Nou op die lug

driesestig

12:00-13:00

Interaktief

THE BREAKFAST CLUB (ROLPRENT / NETFLIX)

THE BREAKFAST CLUB (ROLPRENT / NETFLIX)
THE BREAKFAST CLUB (ROLPRENT / NETFLIX)
Datum uitgereik: Vrydag 10 Julie 2020
Regisseur: John Hughes

Gradering: 9

THE BREAKFAST CLUB is ‘n nostalgiese komedie oor grootword, verlies, selfontdekking en oorbluftheid uit die jare 80. Baie mense onthou nog hierdie klassieke John Hughes-komedie oor vyf hoërskoolleerders, waaronder Molly Ringwald,  wat op ‘n Saterdag vir detensie inkom. Wat tussen hulle gebeur, die argumente, vlieënde filosofieë en rusies, gemeng met lewenslesse, is bepalend vir die res van hulle lewe, want elkeen word, binne die bestek van een oggend, groot.

Hulle word ook gekonfronteer met ‘n nuwe volwasse werklikheid wat in hulle geïdealiseerde lewens insluip, en so word die bang, weerlose kind, wat steeds in elkeen skuil, ontbloot en maak hulle onbewustelik gereed vir die grootmens wat wag. Jy sal lag, jy sal huil, jy sal nostalgies raak, en jy sal saam rock. THE BREAKFAST CLUB is nie alleen een van die beste jeugflieks ooit nie, maar ook een van die beste films van alle tye. Kyk ten alle koste daarna.

THE BREAKFAST CLUB (ROLPRENT / NETFLIX)
THE BREAKFAST CLUB (ROLPRENT / NETFLIX)
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 8)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?