Nou op die lug

Spitstyd

15:00-18:00

Interaktief

THE VALHALLA MURDERS (TV-REEKS / NETFLIX)

THE VALHALLA MURDERS (TV-REEKS / NETFLIX)
THE VALHALLA MURDERS (TV-REEKS / NETFLIX)
Datum uitgereik: Vrydag 3 April 2020

Gradering: 9

THE VALHALLA MURDERS lyk dalk na net nóg ‘n grillerreeks waarin reeksmoorde gepleeg word. Die Amerikaners het hierdie genre met verveling en voorspelbaarheid verbrysel. Maar by nadere kennismaking besef jy reeds vroeg hierdie een is uitsonderlik oorspronklik en atmosferies. En asseblief, moenie dat onderskrifte jou afsit nie. Ons is mos nou al mooi groot en slim genoeg om na ‘n reeks in sy oorspronklike vorm te kyk en die subtitels te lees. Mense doen dit dan elke dag in sepies!

Vergelyk dit nou met Suid-Afrika. Ysland word nie net getref deur een van sy eerste moorde ooit nie, maar sy heel eerste reeksmoordenaar in sy geskiedenis. Die Yslandse speurders is nie opgewasse daarvoor nie, daarom word ‘n profileerder of profiler van Oslo af gestuur om hierdie ij hierdie verlate yslandskap te gaan help.

Hy help dan met ‘n reeksmoord wat die hele land en Reykjavik onderstebo klits. Wie is dit? En hoekom het die persoon sulke gruwelmoorde gepleeg waarin oë uitgesteek word? THE VALHALLA MURDERS is pakkend, onderhoudend , verrassend en sal jou inperkingstyd binne ‘n oogwink laat verbygaan. Raai en ondersoek saam.

THE VALHALLA MURDERS (TV-REEKS / NETFLIX)
THE VALHALLA MURDERS (TV-REEKS / NETFLIX)
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 5)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?