaibare
Klanke |
R.Marloth.mp3
[MP3, 548KB]
|
 |
|
Harold Macmillan in S.A. |
Morkel van Tonder beskryf die aankoms van die destydse Britse eerste minister, Harold Macmillan, by die D.F. Malan-Lughawe in Kaapstad op 1 Februarie 1960. Dit is tydens hierdie besoek wat Macmillan sy bekende "WINDE VAN VERANDERING" toespraak in die parlement gehou het. |

|
| |
|
Aflaaibare
Klanke |
macmillan.mp3
[MP3, 703KB]
|
 |
|
Staal Burger 2 |
Fanus Rautenbach sê: Die hele ding het beginne met Anna Neethling-Pohl. Sy was in 'n vergadering, in ‘n programkonferensie, in Commisionerstraat nog, en ek kom so, ek kom uit en sy kom in en sy sê: “Hey, jy moet vir my ‘n vervolgverhaal vir die jeug skryf.” Sy sê: “Maak dit so lekker held, ‘n held wat vir niks skrik nie.” En ek het destyds The Saint gelees, en ek sê vir haar: “Ja, so ‘n karakter”, en ek verduidelik vir haar wat ek wil hê. Ek sê: “Ons noem hom Ysterman”. Sy sê: “Nee nie Yster nie, ons noem hom Staal, en ‘n van, wat is die manlikste van wat jy aan kan dink?”, en ek sê: “Burger, Staal Burger".
Die program was van 1961 tot 1974 op die lug en is geskryf deur Fanus Rautenbach en Daan Retief.
'n Dubbel CD met ses stories word nou deur RP Sales uitgegee. Die CD's kos R110. Radio Pro kan gekontak word vir bestellings by, (011) 714-4709/4681 of by rpsales@sabc.co.za. |

|
| |
|
Aflaaibare
Klanke |
'n Greep uit "Roerende Rolprent"
[MP3, 663KB] 'n Greep uit "Skitterende Skoonheidskoningin"
[MP3, 624KB]
|
 |
|
Staal Burger 1 |
Fanus Rautenbach sê: Die hele ding het beginne met Anna Neethling-Pohl. Sy was in 'n vergadering, in ‘n programkonferensie, in Commisionerstraat nog, en ek kom so, ek kom uit en sy kom in en sy sê: “Hey, jy moet vir my ‘n vervolgverhaal vir die jeug skryf.” Sy sê: “Maak dit so lekker held, ‘n held wat vir niks skrik nie.” En ek het destyds The Saint gelees, en ek sê vir haar: “Ja, so ‘n karakter”, en ek verduidelik vir haar wat ek wil hê. Ek sê: “Ons noem hom Ysterman”. Sy sê: “Nee nie Yster nie, ons noem hom Staal, en ‘n van, wat is die manlikste van wat jy aan kan dink?”, en ek sê: “Burger, Staal Burger".
Die program was van 1961 tot 1974 op die lug en is geskryf deur Fanus Rautenbach en Daan Retief.
'n Dubbel CD met ses stories word nou deur RP Sales uitgegee. Die CD's kos R110. Radio Pro kan gekontak word vir bestellings by, (011) 714-4709/4681 of by rpsales@sabc.co.za. |

|
| |
|
Aflaaibare
Klanke |
'n Greep uit "Jillende Jagter"
[MP3, 579KB] 'n Greep uit "Op Televisie"
[MP3, 660KB]
|
 |
|
E.G. JANSEN |
'n Greep uit die Nuwejaarsboodskap van die destydse goewerneur-generaal, sy eksellensie dr. E.G. Jansen. Die boodskap is op 1 Januarie 1956 uitgesaai... |

|
| |
|
Aflaaibare
Klanke |
000332d0.mp3
[MP3, 700KB]
|
 |
|
Oukraalliedjie |
Mannas De Villiers het die Oukraalliedjie in 1940 gekomponeer op Oukraal in die Paarl. Die liedjie is in 1942 die eerste keer deur die W.P. Jukskei spelers gesing. Groep Twee het dit in 1966 opgeneem en daarvan 'n treffer gemaak. |
 Groep Twee
|
| |
|
Aflaaibare
Klanke |
Oukraalliedjie. Groep Twee.mp3
[MP3, 360KB]
|
 |
|
Springbok Radio |
Springbok Radio het op 1 Mei 1971 sy 21e verjaardag gevier. Spesiale klingels is vir groot dag gemaak en so klink die Afrikaanse klingel... |

