Gebedspatrone.
Datum:
25 Maart 2016

Gebedspatrone.

Teken, bid en mediteer gaan saam. Saam met die ink vloei daar gedagtes oor lewe, seer en vreugdes na die oppervlak. Jy kan jouself verloor in die detail, die blaartjies, die sirkeltjies en die blokkies. Inkleur laat jou fokus, ontsnap, nadink, loskom, nuut sien, skep. Mag hierdie kleurgebede vir jou ʼn wonderlike tyd van oordenking, nadink en insigte wees. Geniet die wonderwêreld vol reënboë terwyl jy fokus, hoor en bid in volkleur.