Datum:
18 Mei 2017

VGK Strand ontvang titelakte vir 108 jaar oue kerkgebou

Michael Farmer, die voormalige voorsitter van die Fonds- en Eiendomskommissie van die VGK Strand-gemeente, gesels oor die stryd om die gemeente se 108 jaar oue kerkgebou in die middedorp terug te kry. Die gebou is in die jare 60 weens die Groepsgebiedewet van die gemeente vervreem. Op 12 Desember 2016 het die Wes-Kaap se groendeisekommissaris die titelakte aan die gemeente oorhandig.