|
| |
|
Aflaaibare
Klanke |
Springbok Radio 21.mp3
[MP3, 130KB]
|
 |
|
Hymne Weiss |
Die skrywer, Hymne Weiss, is op 2 Oktober 1910 op Goedenmoed in die Vrystaat gebore. Sy het in Roodepoort, Piet Retief en Graaf-Reinet skool gegaan en studeer daarna op Stellenbosch.
Hymne skryf en publiseer verskeie kortverhale soos Verwaaide Bloeisels (1945), Boumeester (1953) en Die Geel Kruik (1958).
Die romans wat sy geskryf het, sluit in Saaier Saai en Vergeet wat agter is in 1949, en Wie is my naaste? in 1950.
Sy sterf op 6 Oktober 2001 kort ná haar 91e verjaardag in Pretoria.
|

|
| |
|
Aflaaibare
Klanke |
Hymne Weiss lees voor uit haar kortverhaal Die Geel Kruik...
[MP3, 470KB]
|
 |
|
Butch Lochner |
Johan de Bruin beskryf die agsteman, Butch Lochner, se drie vir die Springbokke teen Frankryk in die 1e toets op 26 Julie 1958 op Nuweland, Kaapstad. Die eindtelling was drie elk. |

|
| |
|
Aflaaibare
Klanke |
SA Frankryk 58.mp3
[MP3, 652KB]
|
 |
|
|
|
|
Loslip
Vrydag, 3 September
14:00-14:45
Dis seker die lente in die lug, maar ‘n hele klompie luisteraars het laat weet hulle wil oor eerste liefde gesels. Onthou jy nog joune? Glimlag jy selfbewus daaroor? Hunker jy terug daarna, of kners jy op jou tande van selfverwyt?
|
|
Poen en Toekie
Vrydag, 3 September
18:15-18:20
Bennie en Sarie se ma beraam saam met Toekie en Sarie 'n plan, om vir Bennie en Poen te leer om nie hulle goed te laat rondlê nie en dit op te pas.
|
|
Rugby: Curriebeker
Vrydag, 3 September
19:10-21:00
Leeus teen WP in Johannesburg.
|
|
Oppiradio
Vrydag, 3 September
21:00-22:00
Regstreekse uitsending van die Gariepfees af in Kimberley met musiek deur Zinkplaat.
|
|
Rugby: Drienasies
Saterdag, 4 September
17:00-19:00
Suid-Afrika teen Australië in Bloemfontein.
|
|
Rugby: Curriebeker
Saterdag, 4 September
19:10-19:50
Eerste helfte: Blou Bulle teen Haaie op Loftus Versfeld in Pretoria.
|
|
Poen en Toekie
Saterdag, 4 September
19:50-19:55
Bennie sê uiteindlik vir sy ma hy't sy nuwe skoene verloor, maar dat hy 'n dure les geleer het, en van nou af sy goed soos goud sal oppas.
|
|
Rugby: Curriebeker
Saterdag, 4 September
20:05-21:00
Tweede helfte: Blou Bulle teen Haaie op Loftus Versfeld in Pretoria.
|
|
Sokker
Saterdag, 4 September
21:00-22:15
Suid-Afrika teen Niger by die Mbombelastadion in Nelspruit.
|
|
Die tale wat ons praat
Sondag, 5 September
11:00-11:30
Is Afrikaans regtig so ‘n duur taal om aan ons universiteite aan te bied? Waarom presteer Afrikaanse skole beter as ander skole?
|
|
Hoe verklaar jy dit?
Sondag, 5 September
11:30-12:00
Hoe werk ‘n voël se oë om byvoorbeeld sy prooi in vlug te kan vang, of onder water te kan sien?
|
|
Die legende leef voort
Sondag, 5 September
13:30-14:00
Met sy kenmerkende lang blonde hare, sy draadraam brilletjie en kitaar onder die arm, het John Denver in sy geliefde Rotsgebergte musiek gemaak wat uiteindelik oor die wêreld weerklink het in een treffer na die ander.
|
|
Leefwêreld van die Gestremde
Sondag, 5 September
14:15-14:30
Petra Burger van die Nasionale Raad vir Persone met Gestremdhede in SA vertel meer oor ‘n ondersteuningsgroep vir persone met, en ouers van kinders, met Spina Bifida.
|
|
Kruis en dwars
Sondag, 5 September
19:00-20:00
Selfmoord is nie iets waaraan baie mense dink nie. Dit is soms moeilik om enigsins te begryp wat ’n mens op so ’n punt kan bring dat jy besluit om jou eie lewe te neem.
|
|
Praat Saam
Maandag, 6 September
08:00-09:00
Wat is sensoriese intelligensie en hoe kan jou sintuie ‘n rol speel in prestasie in die werkplek?
|
| |
|