Nou op die lug

Tjil

23:10-23:55

Interaktief

CONDOR (TV-REEKS / SHOWMAX)

CONDOR (TV-REEKS / SHOWMAX)
SLNV
CONDOR (TV-REEKS / SHOWMAX)
Datum uitgereik: Vrydag 26 Junie 2020

Gradering: 8

As jy na aksie met breinselle soek, kyk CONDOR. Dit is gegrond op die Robert Redford-fliek Three Days of the Condor, en gaan oor ‘n CIA-agent wat op ‘n goeie dag uit sy kantoor stap, maar wanneer hy terugkom, is al sy kollegas vermoor. Hy moes ook gesterf het. Skielik word sy lewe bedreig, en die reeks gaan oor hoe hy vlug. Dalk jag sy eie regering hom? Hy kan niemand vertrou nie.

Dis ‘n vinnige, goed-geoliede reeks, dus is elke episode meer aksiebelaai as die vorige. En Max Irons wys in sy spel dat hy die CIA nog nooit ten volle vertrou het nie. Watter kennis het hy waarvan hy onbewus is? Alhoewel die drama groter as die lewe self is, boei en vermaak dit. Dit groei op jou. Jy koes saam met die held wat telkens net-net ontsnap en dit grendel jou aan jou rusbank vas. Nie gedink jy sal van grendel hou nie? Wel, met CONDOR sal jy!

CONDOR (TV-REEKS / SHOWMAX)
CONDOR (TV-REEKS / SHOWMAX)
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 7)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?